Jump to content

Wilduvo

+Premium Members
  • Posts

    1
  • Joined

  • Last visited

Everything posted by Wilduvo

  1. Wanneer ek by 'n plek kom en dis met kettings en slotte gesluit dan vermeld ek dit so in my "logging". Nota word geskryf. Dit beteken nie ek beskou dit as 'n DNF nie want ek was nog nie by die GZ punt nie en kon nog nie daarvoor soek nie. By twee cache die afgelope maand gekom waar daar by beide heinings gespan is. Nuwe heinings opgerig is. Dit is nie die cache eienaar se skuld dat die heinings opgerig is nie. By een was 'n "Private Property" ook opgerig. So dis duidelik dat ons nie die draad gaan spring en dalk in die moeilikheid kom nie. Wil nie Geocaching 'n slegte naam gee nie. By my word 'n DNF geregistreer wanneer ek verseker is dat daar geen cache is nie. Ek by die GZ punt was en kan sien dat die houer weg is. Opening in grond met rotse wat gestrooi is weg van punt. Die blote feit dat ek nie die cache kan kry nie beteken nie ek moet hom 'n DNF status gee nie. Wees nederig en erken ruiterlik dat hy bo jou vuurmaakplek was en dat jy weer sal probeer. As jy onseker is vra dan die eienaar om na te gaan of een van die ou hande (manne/vrouens met ervaring) die plek sal besoek en seker te maak. Ons kan nie alyd alles die eerste keer elke keer kry nie.
×
×
  • Create New...