Jump to content

Tusk O'2

Members
  • Posts

    118
  • Joined

  • Last visited

Everything posted by Tusk O'2

  1. Team Ginger, jou TD lyk PUIK!!! Baie mooi! Sjoe, die standaard word hoog ....
  2. Psssssst! Die res van die dose roer nie? Miskien raak dit tyd om te tontel onder hulle?
  3. Skaars was my woorde koud .... Baie geluk Antron en keithlan! TD IX het 'n FTF! As dinge goedgaan en die spannetjie Geocachers raak warm, sal ek so met die tyd saam 'n ietsie ekstra in TD IX gaan wegsit, so kyk uit vir Blymakers langs die kronkelpad. Ek sit nou hier en verwonder myself, wie was die blyste? Die FTF of ek? Is ek hier om te neem of om te gee? Dit is 'n voorreg om deel te wees van die Wegsteekgroep. Dankie. Baie maklik bou ek nog 'n paar skatte - ek dink ek hou meer daarvan om te gee. Antron, as jy weer kom, kom met jou "metal detector". Hier is regte egte skatte ook (ongelukkig sonder koordinate).
  4. Heeee haaaa! Mr Fish Eagle! You are one cool dude! I salute you! Baie opgewonde kan ek verklaar dat TD IX op die "map" is. HEELWAT makliker as waarmee daar begin is maar glo my, die FTF sal moet uithaal en wys vir sy prys. Vreeslik jammer vir die ouens wat bietjie te ver is om gou te kom inloer ... GC1BV97
  5. Ek lees vanoggend: 500yr old treasure ship found:http://www.news24.com/News24/Africa/News/0,,2-11-1447_2315370,00.html Ancient city found under suburb:http://www.news24.com/News24/Technology/News/0,,2-13-1443_2092066,00.html Viking treasures found on farm: http://www.news24.com/News24/World/News/0,...2150269,00.html Boy, grandpa find treasure:http://www.news24.com/News24/Technology/News/0,,2-13-1443_2313539,00.html Is daar 'n kans een van ons skatjagters hier kry Oom Paul se ponde? Of dalk De Wet se miljoene?
  6. Ouens, ek sukkel. Die ander tand van die olifant spook dat TD IX makliker moet wees en ek skop vas - dit MOET moeilik wees. So ja, TD IX is klaar. Al die leidrade, die koordinate, die roete...alles. Nog net gaan wegsit. Maar die twee tande stry nog ... oor die moeilikheidsgraad. Iets anders. Ek het vir Andre van Tonteldoos laat weet dat die TD reeks nou afskop. Hier is my pos aan hom en sy antwoord. Ek kry die gevoel dat daardie paasnaweek van 2009 dalk in 'n lekker kuiernaweek van sktjagters kan ontaard? Gee maar julle opinies. Wazat of cincol, ter wille van oorlewing, wil en van julle nie bietjie vertaal nie seblief? Andre, Die Tonteldoosreeks skop Donderdag af. Die finale "Groot Skat" gaan iewers in Tonteldoos se omgewing wees. Ekself en ons SA verteenwoordiger sal op 'n stadium daar kom kuier om die skat te begrawe. Daar gaan 18 tonteldose regoor SA wees en in elkeen 'n leidraad waarvan die kode gedurende paasnaweek 2009 te Tonteldoos uitgegee sal word. Hoeveel deelnemers daar gaan wees is moeilik om te bepaal maar soos die tyd aanstap sal ons gou-gou sien hoeveel spelers die TD's opsoek - dit behoort 'n goeie aanduiding te kan gee. Ons sal natuurlik moet reel vir 'n plekkie daar by julle waar die skatjagters kan registreer en van die kode voorsien word. (2009) Hier is die skakel van die algemene beskrywing wat by elke TD aangeheg word: http://forums.Groundspeak.com/GC/index.php?showtopic=192399 Soos die tyd naderkom sal ons verseker meer gesels. Groetnis Sakkie Hallo Sakkie Hoop dit gaan goed. Dankie vir jou epos. Die komitee van die Tonteldoos Kontreifees het afgelope Saterdag met geesdrif kennis geneem van jul skattejag en die plan om die fees by die finale rondte te betrek. Die vraag na akkommodasie oor paas- en feesnaweek is gewoonlik belaai en kan ʼn probleem wees. Sodra ons benaderde getalle van jou af kry kan ons ssm bespreek, al is dit in omliggende dorpe, indien jul deelnemers wel wil oorslaap (?). Sien daarna uit om verder saam te werk Groete André Meyer Cell: 082 565 3402 Fax: 086 519 2468 Email: mwdumey@mweb.co.za
  7. Dankie Fish! As daar iemand is wat daarvan gebruik wil maak, hier is die skakel : http://www.silvershoes.co.za/Tonteldoos/ Dit is heel eenvoudig ....
  8. RedGlobe, ek het dieselfde probleem. Cape Guy maak 'n uistekende voorstel. Daardie "sorie" aan die begin vat vir my heeltemal te veel plek, so ek gaan dit ook eerder voor in die logboekkie plaas wat binne in my TD gaan.
  9. Al 18 TD leidrade is nou uitgestuur. Sukses vir die eienaars en nog groter sukses vir die soekers! Die registrasies kan vanaf 01 Mei 2008 begin en aangaan tot 31 Mei 2008.
  10. Dankie Wazat, dankie cincol, dankie aan al 18 TD eienaars!! Ons beweeg in die finale deel van wegspring. Die inleiding vir die TD reeks is hier geplaas: http://forums.Groundspeak.com/GC/index.php?showtopic=192399 Dit is bietjie lywig en ek hoop daar is genoeg plek op die bladsye vir die registrasie.... Na die Inleiding kan elke TD eienaar sy/har eie deeltjie bysit en ook die leidrade verskaf na die onderskeie TD's. Amper skreeu ek nou "viva TD" toe bedink ek myself ... "Drie hoera's vir die TD reeks!!!"
  11. Die Tonteldoosreeks/The Tondeldoos Series. Hierdie is een skat van die Tonteldoosreeks / This is one cache in the Tondeldoos Series. There are 18 Tondeldoos Caches all over South Africa and in every one you will find a clue in the sense of the name of a well known Afrikaner/Boer. These clues are to be gathered and during the Easter weekend of 2009, in the small town Tonteldoos, Mpumalanga, South Africa, every person who writes in as participant, will receive a code deciphering the clues. The code will give the coordinates of the Great Cache, which will be hidden in the vicinity of Tonteldoos. The rest of the story follows: In the early days of our country, when the horizon was wide and open, South from the Equator the grass was green. At dusk, as the sun was setting and the herds of cattle were homeward bound, the call of the women, echoed across the land. From the west, the white sails of the ships came, asking of water and food, and to stay for so much more. And so the land that was once free, traded for the ghetto's of the cities.. Mother Africa held, in her belly, many riches of diamonds, gold, coal and precious metals. The people of the land becoming slaves, digging, tunneling into the depths of this beautiful country, to get every bit of the riches it holds. Great open plains, fenced off, so that even the largest of Gods animals would bow under the might of the hunter and his guns. The silence would soon befall the country. Another century, the picture is much the same. Not long ago, in the land of Milk and Honey, the burgers of two lands, The Orange Free State and the Transvaal, free, happy and living in harmony with each other. The stories of the riches in these two lands, soon befell the ears of the Queen of the Empire over the seas. Her people were sent to investigate and confirm the rumours of many riches. The Queen was soon to declare war on the burgers. Women and children died in their thousands from disease and starvation, as their husbands, fathers and sons died on the battlefield. Eventually the burgers were to bow down to the pressure, there was no other choice. The Queen was told to take the riches as her own. However the Queen did not know of one man, Paul Kruger from the Transvaal. He had hidden a large amount of the "Queens gold" before peace was declared. Likewise General De Wet of the Free State had took and also hidden a large amount of gold. These treasures of gold have to this day not been found. In the land of the old Transvaal, not far from where this gold is hidden, lies a small town, still living in peace and harmony as it was so many years previously. The small town of Tonteldoos. With its unique fauna and flora, farms and small holdings, peach trees and interesting people, this is truly a town that must be enjoyed. Every year a festival, with its own golden peach brandy can be found, so too this is where the Tinderbox Treasure can be found. Throughout the land of Milk and Honey, Tinderboxes are hidden. Each containing a clue of the whereabouts of a final treasure. This final treasure will hold the gold that the finder shall give to the Queen. Breaking her thirst for the gold and finally ending the war against the lands of Transvaal and The Orange Free state. The search for this gold is on! Who will be the one to find the final treasure and bring the peace and harmony of Tonteldoos, back to the land of Milk and Honey? ***** Daar is 18 Tonteldoos skatte regoor Suid Afrika en in elkeen 'n leidraad in die vorm van die naam van een of ander bekende Afrikaner/Boer. Hierdie leidrade moet versamel word en gedurende die Paasnaweek 2009 sal daar te die dorpie Tonteldoos, Mpumalanga, Suid Afrika aan elkeen wat daarvoor inskryf 'n kode verskaf word wat deur middel van die leidrade ontsyfer kan word. Daardie kode sal die koördinate aandui van die Groot Skat, wat iewers naby Tonteldoos weggesteek sal wees. Die res van die verhaal volg hierna: Toe die wêreld hier nog jonk was, en die horison wyd en oop, was dit groen hier in die halfrond, suid van die ewenaar. En in die skemer as die son sak, en die beeste huistoe loop, klink die roepstem van die vroue, oor die heuwels van die land. Toe kom die skepe uit die weste, wit seile oor die see, om te vra vir kos en water, en te bly vir soveel meer; en die land wat een tyd oop was, die land het ons verruil, vir die ghetto’s van die stede, is ons koperdraad gegee. Daar was rykdom in die maag, van ons moeder Afrika. Diamante, steenkool, goud, edel metaal, en die mense word die slawe hier, want die mense word betaal om te tonnel in die aarde, elke greintjie uit te haal. En die groot en oop grasvlaktes, span dit toe met doringdraad; en van die olifant tot die gemsbok, al die diere moes kom buig voor die mag van die grootwildjagter, voor die mag van sy groot geweer. Totdat net die stilte oorbly. Totdat net die stilte heers… Ander milieu, selfde prentjie. Nie so lank, lank gelede nie, in 'n tyd toe die wêreld nog jonger was as vandag, ook in die Land van Melk en Heuning, het die burgers van twee landjies, die Oranje Vrystaat en Transvaal, vry, gelukkig en in harmonie met mekaar geleef. Daar was volop minerale in hierdie lande, en die stories oor die mineraalrykdom het die ore van 'n Koningin oor die see bereik, wie haar mense gestuur het om ondersoek in te stel of die stories waar was. Die Koningin het 'n oorlog teen die inwoners begin, en vroue en kinders het by die duisende omgekom van honger en siekte, terwyl die mans op die slagvelde vermoor is. Uiteindelik het die burgers geen keuse gehad anders as om 'n Vrede met die Koningin te sluit nie. Die Koningin was vertel dat sy dan maar die goud vir haarself kon neem. Die Koningin het egter nie geweet van ou oom Paul Kruger van die Transvaal, 'n hele klomp goud gaan wegsteek het, voor die vrede bereik was nie. Ook in die Vrystaat het 'n dapper Generaal de Wet met die Slag van Roodewal al die Koningin se goue ponde afgevat en gaan begrawe. Hierdie skatte van goud is tot vandag toe nog nie gevind nie. Nie so ver van waar die goud begrawe was nie, in die land van die ou Transvaal, is daar steeds 'n dorpie waar vrede en harmonie heers. Hierdie dorpie se naam is Tonteldoos. Met sy unieke fauna en flora, plase en kleinhoewes, perskeboomrye en interessante mense, is die dorpie inderdaad 'n avontuur om te beleef. Hier word ook jaarliks 'n Plaasfees gehou waar die streek se heerlike perskemampoer geproe kan word. Dit is dan ook hier waar die Tonteldoosskat gevind kan word… Regdeur die Land van Melk en Heuning is daar tonteldose begrawe. In elke tonteldoos is daar ‘n leidraad wat sal lei na die Skat van Goud. In die een wie die skat vind se hande sal die goud lê, om aan die gruwelike Koningin te gee om sodoende die towerkrag te breek en en haar dors na goud te les sodat die Oorlog teen Transvaal en Vrystaat vir ewig gestaak word. Die soektog na die Skat van Goud is aan! Wie gaan die een wees wat die skat gaan vind en die vrede en harmonie van Tonteldoos oor die hele Land van Melk en Heuning versprei?
  12. Tonteldoos leidrade uitgereik: TD I TDII TD III TD VI TD VIII TD IX TD XII TD XIII TD XIV TD XV TD XVI TD XVII TD XVIII Soos cincol tereg vertel, daar is tyd tot 31 Mei 2008 om jou Tonteldoos te gaan wegsit en te registreer. Of TD IX die eerste een gaan wees? Daar is nog bietjie werk cincol :-))
  13. Nog vier dae oor, dan begin die 2008/9 Tonteldoosreeks en kan julle na hartelus begin soek ... Cape Guy, jy is reg, ons wag net vir die insetsel in Engels. Ons vertaler se "bandwith" het 'n bietjie min geraak :-0 Danmhuis, stuur my net jou e-pos adres asseblief. So ook die ander TD-eienaars wat nognie leidrade ontvang het nie. Groetnis
  14. Another high-five for geacacher_coza! "Wat van ek skenk 'n Travelbug vir die Tonteldoos cache. Ons kan dan die Travelbugs noem na die oorspronklike Tonteldoos hy in is. Dan kan die taak van die Travelbug wees om al die ander Tonteldose te besoek Die wat belangstel kan my kontak met hulle adres. Ek kan dan die TB's uitstuur as ek terug is in Suid Afrika so om en by die 10 Mei. Johannesburg ouens sin kan ek aflaai." Dankie Coza, even if it is put in your TD after the 10th, it is a grand idea and it would be cool if we had 18 bugs running around.
  15. Welcome aboard Lucky Ed! UPDATE Die Tonteldoosreeks tot nou The Tonteldoos Series to date Tonteldoos I - PE - Ama-Soek-Soek Tonteldoos II - Oosrand - DamhuisClan Tonteldoos III - Rustenburg - Strider_SA Tonteldoos IV - Linden - Carbon Hunter Tonteldoos V - Grahamstad - ravenmeistre Tonteldoos VI - Durban - Ysbeer Tonteldoos VII - Pretoria - LeonW Tonteldoos VIII - Rust de Winter - RedGlobe Tonteldoos IX - Rooiwal - Tusk O'2 Tonteldoos X - Newcastle - Wazat Tonteldoos XI - Ermelo - gerhardoosMPsa Tonteldoos XII - West Rand - Team Ginger Tonteldoos XIII - Boekenhoutfontein - cincol Tonteldoos XIV – Laeveld – Bouts777 Tonteldoos XV – Kaap – Cape Guy Tonteldoos XVI - Howic - DiePienaars Tonteldoos XVII - Vaaldriehoek - geocacher coza Tonteldoos XVIII - Hanover - Lucky Ed This is becoming a MAJOR skattejag!!! Sjoe! Can you imagine....18 skatte to find one? Major stuff! And all this in (only) one year? Ek sal moet my gat in rat kry.
  16. Cape Guy, jou TD lyk kookwater! Dankie vir die voorbeeld! Daar is nou reeds 10 TD leidrade uitgestuur, ek wag nog vir die epos adresse van die ander 7. Damhuisclan CarbonHunter ravenmeistre LeonW Wazat gerhardOosMP geocacher coza Die Tonteldoos "storie" is nog in proses om vertaal te word en sal sodra dit klaar is aangestuur word. Die storie moet deel uitmaak van die registrasie op geocaching. Ons het tyd tot 31 Mei 2008 om al die TD's te registreer. Onthou ook om NIE die leidraad te verklap in die registrasie nie.
  17. Geocoza, die Vaaldriehoek is groot! Kyk by Viljoensdrift .. en baie welkom! Jy is TD XVII UPDATE Die Tonteldoosreeks tot nou The Tonteldoos Series to date Tonteldoos I - PE - Ama-Soek-Soek Tonteldoos II - Oosrand - DamhuisClan Tonteldoos III - Rustenburg - Strider_SA Tonteldoos IV - Linden - Carbon Hunter Tonteldoos V - Grahamstad - ravenmeistre Tonteldoos VI - Durban - Ysbeer Tonteldoos VII - Pretoria - LeonW Tonteldoos VIII - Rust de Winter - RedGlobe Tonteldoos IX - Rooiwal - Tusk O'2 Tonteldoos X - Newcastle - Wazat Tonteldoos XI - Ermelo - gerhardoosMPsa Tonteldoos XII - West Rand - Team Ginger Tonteldoos XIII - Boekenhoutfontein - cincol Tonteldoos XIV – Laeveld – Bouts777 Tonteldoos XV – Kaap – Cape Guy Tonteldoos XVI - Howic - DiePienaars Tonteldoos XVII - Vaaldriehoek - geocacher coza cincol het my herinner, sodra jou skat reg is, die leidraad in is en alles in plek is, PUBLISEER! Vanaf 1 Mei 2008 tot 31 Mei 2008. Die toekennings van TD's sal nog geskied tot op 30 April. Daarna sal nuwe TD's moet wag tot na die paasnaweek in 2009 (wanneer die GROOT SOEK na die Skat van Goud te Tonteldoos. Mpumalanga gaan plaasvind.) TD eienaars moet ook onthou dat die publikasie op Geocaching 'n verduideliking van die reeks (en natuurlik die storie van die TD's) moet bevat. Dit kan gevind word .... hmmmmm .... waar wazat? of cincol? HELP! hehe ... Iewers hier bo in die Tonteldoosbespreking. Die beskrywing van waar (die historiese plek) jou TD weggepak is moet ook deel van jou publikasie wees. cincol of wazat, kan julle vir ons die Afrikaans en Engels van die Tondeldoos storie hier kom plaas? Groot asseblief!
  18. Welkom aan boort Die Pienaars. Ek het julle pos gekry maar dit is ook via Geo gestuur en het dus nie julle e-pos adres by nie..... UPDATE Die Tonteldoosreeks tot nou The Tonteldoos Series to date Tonteldoos I - PE - Ama-Soek-Soek Tonteldoos II - Oosrand - DamhuisClan Tonteldoos III - Rustenburg - Strider_SA Tonteldoos IV - Linden - Carbon Hunter Tonteldoos V - Grahamstad - ravenmeistre Tonteldoos VI - Durban - Ysbeer Tonteldoos VII - Pretoria - LeonW Tonteldoos VIII - Rust de Winter - RedGlobe Tonteldoos IX - Rooiwal - Tusk O'2 Tonteldoos X - Newcastle - Wazat Tonteldoos XI - Ermelo - gerhardoosMPsa Tonteldoos XII - West Rand - Team Ginger Tonteldoos XIII - Boekenhoutfontein - cincol Tonteldoos XIV – Laeveld – Bouts777 Tonteldoos XV – Kaap – Cape Guy Tonteldoos XVI - Howic - DiePienaars
  19. Die Leidrade van: TD I TD VI TD VIII TD IX TD XIV TD XV is gedoen en die skatte is op pad. Ek wag nog vir die ander e-pos adresse. Ginger, jy het via Geo gekontak en ek kan nie daardie "no-reply" gebruik nie. Stuur e-pos aan wizard@silvershoes.co.za 6 van die 15 is reg, ons wag vir die ander 9. cincol, kan jy met FishEagle gesels oor die moontlikheid dat al die TD's op een dag publiseer word? Of voel julle ons moet hulle publiseer soos wat hulle versteek word? Lekker Skatsoeknaweek vir almal!!
  20. Nou wat sal cincol met 'n esel wil doen? Nie Palestina invaar nie! Die eerste TD's is reg vir wegpak en die leidrade moet voorsien word. Sal die TD eienaars asseblief per e-pos met my kontak om hul onderskeie leidrade te kry.
  21. Noddy se voorstel het verseker meriete. En daardie meriete moet ook van toepassing wees by die toeken van prestasie-gerigte eer, in hierdie geval Springbok status vir skatvind. Die wegsteek behoort nie as maatstaf te dien nie. My opinie sou wees dat daar 'n uitdun moet wees spesifiek om die skatjagters se vemoens te toets. Dit gaan nie hier oor die algemene skatjag nie maar oor 'n kompetisie wat ge-organiseer word. Al is dit dan 9 soortgelyke geleenthede in elke provinsie, maar dit sal op 'n "event" basis gedoen kan word. Ingeskrewe deelnemers wat op 'n spesifieke tyd op 'n spesifieke plek bymekaarkom, die inligting word aan almal gelyk oorhandig en die FTF wen die uitdun. Aan die einde van 9 uitdunne kom die algehele (meeste FTF's) in aanmerking vir Kleure. Dit is maar dieselfde as al die ander sportsoorte, ge-organiseerde byeenkomste waar spanne meeding ...
  22. ... en net toe ek dink die Saterdagaand is verby ... Gaan die "nuwe boodskap" Geo-alarm af en die outjie met die mik bring 'n boodskap! RG, ek dink daai plek is 100% TD! Bakgat! Dit gaan lekker wees om daardie een te kry. Kapou, kan jy dink ek ry van die States af Kaap toe vir 'n doos? Sal seker moet. Great stuff. Die Goeie Hoop is op die map! Self het ek vandag TD IX gaan ry (julle weet mos noual dat ek 'n moerske laaaaang ding beplan (het)), besluit ek maak dit korter vir ouens soos cincol. Sal nou net so 2 ure vat om by die plek te kom waar TD IX "begrawe" is. hehe - julle sal moet pik-en-graaf! Dit is nou 2 ure vanaf die 1ste leidraad hoor. Andre van Tonteldoos het so sagte woordtjie gespreek oor die moontlikheid van (behalwe ons TD eienaars) 'n bietjie borg vir Die Groot Skat. Andre, as julle hier land moet ons daaroor gesels. Onthou dat al hierdie TD's ook in Ingels (danksy Wazat) beskikbaar gaan wees, so Tonteldoos sal moet regmaak vir die Groundspeak Geacache Worldwide Skatjagters!!! (GGWS) hehe. O ja, die ander Ollietand dink ons moet 'n ietsie oor die plek van die TD bysit in die skatboks? Wat dink julle? En oor die inhoud, ek gaan verseker iets spesiaals insit vir die FTF. Dan het ek ook so 200 VRYSTAAT vlaggies (plakkers) bestel en daardie dag by Tonteldoos, as ons almal bymekaarkom vir die Groot Soek, beter elke Soeker 'n Vrystaatvierkleur te kan wys anders .... 'n dubbel perskemampoer! Waarom raak ek so opgewonde hieroor?
  23. Pragtige nuwe verwikkeling! Ek was vanoggend in gesprek met die voorsitter van die Tonteldoos fees (Andre) en het vir hom verduidelik van die TD reeks. Hy is baie positief hieroor en het ek hom en sy kommitee genooi om hier te kom kyk. Daar sal verseker 'n plek wees vir die Skat van Goud in Tonteldoos! Ons het nog so 3 weke oor voor die eerste TD's geplaas gaan word. Onthou om my te e-pos vir die leidrade! 'n Bietjie agtergrond oor waar die Skat van Goud weggesteek gaan word: Tonteldoos………a place where peace and tranquility prevail! The morning of the 15 October 1883 dawned crisp and clear, with a trace of the winter chill still apparent in the mists drifting through the gully cut by the Modder Spruit as it wound its way lazily down to what would later be named the Steelpoort River. Field Cornet C N Boschoff jumped off his horse and strode decisively through the groups of burghers. He carried with him the air of a man entrusted with a mission and those around him responded to his arrival with muted, but respectful greetings in recognition of his proven leadership. He reached a small outcrop of rock and with surprising ability for a man of his girth, sprang boldly up, looked right and left of the gathering and coughed loudly, as was his manner, to bring proceedings to order. The burghers quickly responded, this is what they had been waiting for. They surrounded the outcrop, and looked up at him expectantly. "The beacons are in position," he announced, "each of you are entitled to leave this place on foot, at the firing of my gun, to peg the eight morgen allocated." The shot was dull and flat in the morning mist. The Volksstem of the 16 November 1883 takes up the story:" Yesterday morning the ground was declared open. At the signal there was a general rush and a most amusing scene ensued, everyone running as for dear life and in a few moments not a soul was to be seen in a camp of about 150 vehicles. Towards evening the tired and weary burghers returned, some having run 12 miles, the majority being satisfied and only a few disappointed." Thus was Tonteldoos (as we now know it) born, a North Eastern frontier buffer zone populated by poor but resourceful burghers. Today we have a peaceful valley, idyllic and tranquil with our own special flora and fauna, dotted with farms, hectares of peach trees and smallholdings, offering a true country experience. Some interesting venues have sprung up, a pub, a cheese farm, a country kitchen and a host of welcoming accommodation venues - more about all of those later - but the greatest attribute remains its people, still resourceful but especially friendly and some real characters abound! Acknowledgement to Hentie Joubert (resident, advocate, author, horticulturist and historian) - The Tonteldoos Register. http://www.tonteldoosvalley.co.za/history.htm
  24. Thanks cincol! UPDATE Die Tonteldoosreeks tot nou The Tonteldoos Series to date Tonteldoos I - PE - Ama-Soek-Soek Tonteldoos II - Oosrand - DamhuisClan Tonteldoos III - Rustenburg - Strider_SA Tonteldoos IV - Linden - Carbon Hunter Tonteldoos V - Grahamstad - ravenmeistre Tonteldoos VI - Durban - Ysbeer Tonteldoos VII - Pretoria - LeonW Tonteldoos VIII - Rust de Winter - RedGlobe Tonteldoos IX - Rooiwal - Tusk O'2 Tonteldoos X - Newcastle - Wazat Tonteldoos XI - Ermelo - gerhardoosMPsa Tonteldoos XII - West Rand - Team Ginger Tonteldoos XIII - Boekenhoutfontein - cincol Tonteldoos XIV – Laeveld – Bouts777 Tonteldoos XV – Kaap – Cape Guy More will be welcomed - especially in the Cape and Mpumalanga. There will be no restrictions on the number in any region / province. Nòg sal verwelkom word - veral in die Kaap en Mpumalanga. Daar sal geen beperkings wees op nommers in enige streek / provinsie nie.
  25. Die een Olie(fant)tand is gek oor katte .... 1.Wat is 2.5? 2. Stem. As daar 'n raaisel is MOET dit voor die tyd uitgewerk kan word. 3. Sekondeer. 4. Die TD oorsee ... ons kan, solank dit nie 'n vereiste is vir die Skat van Goud nie. (Nie nou al nie - miskien die Skat van Goud II) To talk about things makes those things happen. Tusk O'2 - 2008.
×
×
  • Create New...