Jump to content

Tusk O'2

Members
  • Posts

    118
  • Joined

  • Last visited

Everything posted by Tusk O'2

  1. Stuur asb. vir my die vereistes vir 'n TD plasing t.o.v.: 1.) Inhoud 2.) Moeilikheidsgraad (terrein & Plasing) 3.) Tipe (Mikro en/of gewoon en/of grote) 4.) Spesifieke formaat t.o.v. benaming 5.) Afsny datums / keertye 6.) Enige ander inligting wat ek behoort te weet of kriteria waaraan 'n TD moet voldoen 7.) Spesifieke logo's / simbole en/of grafika wat gebruik moet word op die houer, en/of inligting stukke ... 8.) ens. ... 1. Net wat jy wil, liefs handgemaakte goetertjies of stukkies glasskerwe, ou botteltjies, stukkies geroesde blik,ou knope...ag enigeiets wat die lyding van veral die kinders en die vroue van die ABO kan weerspieel. 2. Maak dit maklik vir iemand met 'n gps. 3.Net soos jou hart begeer - ons wil die Soekers by die Tema betrek. 4. Jy moet op die forum vir jou 'n nommer kry bv TD XI. Dit is dit. So sal jou skat ook Registreer word met jou as eienaaar. Dit bly jou verantwoordelikheid. 5. Die afsnydatums is nog onder bespreking by die Forum, maak voorstelle as jy wil. 6. Die kriteria is op die Forum. 7. Geen riglyn of vereiste, gebruik eie oordeel. 8. Lees die Forum :-))
  2. O ja! Voornemende TD eienaars MOET seker maak dat die skat binne die riglyne van www.geocache.com gehoorsaam en natuurlik hierdie fantastiese fasiliteit erken. PdH
  3. Ginger, dit klink my jy stel voor dat die TD's so geplaas word dat dit 'n vinnige vind-tempo reflekteer. 'n "KPS" (Kyk-die-Plek-vind -die-Skat) ding? SO, maklik om te kry op 'n plek wat minder as 'n dag sal neem om te soek? Jong, ek weet nie so mooi nie. By my TD sal die leidrade maklik gevind kan word. So maklik dat ek dit met 'n ketting in die grond gaan vasslaan! Wat wel tyd gaan neem is om (ek beplan 5 verskillende punte) al die leidrade op te spoor. Net 'n "dedicated" skatjagter sal dit wil doen, nie 'n "pirate" wat net dieSkat van Goud wil vind nie. Aan die andr kant, as ons wil dat die Skat van Goud volgende jaar by Tonteldoos Brannewynfees gevind MOET word (ek sal dit so verkies), dan moet een ou verseker in 'n jaar se tyd AL die TD's te kan vind. Dis jammer oor iemand soos cincol wat min tyd het ..... Nog 'n alternatief is om die tso maklik te maak dat die een wat 10 dae vakansie het dit op een slag kan doen. Wat dink julle ouens? Onthou, ek is NUUT hier, die manne wat ken moet nou begin praat!!! Ons bou 'n gewilde reeks genaamd Tonteldoos, Die Tema is Boere (Anglo Boereoorlog) en verwante besienswaardigdhede. Dit kan insluit enige-iets/alles wat met die ABO verwant is, ook Swart Konsentrasiekampe soos by Meyerton en Britse grafte soos by Slag van Roodewal. Emily Hobhouse sal 'n groot aantrekking wees. Ook Genl C.R. de Wet en die befaamde Leeu van wes-Transvaal, Genl de la Rey. Die Skat van Goud sal waarskynlik met oom Paul Kruger te doen he. Kies iets wat naby jou gebeur het om as tema vir jou TD te dien. As dit in jou persoonlike opinie relevant mag wees om 'n TD langs FW de Klerk se huis te plaas mag jy dit ook doen - beskryf net die relefansie in jou Tondeldoos Registrasie. Dit is my opinie dat daar Tonteldose ook by ST Helena en ander plekke van Ballingskap moet wees, omdat dit absoluut relefant is. Deel van die Boeregeskiedenis. Dit daar gelaat, ek het reds 'n Internasionale TD voorgestel maar aanvaar dat dit "te" groot is. Dankie vir al die e-posse. Ek antwoord eerder hier sodat dit ander se vrae ook beantwoord. So wat dink julle? 'n LV of TT :"Loop-en-Val" of 'n "Trap-en Tref"? 'n LS of GV: "LankSoek" of 'n "GouVind".
  4. I'm removing three WP's from the route to TD IX. It should make the find about 15 minutes quicker.
  5. Hey Kapou (Kaapse Ou/Cape Guy), moersedankie vir daai skakel! Nognie gaan kyk nie maar ek is seker dit sal help. Nogmaals dankie. Hoe ver is die Taalmonument van jou af? Dis mos die Fondasie van die Boeretaal se monument daardie? Ek hoor dit is die enigste monument ter wereld wat vir 'n Taal opgerig is?? cincol, of course democracy man. But if the "votes" don't come, the "voorbokke" must show the way. Kan ons tot ons 'n teenvoorstel kry by Wzat s'n hou? Ek gee sommer een: Sodra 'n TD-eienaar gereed is om die TD weg te sit, moet hy met my skakel vir die Leidraad wat binne die TD moet wees, die leidraad na die Groot Skat. Dan kan die TD geregistreer word, goedgekeur word en siedaar, die eerste TD is op as cincol in sy wonderlike SA land. Die afsnydatum vir die toeken van TD's is op Woensdag 30 April en die afsnydatum van Registrasie is op 31 Mei. Ons sal dan nie almal gelyk opsit nie, so ek hoor graag nog voorstelle. cincol, gaan jy 'n skat op die skip wegpak? hehe
  6. Welkom Bouts. Dankie vir die TD! Stuur jou adres aan ... cincol, wat dink jy van die tyd-idee? En jy het nognie laat hoor oor Wazat se 31 Mei voorstel nie.
  7. cincol, soos ek dit geplaas het is die voorlopige plan. Ek wil darem nie dat dit voornemende skatjagters afskrik nie! Tussen die eerste leidraad en die TD IX is daar seker 40km se ry en met die soek saam kan dit 'n dag-ekspedisie wees. Nie vir iemand wat die skat in 'n "verbyry" wil kry nie. Dit sal te "dedicated" wees. Wat dink die ander, moet ons nie 'n tydlimiet op die skatte plaas nie, m.a.w. dat dit nie langer as 1 of 2 ure moet vat om die skat te vind nie?
  8. freaken floppen kripvreet bliksemstraal! Dis harde werk die (maar lekker). So wie moet ons bedank? Nie Boland bank nie nee, GEOCACHE dot COM. Hierdie Boer is nou moeg geploeg. Te moel met al die vaak Afrikaners en die springlewendige nie-Afrikaners, 'n TD is 'n TD "and we will not be moved". Wel te ruste Boertjies!
  9. Ek hoop nou nie daar is 'n kindertjie siek wanneer ek daar kom om die doos te vind nie.. %%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%% Team Ginger, al die kinders sal daar wees, glo my. Tuis na 'n baie lang en uitputtende dag! TD IX is op finals. Die Boere (sjoe het ek vasgehaag daar!) is in kennis gestel van die TD reeks en almal is opgewonde. So nou gaan die TD IX verhaal vêrder: Vanaf rugkant/hartkant … "Tussen die tralies van onbekende siele, Britsverlate in 'n vreemde land, is daar 'n bord. "n Beskrywingsbord. Onder die bord staan daar waar jy moet heengaan.: %%%%%%%%%% As jy hier kom, draai links en gaan na ********************** " Waar die boomstam met die aarde kennis maak – dit is waar ek is, grassroots level" %%%%%%%%%%%%%%% Voor jy vertrek, kyk na die weste en sien deur die oe van 'n groot Generaal. Die aarde is plat hier. Neem twee Krugerponde vir tolgeld" %%%%%%%%%%%%%%%%%% Neem die kortste roete na Die Poort en betaal een Krugerpond vir tolgeld, visa en instruksies. %%%%%%%%%%%%%%%%%%%%% Neem foto's hier. Betaal en Krugerpond hier vir instruksies. %%%%%%%%%%%%%%%% And that will be the beginning of the final stretch to TD IX. Along the way the following clues might appear: "Here you will find The Key. Under the arrow in the gate. With this can you will be able to open the Second Gate. Remember to return The Key to its resting place, or you might lose your way. %%%%%%%%%%%%%%%%%%%%% Look at the horizon – go to the sight that reads: " www.geocaching.com" Here you may rest in the shade. It is not a public place and you have gained access through the use of The Key. While resting, look for a shack facing east. Where the backdoor would have been you will find the "Final Steps". Look under a thin layer of ground. Replace it intact. %%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%% You may now continue to collect your "skat". Make sure that you take a flag en show it. Show your flag (your colours) as you will now be entering "Boeregrond" and would not want to be seen as an "enemy" on foreign soil. On this final part of your journey, you must pay tribute to those that have been here before you, me,us. Do it with respect. Make sure that you close each and every gate that you pass through. If you get lost, you know where The Key can be found – you may leave at any time. %%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%% Sit here for a while and try to see …. This is the final leg to reach TD IX. Congrats on coming this far. You may now document your clue to "Die Groot Skat".
  10. RedGlobe, die TD-reeks het die Boere (oorlog/kultuur/identiteit/geskiedenis) as tema. Die klem op die Anglo Boereoorlog (Tweede Vryheidsoorlog) Boer vs Brit. Dit volstaan nie hierby nie - soos Wazat wil maak is ook reg, as jy ET in 'n doos kan pak en wegsteek is dit fine. Elk geval, om dit vir maklik te maak om 'n plek te kry. Elke dorp in die Transvaal en Vrystaat het 'n Boerevereniging. Die maklikste is jy stap by 'n OTK,SENWES,AFGRI of enige ander landbouding in en vra vir die besonderhede van die Boerevereniging. Jy bel die ou en vertel hom van die Tonteldoos reeks (as jy hom kan wys op jou mobile nog beter) en siedaar, hy sal jou help (as dit 'n Boer is). Alle plase in die Transvaal en Vrystaat was Boeregrond ...tot 1902, toe die Zimding hier gebeur het. 'n Tonteldoos op 'n plaas MET die samewerking van die plaaseienaar sal wonderlik wees. Hierdie was nou daai "enige raad"
  11. Wazup Wazat? Ek wou eintlik reply op jou pos toe druk ek die skakel maar jou is jou storie nie hier nie en ek kan ook nie alles onthou nie. Die Inet is so stadig hier by my dat dit 'n halfdag vat net om terug te gaan na die vorige bladsy. Iemand suck weer al die bandwith. Daardie 31 Mei is 'n groot dag vir die Afrikaners. Ek dink hulle roep dit Republiekdag, something that happened around the early 60's I think. Not related to the Boerehistory as such. Then again, there is sucha lot of "forgotten" Boers amongst the Afrikaner that it could tjust as well be a Boerie thing. Persoonlik sal ek daarvan hou as ons kan terughou "hold hold hold" tot die 31ste, my oupa het op daai dag met sy perd en uniform deur die hoofstraat van Koppies gery, met die ou SA vlag, die oranje, blanje,blou. Die Bastervlag. Vir ' Boereding sal die Vrystaatse en Transvaalse Vierkleure die regte vlae wees. Anyway, Wazat, daardie eerste oorlog pas mooi in. As jy dalk een van daai budhabeeltjies het, en hy lyk soos Jan van Riebeeck, kan jy dit ook in die skat sit. As jy REGTIG ernstig wil wees sal Franse/ Hollandse (Protestantse) goetertjies ook werk. Bybelversies is natuurlik so eie aan Boerwees as kan kom. Daai kleintjies wat jy vir 'n vriend "slip" sonder dat die ander sien. Ek het nog so klomp wat van my oorle oupa af kom, ek sal een in my skat sit maar dan gaan ek dit ook moeiliker maak om te vind. Hoe lyk dit met vertaal Wazat? Vir die ingelse Boere? Nie die twakpraat nie maar soos cincol, die belangrikste dele wat gaan oor die TD reeks. Sal jou 'n milkshake koop eendag. Cream Soda. Lekker naweek vir julle, ek werk - moet 'n TD wegpak. Sal later kom rapporteer.
  12. cincol, dink jy Wazat mag vir ET is sy doos wegsteek? Dis ook mos Boere en oorlog? Ek wil graag weet hoe maklik TD IX (en die ander) moet wees? 4x4 voetuie of gewone motors? Hoe naby 'n pad? 100m? 5km? Ek weet klaar TD IX gaan verseker nie 'n "stilhou en ry" skat wees nie. Die goeters wat binne TD IX is mag omgeruil word, maar stel met 'n item wat jy binne 10m van die skat af vind. Enige iets, van 'n boomblaar tot 'n klippie. Miskien is jy gelukkig en tel 'n Krugerpond op. Wees nice en ruil dit vir 'n klip. Laat weet net die TD IX eienaar ...
  13. Carbon, die lys het saam met die samevoeging iewers in 'n kas geland. Ek kan nie die Linden nr onthou nie - sal moet soek. cincol, het jy al iets oor die leidrade vir die Groot Skat? Carbon, jy wil begin met registrasie?
  14. PASOP VIR: In hierdie area is die Swart Rinkhals baie tuis. 'n Pragtige pikswart slang wat gemaklik 'n meter of so lank kan word, verskriklik rats en spoeg 'n boog! As hy aangeval word gaan staan hy so hoog met sy breë wit bors dat hy 'n bobbejaanmannetjie vierkantig in die oe kan kyk. (Oorlewering vertel dat as daai Rinkhals voor uit uitgegroeide bobbejaanmannetjie opstaan, ys daai aap se bloed net daar en dan. Hy gaan staan stokstil, jy kan hom optel en wegdra as jy wil.) Soek inligting oor die gif-tipe (senuwee ek dink) en die habitat (In die oop veld, tussen gras, slaap graag in gat.) en die beskikbaarheid van teenmiddels (mens kry so "kit" by party apteke. Nog iets wat wonderlikalgemeen hier voorkom is die klein swart skerpioentjie en so effe groter nefie van hom, so vaalbruin ene. (Ek weet niks van die goed nie, dis maar wat ek gesien het die afgelope half –eeu) Jy sal hulle nie sien nie behalwe as jy begin veldklippe oplig. MOENIE klippe omrol of oplig as hulle daar "gebore" is nie. M.a.w., As 'n mens 'n klip daar neergesit het, dan mag jy dit optel of omrol. As daai Scorpio jou pik, drink pynpille. Dit brand soos 'n hele spannetjie perdebye, daai klein Reds wat so vinnig en so baie keer kan steek. Hulle woon baie graag binne ou murasies en buite toilette, teen die plafon. (Dis nou die Reds hoor.) Solank jy nie aan sy nes stamp nie is jy veilig maar broer! Voor jy weet wat maak jy jou broek nat! Dit brand! Gelukkig net vir 'n kort rukkie …. Hehe Lekker lang (tot 15 cm) pendorings (van 'n soort soos Jesus se kroon) en vreeslik kakiebos en klitsgras. Trek liefs boots en 'n langbroek aan. 'n Kakiebroek werk die beste. %%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%% Ek sit maar my gedagtes hier neer want iemand sal my moet help om dit so bymekaar te sit dat dit sin maak. Wazat, sal jy groot asseblief weer help met die vertaling (later).
  15. Stilte vir die Afsetter? Ek het begin werk aan TD IX en wil my idee deel sodat julle kan vertel of dit binne die reels van Geo val en of ek dit so kan doen. Die finale deel kom nog maar sal soorgelyk as die deel hier onder wees. *********************************************************** Tonteldoos IX TD IX is 'n reeks binne 'n reeks. Leidrade om by die Skat te kom is ook versteek. Dit behoort vir 'n goeie skatjagter moontlik te wees om die Skat binne 1 dag te vind. Maak seker dat jy skryfgoed byderhand het. %%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%% Die Wegspringplek van TD IX is hier : S ******* E ******** Ontmoet die mense hier en skryf neer hoeveel kinders daar is. Terwyl jy daar rondstaan en wag, let sommer op die Graad 1-tjies wat eintlik in die klas moes wees (dis nou die klompie van so 7 jaar oud). Skryf neer hoeveel kindertjies in hierdie klas. Vra rond vir Johanna Els ('n nooi Steyn) en hoor in watter jaar sy gebore is. Skryf dit neer. Terwyl jy daar by Johanna C.E. Els staan, kyk oor haar skouer, daar sien jy hoe al die mense in rye staan. Soveel kinders soos in die klas, soveel rye stap jy aan. Soveel som van Els se jaar, soveel blokkies na regs verklaar. Daar, net daar, kry jy die S ********* E ********* wat jou sal neem na die volgende leidraad. %%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%% Ontmoet vir Percy Draper. Kyk na die ooste en dit wat jy sien uittroon bo die horison is waarheen jy moet gaan, om op die rugkant van die hartkant jou padaanwysings te sien. %%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%
  16. Dankie cincol en baie dankie Moderator! Dit maak my deurmekaar maar ek probeer! Daar is nou 13 TD's en ek hoop vir 14. Was vandag by 'n plek wat my die koue rillings gegee het???? Die ou langs die plek (Robert) is ultracool. Sal iemand daar naby groot assblief 'n doos daar gaan plant, groot seblief! S 26.28.071 E 028.04.181 Ek het foto's in 'n .doc file gelos vir my Boervrinne om na te kyk. As julle wil sien wat ek gesien het, gaan kyk by: http://www.boerevryheid.co.za/forums/showt...1028#post161028 Moenie skrik vir die Boere nie, hulle is almal goeie mense ....
  17. KISS is reg. Dan moet ons nou 'n afsnydatum kry om die reeks se TD's vas te maak. Wat van die leidrade? Hou ons by 'n leidraad vir die Groot Skat wat in elke TD gevind sal word?
  18. Naskrif. As ons bietjie malgaan met die ding kan dit maklik ontpop na 'n Internasionale Tonteldoos (hey ou wazat, dit sal 'n groter doos as ET s'n vat om die hele wereld in te "wegsteek"!!) Ek ken nie die dorp TD nie - miskien ry ek die naweek daarheen om te kyk. Agter wie kan ek aanry? As die Groot Skat (of wat) nou teen 2010 kan opgaan en die hele wereld se skatjagters weet daarvan, dan kan 'n klomp kom skatsoek terwyl die ander voetbol kyk.... en anders-om. Intussen bou ons TD's lat die sop spat, op elke gedenkwaardigheid en grafsteen van die Anglo Boer War en kie. Ek soek regtig nou die hand van die sekondant. Groetnis Sakkie
  19. Dankie cincol. Hierdie boertjie is besig om sonneblomme kop-af (kaf) te maak en 'n paar sente te verdien, so verstaan as ek so nou en dan skaars raak. cc, ek dink oor die ding dat daar leidrade in al die TD's gaan wees en dat 'n Skatjagter ALMAL moet kry om die leidrade vir die GS te kry. Iets wat my pla: As daardie makmoer wie my gps vir 'n selfoon aangesien het en die ding gesteel het intussen bevorder is na die pos van Minister of iets, en die aap kan nou ook TD's kom soek, sal hy nie dalk die leidrade saamvat om sodoende die ander ouens se kanse te benadeel nie? Noudat die dorpie TD op die map gekom het kan ons tipies Boers optree en met 'n Guarilla (vlok! Hoe spel mens daai goed?) strategie kom en die hele plan verander. Dit is prioriteit dat die aantal TD's die hoogte inskiet. As elke ou met 'n gps 'n TD kan wegpak en ons land met so honderd- of wat TD's, sal dit moeite werd raak. Kom ek stel ook voor dat die TD's se onderwerp gewysig word om te lees (ABO/ABW). M.a.w. dit gaan oor die Anglo Boereoorlog en AL die betrokkenes. Boere/Britte/Swart bevolking/Pandoere/Ozzies/Duitsers/...en al die ander deelnemers van die ABO. Daardie knopie wat ek hier agter my huis uitgegrawe het kom uit New York, so daar was Yanks ook hier. Sekondante?
  20. Hey almal en Gert daar in oos MP. Gerhard, maak plek, ek sal hang aan die begindatum (sien cincol het my seker magte beding). Iewers gelees iemnd praat van 'n "spilpunt". Dis nou een van dai moerske besproeiings goeters maar die kern van die begrip is in die "middelpunt". Cincol. ek wil voorstel dat ons die dorpie Tonteldoos die oorsprong van die spilpunt maak. Laat die "Skt van Goud" in Tonteldoos wees en as ons kan, dan maak ons die Groot Soek in dieselfde tyd as die brannewynfees. Die ouens wat wil soek moet eers 'n sopie of vyf wegslaan VOOR hulle die leidraad kry? Ons hoef regtig nie haastig te wees met die TD reeks nie, haastige hond verbrand sy mond. So daar sal nou ook 'n TD XI wees. WONDERLIK!! Dankie Gert.
  21. My TD IX staan reg om verpak te word.
  22. Jissie Jors! Is daar iemand daar naby wat sommer so lang die witpaal nog 'n TD kan gaan toepak onder klippe? Ek het opgemerk dat hier nie foto's op hierdie forum geplaas kan word nie en my "inhoud" is reg (uitgesluyit die leidraad vir die GROOT TD. Met permissie ... gaan kyk wat gaan in my TD wees. http://www.silvershoes.co.za/Emerald/index...931.html#msg931 Kom lewer weereens kommentaar groot asseblief. Al daardie artikels is ouer as 100 jaar (behalwe natuurlik die plakker van die OVS vlag), stukkies Motivering?
  23. Hehe, ou Wazat, jy dwing respek af! Wel gedaan! cincol, ek pleit skuldig aan bietjie lamboudia, te minste al die inhoud van my TD bymekaar - sal later 'n .jpg plaas om te wys. Ter wille van tyd en goeie voorbereiding kan ons die TD reeks loods na afloop van die 1 Mei langnaweek. Dit gee die TD eienaars tyd om hul skatte mooi te gaan wegpak. Die TD's tot dusver: Tonteldoos I - PE - Ama-Soek-Soek Tonteldoos II - Oosrand - DamhuisClan Tonteldoos III - Rustenburg - Strider_SA Tonteldoos IV - Linden - Carbon Hunter Tonteldoos V - Grahamstad - ravenmeistre Tonteldoos VI - Durban - Ysbeer Tonteldoos VII - Pretoria - LeonW Tonteldoos VIII - Rust de Winter - RedGlobe Tonteldoos IX - Rooiwal - Tusk O'2 Tonteldoos X - ?? - Wazat Sal ons nou volstaan by die TD reeks? 10 genoeg?
  24. The pooks skop gat! Fish Eagle is onmisbaar. Kom ons hoor wat dink hy daarvan.
  25. SEKONDEER!!! cincol, dit sal goed wees as die komitee bestaan uit mense wat al goed bedrewe is met hierdie besigheid en natuurlik sal dit baie makliker gaan as die komitee mekaar ken. Hierdie forum is baie gerieflik vir die hele proses en nog 'n nuwe bespreking met die opskrif "Tonteldoos Komitee" sal mos goed werk vir nominasies? Kan jy as sameroeper optree cincol?
×
×
  • Create New...