Jump to content

Rooibos Radio


besem

Recommended Posts

Wat 'n verrassing - 'n radiostasie in Nederland het my vandag gebel om 'n onderhoud met my te voer oor geocaching in Suid-Afrika. Jy kan hier daarna luister.

 

Dis nogal jammer dat ek nie baie caching-ondervinding in Suid-Afrika self opgedoen het nie, want ek dink nie al die goed wat ek kwytraak is heeltemal akkuraat nie - die man het my bietjie onkant gevang!

Edited by besem
Link to comment

Volgens my praat ek nog maar Afrikaans met 'n Nederlandse aksent! ;) Ek is al 6 maande in Nederland, en ek kan onthou die eerste twee maande het maar swaar gegaan as gevolg van die uitspraak wat heeltemal anders is as Afrikaans - dit vat nogal gewoond raak aan. Die "egte" Nederlands wat ek praat het ek maar opgetel deur met mense te praat - snaaks genoeg hoofsaaklik geocachers!

Link to comment

Ek was ook nogal verbaas hoe maklik 'n mens die "interviewer" kon verstaan. Ek kon hom amper makliker volg as ons Vlaamse bure, en Nederlands is gewoonlik verder van Afrikaans as Vlaams. Die meisie van die wyn onderhoud se Nederlands het self het goeie stuk Suid Afrikaans by! Ons bure praat nou hier 'n soort Afrikaans wat hulle noem Vlafrikaans!

Link to comment

Ek self sukkel om Vlaams te verstaan.

My neef is hier in SA getroud met 'n Afrikaanse dame, en is nou al in Nedreland meer as 10 jaar, en as ek met haar praat is daar nog steeds 'n paar afrikaanse woorde wat deur kom.

 

Blykaar ook as ek Afrikaans praat, dan hoor mense party maal 'n woord wat pas, maar nie gewoonlik gebruik word nie. Soos "Ek vind dit snaaks". Klink reg vir my oor, maar die "vind" word blykbaar nie gewoonlik so gebruik nie.

Link to comment

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.
Note: Your post will require moderator approval before it will be visible.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Loading...
×
×
  • Create New...