Jump to content

Tusk O'2

Members
  • Posts

    118
  • Joined

  • Last visited

Everything posted by Tusk O'2

  1. Hierdie is 'n 1ste voorstel vir die verhaal van die Tonteldoos reeks. Dankie cincol. Wysigings, weglatings en byvoegings kan hier voorgestel word. Opinies is BROODNODIG! ***************************************************************************************** Lank, lank gelede, in die wonderlikste deel van die aarde, waar mense geglo het die Wieg van die Mens is, was twee klein lande vredeliewende bure van mekaar. Al die mense wie daar gewoon het was vriendelik en vrolik van geaardheid. Hierdie twee landjies was in die middel van die Land van Melk en Heuning. Tussen die twee lande was ‘n baie groot rivier en die water het vir so lank die mense kon onthou in ‘n sterk stroom tussen die twee lande deurgespoel. Die water het so vinnig geloop dat dit ‘n vaal kleur gehad het en toe noem die burgers van die lande dit die Vaalrivier. Die eerste land se naam was die Oranje Vrystaat. Oranje omdat dit die mense van die land laat onthou het waar hulle vandaan kom en Vrystaat om dat al die mense in daardie land geglo het dat hulle vry was om gelukkig en in harmonie met mekaar te lewe. Die tweede land was net langs die Oranje Vrystaat, maar aan die ander kant van die grote Vaalrivier. Hierdie land was genoem Transvaal, wat beteken het “Anderkant die Vaalrivier”. Op ‘n dag stap een van die burgers van Transvaal deur die pragtige veld van sy land en terwyl hy so loop kom hy af op ‘n stukkie goud. Hy vertel sy vriende daarvan en nie te lank nie of ‘n hele klomp mense begin met grawe en skotteltjies in die veld rondloop en soek na nog goud. So gebeur dit toe dat daar in die land Transvaal goud gevind word wat meer was as enige goud op die aarde (so het die mense gedink). Die storie van die baie goud het sommer vinnig by ‘n ou gruwelike Koningin van ‘n ander land vêr oor die see uitgekom en nie te lank nie of sy stuur van haar mense om te gaan uitvind oor die baie goud. Hulle het vinnig laat weet dat die stories waar was en toe besluit die gulsige Koningin dat sy die goud vir haarself wou hê. So gebeur dit toe dat die Koningin ‘n verskriklike oorlog teen die inwoners van die landjies Transvaal en Oranje Vrystaat begin het om die goud by hulle te vat. Sy het niks ontsien nie. Die arme vrouens is vermoor en die kindertjies van hongerte en siekte laat doodgaan. Vir drie jaar het die Koningin oorlog teen die paar mense gemaak en eindelik kon die mense van die twee landjies niks meer doen om te keer dat almal uitgemoor sou word nie. ‘n Vrede is met die Koningin gesluit en daar is vir haar gesê dat sy dan maar die goud kon vat. Wat die Koningin nie geweet het nie, is dat die president van Transvaal, 'n ou omie met die naam Paul Kruger, ‘n verskriklike klomp goud gaan wegsteek het vir die vrede. Meer goud as wat die Koningin ooit bymekaar sou kon maak. Oom Paul het vir niemand vertel waar hy die Skat van Goud weggesteek het nie. In die Vrystaat het 'n baie dapper Generaal, Christiaan de Wet, by die Slag van Roodewal al die Koniging se goue ponde afgevat ek ook gaan begrawe. Die Skat van Ponde is tot vandag toe nie gevind nie. Die Koningin het daarvan gehoor en van daardie dag af maak sy weer oorlog teen die mense van die Vrystaat en Transvaal. Die Koningin het ook ander vreeslike wrede mense bymekaargemaak om oorlog teen die Transvalers en Vrystaters te maak en tot vandag toe nog gee sy geld vir die Barbare om die burgers van Transvaal en Vrystaat aan te val en dood te maak. En die Skat van Goud is nog steeds nie gevind nie. **************************************************************************************** Regdeur die Land van Melk en Heuning is daar tonteldose begrawe. In elke Tonteldoos is daar ‘n leidraad wat sal lei na die Skat van Goud. In die een wie die skat vind se hande sal die goud lê, om aan die Gruwelike Koningin te gee om sodoende die Towerkrag te breek en en haar dors na goud te les sodat die Oorlog teen Transvaal en Vrystaat vir ewig gestaak word. Op die paaie na die verskillende Tonteldose is baie gevaar! Van die Barbare wil NOOIT toelaat dat die Skat van Goud gevind word en vrede na die twee lande terugkeer nie. Skatjagters moet baie versigtig wees en ook dapper. Hulle moet baie slim ook wees om nie oorval te word en ook nie toelaat dat die Barbare uitvind waar die Tonteldose versteek is nie. In elke Tonteldoos is genoeg leidrade vir ‘n 100 Skatjagters en ook kein stukkies Motivering. Skatjagters mag net ‘n stukkie Motivering uit ‘n Tonteldoos verwyder as daar weer een teruggeplaas word.
  2. ...uit 'n lekker koel en bewolkte Vrystaat ... cincol, puik idee! Nou nie 'n watwonderse skrywer nie maar ek gaan probeer. Sal 'n nuwe onderwerp begin met "Tonteldoos" en 'n storie daar plak. Julle kan dit belees en tog asseblief 'n opinie gee! Wat die finale skat betref - sommer 'n bakgat plan - sal dit te veel gevra wees om 'n regte egte Krugerpond (al is dit 'n kwartpond) te probeer kry?. 'n Ideale plek vir so skat sal natuurlik die Krugerwildtuin wees ... wonder wie bly daar naby? Hierdie hele Tonteldoos ding begin vir my klink na werk!!
  3. Wazat, jy gaan 'n groot doos nodig kry vir die een! (En dan sal daar verseker ook nie plek wees vir die tontel nie) Tonteldoos I - PE Tonteldoos II - Oosrand Tonteldoos III - Rustenburg Tonteldoos IV - Linden Tonteldoos V - Grahamstad Tonteldoos VI - Durban Tonteldoos VII - Pretoria Tonteldoos VIII - Rust de Winter Tonteldoos IX - (Ons wag om te hoor Wazat) RedGlobe, kom ons glo jy gaan dink dit lyk goed ... Die voorbeelde van artikels binne die doos? Met die wegspring was die gedagte dat daar net een artikel in die doos gaan wees en die FTF kry wat daar is. http://forums.Groundspeak.com/GC/index.php...t&p=3371211 Die plan het verander met 'n nuwe voorstel: http://forums.Groundspeak.com/GC/index.php...t&p=3376676 As die tema Boere/Afrikaner (geskiedenis) is en die kerntydperk is 1899 - 1902 dan kan Wazat 'n Union Jack vlaggie is sy doos sit. Ek sal 'n klein Vrystaatvlaggie insit en die blikpense kan 'n Vierkleur insit. 'n Krugerpond of twee sal natuurlik goed werk (dis mos waaroor die oorlog gegaan het) en ek gaan ook klein fototjies van die Generaals van die ABO insit (soos daai sokkerkaarte wat die ouens in Britanje bymekaarmaak). Medisynebotteltjies uit die ABO konsentrasiekampe is baie skaars maar dit sal 'n groot skat wees. Ek het so stukkie doringdraad van die Vredefortwegkamp se omgewing en ook heelwat stukkies blik en glas uit daardie tyd. Iewers hier is nog 'n gespe en 'n lepel en 'n bomskerf of twee ook. Die skatjagters gaan dit die moeilikste vind om iets te kry om in die doos te plaas. Daarom dat ek dink dit sal maklik wees om "inligting" in die doos te plaas. Iets oor daardie tyd wat op 'n velletjie papier geprint of geskryf is en dan in die doos geplaas word. Ek hoor graag of die ander Tonteldose saamstem met die gedagte en sommer nog 'n paar idees wil bylas.
  4. Vreemde name, vreemde "gesigte" ... Baie dankie erik, baie geluk en sterkte Fish Eagle!
  5. Tonteldoos I - PE Tonteldoos II - Oosrand Tonteldoos III - Rustenburg Tonteldoos IV - Linden Tonteldoos V - Grahamstad Tonteldoos VI - Durban Tonteldoos VII - Pretoria Dankie Leon! Die TT reeks word nou groot. Ek het regtig vergeet om te vra: "Fish Eagle (Andy), sal jy groot asseblief jou opinie gee. Loop Tonteldoos die regte pad? Is daar dinge wat bygevoeg of weggeneem moet word?" Leon, dit is natuurlik baie beter om die skatte in Engels te plaas - soveel meer jagters wat dit kan verstaan. Almal hier verstaan Engels goed maar nie almal verstaan Afrikaans nie. Goeie punt Leon. Ons kan gemaklik die tema dieselfde hou maar die beskrywing so maak dat ALMAL verstaan? Laat weet as RedGlobe inval. Groetnis Sakkie
  6. Tusk O'2

    I spy

    Heya Tomdubbelhek aka Tomtwogates.
  7. Ja, we heard Ysbeer. I'd hope for a couple of hands there pleaze! Would really like to join an "event" but a bit early to be sure we will make it on the 12th. Does half-a-hand count for anything?
  8. Hallo Ivoor-mense. Ek het 'n gedenksteen ontdek hier in Durban-suid waar die Jacobs konsentrasie kamp was tydens die Anglo-Boer oorlog. Het al lankal gedink om daar 'n skat weg te steek, maar net nog nie daarby uitgekom nie. Ek sal graag wil bydra tot die Tonteldoos skatte hier vanuit "Annemansetoti". Groente vani C... Ysbeer Hehe. Wiesetoti? Dit is bakgat Ysbeer - nie eers geweet van daardie KK nie! Tonteldoos I - PE Tonteldoos II - Oosrand Tonteldoos III - Rustenburg Tonteldoos IV - Linden Tonteldoos V - Grahamstad Tonteldoos VI - Durban Die gedagte was eers om net een item as skat te los maar nou dink ek weer (dit gebeur so nou en dan dat ek dink ook), miskien moet die skat iets soos 'n "dedicated" skat wees. Die Skatjagter wie daarheen gaan moet iets oor die Boere saamneem om te plaas in ruil ... As dit byval vind by julle almal kan ons mos maklik in elke skat so paar foto's (poskaart) van bv die Genl's insit en dalk sulke poskaartgroote stukkies geskrewe geskiedenis? Selfs 'n A4 wat opgevou is sal werk. Die inligting is op Inet beskikbaar so as iemand spesifiek na 'n Tonteldoos gaan soek kan hy/sy net sowel voorbereid gaan. Lawwe idee? In my TD gaan verseker so ietsie ekstra wees maar wees verseker, ek beplan 'n skat wat nie sonder harde gesoek gekry sal word nie! Laat die Slag van Roodewal 'n leidraad wees Ek het 'n mooi klompie foto's (jpg) wat ek kan e-pos as julle dink dit is 'n plan. Tog moet die FTF so ietsie ekstra kan kry of hoe? Julle maak my vreeslik opgewonde! ns, die Slag van Roodewal se miljoene ponde is nooit gevind nie! So, daar is iewers 'n REGTE EGTE skat begrawe - jammer ou CR de Wet het nie 'n gps gehad nie
  9. Dankie ravenmeistre! Tonteldoos I - PE Tonteldoos II - Oosrand Tonteldoos III - Rustenburg Tonteldoos IV - Linden Tonteldoos V - Grahamstad cincol en Strider, dankie vir die e-pos. Die gedagte dat die Tonteldoosskat se tema iets "Boers" sal wees. Dit maak regtig nie saak wat die skat is nie solank dit net die tema verteenwoordig. As die skat by 'n ou slagveld of plek van Boeregeskiedenis kan wees sal dit 'n BONUS wees. Onthou net, die skat kan solank weggesteek word maar ons almal wag 'n Tonteldoos wegpak gaan saam-saam op die 1ste Mei 2008 die skat pos op Geocache. So "begrawe" die skat, maar hou eers die inligting terug. Pos net hier as die Tonteldoos veilig geplaas is. Nog idees en voorstelle sal baie welkom wees - ons bou almal saam. Groetnis Olifanttand x 2 (Olietande ...hehe)
  10. Tonteldoos I - PE Tonteldoos II - Oosrand Tonteldoos III - Rustenburg Tonteldoos IV - Linden
  11. It's a no-go Wazat. "Drakensberg camp closed Tensions in the Cathedral Peak area appear to have heightened over the weekend, with police reporting that at least 20 houses were burnt down and two people injured in a gunfight between two communities there." http://www.news24.com/News24/South_Africa/...2289939,00.html
  12. Hierdie klink sommer BAKGAT! Dankie Anton. Carbon, dit gaan net Tonteldose wees, nie rugby velde nie Sovêr is daar twee Tonteldose. Tondeldoos I - PE, Tonteldoos II - Oosrand. Die laaste Tontedoos sal ek iewers in die Vrystaat wegpak. Nou moet daar net nog 'n paar bykom. Die plan lyk so: Elke Tondeldoos sal net EEN item hou. Dit sal iets wees wat met "Boere" assosieer. Nie die boere op plase nie, maar die Boere van De Wet en De la Rey se dinge. As almal wat Tonteldose wegpak mooi saamwerk kan ons dan al die skatte op een dag "launch". M.a.w., elkeen wat 'n Tonteldoos bêre hou al die inligting terug en dan launch ons almal gelyk op 1 Mei 2008. So hoe klink dit? Nog in lyn vir Tonteldose?
  13. Thought about going up that way the weekend of 21/03, but read on news24 that there is a bit of Zulu problems in the Cathedral area? Will let you know if it's a go Wazat.
  14. I can read & understand. Maar ek sukkel so bietjie om dit te skruif !! Whostops, dit is verseker dat jy die een is wie komplimente moet kry hier! Dit is PUIK om sulke mooi goeters te lees. Baie dankie! Ek maak 'n aantekening om sodra ek in die Natalrigtig beweeg 'n skat te begrawe met die naam "Aanhouerwen" - ter ere aan Whostops .... so kyk uit. Geen vonkpos Metro. ek weet nie of ek 'n adres hier mag plaas nie maar probeer: wizard@silvershoes.co.za Sal nie kwaad wees as een van die admins dit verwyder nie! cache-fan, you hang in there, I hear that IE 8 will be fitted with a fabulous translating tool. You gonna need that to get yer fingers on some goodies-to-come. As far as what have been said in this draad (thread) is concerned, you should take note that "Tonteldoos" could be translated into beiing the wellknown "bic lighter". Tot wederom Boere!
  15. Hey Metro!! Julle vat nog steeds van daai lekkerste beskuitjies saam op die skattejag? Wazat, wat is 'n boer sonder sy mielie? Miskien kan amma-Soek-Soek vir ons 'n "Tonteldoos I" daar in PE wegpak, dan maak ons 'n hele reeks "Tonteldose". Goeie plan amma. Die Tonteldoos reeks. Hoe sal dit werk as daar net een skat is wat gevind kan word? Die eerste een wat die skat kry vat dit en dan is dit verby?
  16. I set out a couple of roadside caches and got great response. Weird thing is, it stopped. No more "founds"? One of the caches is close to where my house is and I did really enjoy having a vissit on top of the "find" - so cool!
  17. So jaar of wat terug maak ek sommer 'n mooi lys om te gaan "vind" daar doer anderkant Bronkies. So wragtag, kryp 'n platneus my BLI deur die venster en hol weg! Mog die ou AL sy mater na my "home" toe bring ... ek wag vir die swerkater! En nie met koekkies en tee nie! Ek wonder hoe lank die aap sy tjomme probeer bel het van sy pasgesteelde super-dooper-ultra-mod selfoon af. Dom irk.
  18. Ja ek verstaan dat die hele skatsoek gedagte eintlik Merikaas is en al daardie mooi dinge. Ek verstaan ook dat die minste ouens Afrikaans kan lees en verstaan. My eie drie of vier kleinste skatjies is ook in Ingels geplaas en almal wat al besoek het los Ingelse boodskappies en dit is cool MAAR ... Om so hier en daar 'n Boeretaal skat te begrawe sal mos nie te erg op die hele skattejagding inbreuk maak nie? Ek is hoeka lus is bêre 'n REGTE EGTE skat. Iets wat jou wrintie die moeite werd is om te kry. Soos miskien 'n patroondoppie uit die ABO of 'n kasteroliebottel uit dieselfde tyd. Het so paar sulke antiekies waarmee ek sal afstand doen as dit gaan na iemand wat waarde daaraan sal heg. So hoeveel boersprekendes het 'n BLI? (Benaderde Liggings Instrument) Groetnis 2xOlifanttand.
×
×
  • Create New...