Jump to content
Sign in to follow this  
Followers 11
Tusk O'2

Tonteldoos

Recommended Posts

Tondeldoos I ..... (PE)

Groot werks druk op die oomblik, en baie min dinge wat met die boere te doen gehad het hier in die Port Elizabeth area. Was besig om aan 'n baie interesante een te werk maar die "navorsing" gaan nog so 'n rukkie duur. En in die midde van dit toe ontdek ek iets anners hier reg onner ons neuse.... Dit sal heelwat makliker wees om te soek. So dit lyk darem ek sal die 31Mei "deadline" maak.

 

Nou moet ek net 'n plan maak oor HOE om die tondeldoos weg gesteek te kry.......

 

Groete

amaSoekSoek

 

PS: Kan Olietange my "Hint" weer aan my pos? - Myne het in die internet ruimte heen verdwyn.

Share this post


Link to post

My vraag-- Moet ek of moet ek nie!

Ek het nou BAIE navorsing gedoen om my Tonteldoos te plaas. Op baie van die belangrike oorlog plekke het ek al klaar caches. DIe een wat soos 'n paal bo water uitstaan is die Viljoensdrif kruising waar die Engelse die Transvaal binne geval het. Daar is nog geen cache nie en nadat ek die area nou gaan "verken" het dink ek dit is die plek!

MAAR, die presiese ligging is op privaat grond. Ek het die eienaar gekontak en die plaas gaan besoek. Die plaas is ook die Savannah Cheetah Foundation so dis logies dat 'n mens kan nie net daar kan rond ry en caches soek nie!

Nou will ek sommer die "past, present and future" in een maak. Een cache vir die tonteldoos en dan vir die cheetah ding.

Wat dink julle, kan ek dit so doen? En dan is daar die reels wat sal moet saam met die cache gaan. R60.00 per persoon en net spesifieke tye. :)

Weereens MAAR, die plek is so ongelooflik mooi en die eienaar het 'n passie oor die hele ding van die boere oorlog ens dat ek dink dis die regte plek. Al het die cache die geldelike en toegangs "drawbacks" dink ek dis die regte plek.

Opienies asseblief!

Share this post


Link to post

amaSoekSoek, jou leidraad is gestuur.

 

geo, my gevoel is dat ja, doen jou TD daar. Of dit saamval met die reels van Geocache sal Visarend kan vertel. (die betaal om 'n skat te soek) Ek sal self graag wil sien waar die britte deur die Vaal getrek het, en natuurlik is 'n Cheetah ALTYD die moeite werd.

Share this post


Link to post

hmmm geocacher_za....

 

Ek het nie persoonlik 'n probleem met die feit dat daar 'n toegangsfooi betrokke is nie - ek reken dit motiveer cachers om meer in-diepte die plek te besoek en nie net te jaag om die cache te vind en dan weer te waai sonder om noodwendig iets te leer van die plek nie.

 

Aan die ander kant weet ek dat daar heelparty cachers is daarbuite wat nie caches soek waar hulle moet betaal om daarby uit te kom nie. Daar is egter tog so baie plekke waar geocaching mens bring wat nie sonder 'n toegangsfooi besoek kan word nie. Solank die cache en die beskrywing nie kommersialisasie promoveer nie, is dit seker in orde en enige ou se keuse om dit te gaan soek of nie.

 

As mense ernstig is om die reeks te voltooi, sal hulle in elk geval geld spandeer om deur die land te toer, so die toegangsgeld is maar deel van die pakkie (maar dis net my opinie). :)

 

As jy ook (soos jy noem) meer as een cache dan in die gebied plant, maak dit die besoek ook nog meer die moeite werd. hehe

 

Groete!

TG

Share this post


Link to post

geocacher_coza

 

Ek het ook geen probleem as jy moet betaal om toegang te kry om die tonteldoos te gaan doen nie en veral as jy dit die moeite werd maak en dalk nog ander ook daar te plaas. Dit lyk my om veilig te wees vandag in hierdie mooi land van ons moet ons maar betaal. (Dis mos die wet van Transvaal)

 

PS. Dankie ek het my TB tag gekry en sal dit binnekort vrylaat om al die Tonteldose te besoek. :):)

Share this post


Link to post

Betaal of nie ... Daar is baie caches waar jy toegangsgeld moet betaal ...

 

 

geocacher_coza ... as RedGlobe sy TB gekry het is myne seker ook al in die posbus sooo ... by voorbaat DANKIE!!

 

 

TONTELDOOS XV is amper klaar ... nog net 'n paar klein aanpassinkies en "trimmings" dan is hy op die lug!!

 

 

Groetnis! :)

Share this post


Link to post

En dan is daar die reels wat sal moet saam met die cache gaan. R60.00 per persoon en net spesifieke tye. :unsure:

Let's talk!! Die betaal van 'n ingangsvooi maak die cache nie noodwendig kommersieel nie, veral in Suid-Afrika waar die beste plekke gewoonlik 'n ingangsfooi het. Wat meer belangrik is, is het die cache 'n kommersiele agenda of nie. Indien nie, is daar gewoonlik nie 'n probleem nie. Die saak van spesefieke tye kan 'n probleem wees, maar dit hang af van hoe groot die beperking is. Die reel van redelikheid is van toepassing hier - die cache moet redelik vrylik besikbaar wees. Bv: alleen beskikbaar op die eerste Vrydag van die maand tussen 2 en 4 uur is 'n no-go. Waar is die afsnylyn? Wie weet - as ek nie seker is nie, sal ek my reviewer kollegas vra vir hul opinie. Wat jy beoog klink nie soos 'n probleem nie, maar ek het meer inligting nodig om 'n reeling te gee.

Share this post


Link to post

Tonteldoos XV is reeds vanmiddag gestuur vir publikasie. Ek glo dit sal vannand nog gelys word en more-oggend gereed wees om te soek ...

 

Nog 9 uistaande ...

 

Groetnis! B)

Edited by Cape_Guy

Share this post


Link to post

Savannah/Tonteldoos XVII is geplaas!

Julle FTF ouoens sal moet wag tot more om die cahe te kry want die plaas is toe op 'n Maandag! SORRY! Maar dit is darem die moeite werd om te wag want daar is 'n mooi FTF prys-- 'n boksie met 'n regte, egte tonteldoos, Geocoin and a lapel wapentjie in!

Edited by geocacher_coza

Share this post


Link to post

5 days to go and the caches are rolling in! Well done everybody so far. Reading the descriptions of the caches is like reading through the history of South Africa. This series is really great and I cannot wait to read the rest of the outstanding caches when they are published. I am really disappointed that I will not be able to hunt the series and even more so that I did not get to visit the PE and Cape [Darling] caches as I was there a week too soon! :lol:

 

5 dae om te gaan en die skatte rol in! Wel gedaan almal so ver. As 'n mens deur die skatbeskrywings lees is dit soos die geskiedenis van Suid Afrika lees. Hierdie reeks is fantasties en ek kannie wag vir die uitstaande skatte se publikasies nie. Ek is ook bitter terleurgesteld dat ek nie die hele reeks sal kan jag nie en ook dat ek die PE en Kaap [Darling] skatte gemis het - ek was 1 week te vroeg daar! :)

 

:blink::D:):(

Edited by cincol

Share this post


Link to post

Ek het met PAM van Boksburg Historical Society gesels en WOW!, ken sy geskiedenis. Sy het ook baie fotos daar gehad en boeke oor Suid Afrika se geskiendenis.

Sy het ook gese daar is iewers op / naby die R21 'n blokhuis, wat sy nog wil vind!

 

In ieder geval, sy het vir my 'n mooi leidraad gegee, om a tonteldoos te gaan bere, en ons is van plan om die plek Sondag met 'n piekniek mandjie te gaan besoek.

 

(WOW soos ek tik maak highlight Firefox al my spelfoute in Afrikaans).

 

Dus my tonteldoos gaan bietjie laat geplant word, maar sal wel op 'n baie interessante plek wees (as ek dit reg kry om daar te plant).

 

Cheers

Anton

Share this post


Link to post

Tonteldoos VII - Paul Kruger - te Pretoria is geplaas en aktief. Hoop dat julle die hele geskiedenis sal lees om die leidraad te help ontrafel.

 

Vir ons as familie die lekkerste Geocache wat ons nog geplaas het.

 

Wil ook net baie dankie se aan Johnny en Flip vir hulle hulp! :angry:

 

Geniet!

Share this post


Link to post

Dankie LeonW ons het dit geniet met n FTF :rolleyes::wub:

 

WOW wat n uitstekende tonteldoos..... dit lyk of almal n baie hoe gehalte handhaaf met die tonteldoos reeks

:):D

Share this post


Link to post

My one is still in the pipeline... I am having to move house and been very busy at work with some 7-8000 kilos traveled in the last month. I know that the deadline was today for the cache to be dropped but I have been under a lot of pressure to even think of caching lately. But seeing that this area is not often visited I am sure no-one will mind it been a little late... Gives people time to plan their trip down/up this area. My apologies. The cache will be placed soon.

Share this post


Link to post

My cache is also in progress. A lot of dates must still be searched for. My cache should not halt the progress in finding them. I have chosen Machadorp and this is close to Tonteldoos so you can find this on your way to this little town even during eastern. We are not going to make it too difficult. Gerhard

Share this post


Link to post

Tonteldoos XIV - Hyslop Creek is gestuur om gepubliseer te word. Die mees oostelike TD. Daar was nie baie aksie in die laeveld tydens die ABO nie en ek moes redelik kopkrap en navorsing doen. Al die ander bekende ABO plekke was al geneem. En ek kon nie genoeg ou goeters kry om daarin te plaas nie en het toe maar speelgoed van my kinderjare, wat my na aan die hart gelê het, daarin geplaas.

Share this post


Link to post

Sjoe! (Eintlik wil ek "bliksem!" maar dit klink dalk kras)

 

Nou deur al die gepubliseerde Toneldose gegaan en ek weet nie met sekerheid waaroor ek die beste voel nie - om 'n Geocacher of 'n boertjie te wees. Al die kante toe, dit is vir my VERSKRIKLIK mooi om die TD reeks te sien.

 

Baie geluk julle ouens. As al daardie mensies wie deur julle skatte tot herinnering geroep word vandag kon praat sou julle sekerlik tot helde verklaar word. Wel gedaan.

 

Die paar TD's wat nog kom, ons sien uit daarna.

 

Die Keepers "event" van Saterdag was baie aangenaam en vir my was die hoogtepunt om mede TD eienaars te kon ontmoet. Peter, Grant, Eric en Cindy, Quintus en TeamGinger. Dit was 'n voorreg! Dankie.

 

In die gesels oor Tonteldoos het daar nog 'n puik gedagte die lig gesien. Daar is besluit om voort te gaan met die Tonteldoos-reeks. M.a.w., skatte wat in die toekoms by plekke van dieselfde tema weggesit word kan ook "Tonteldoos" heet. Die TD I - XVIII sal egter die enigste TD's wees waar 'n leidraad vir die Groot Skat gevind sal kan word.

 

cincol en geo, dankie vir daardie "search" advies. Ek het gaan soek met "tonteldoos" en almal het baie mooi in 'n lys vertoon. Geo, sal jy net jou TD naam verander sodat die nr wys?

 

Nogmaals baie geluk aan al die TD eienaars. As Visarend dink dat dit reg sal wees wil ek graag die media hieroor inlig en probeer om 'n beriggie in van die koerante te kry.

 

Dankie Grounspeak Inc en Geocaching.com vir die middel tot hierdie grootse poging.

Edited by Tusk O'2

Share this post


Link to post

Tonteldoos VI - Jacobs Konsentrasiekamp het die 29'ste die lig gesien... en is al klaar 4 keer gevind!

 

Sien baie uit daarna om die ander tontels te gaan soek.

 

Tot later,

 

Groente vani C. Willem aka Ysbeer

Share this post


Link to post

My cache is ready for Sunday. Hope someone will enjoy the story.

For interest sake – stats about the tonteldoos series. Redglobe is at present #1 with 4 names already in the bag. At present 26 cachers are searching for the caches. Two cachers experienced a DNF. Gerhard

 

Format is excluding cache owner and is as (Find/Not Find)

RedGlobe (3/0)

Arwen_SA (3/0)

cincol (2/0)

Nish4 (2/0)

Strider_SA (2/0)

keithlan (2/1)

cslyoda (2/0)

DiePienaars (2/0)

Antron (2/0)

Brahman (2/0)

Donderbos (1/0)

GreenJaM (1/0)

kettie (1/0)

Team Ginger (1/0)

Een Bez (1/0)

gerhardoosMPsa (1/0)

mdsmith (1/0)

RobSA (1/0)

hughrc (1/0)

Blackjack Bailey (1/0)

dionleroux (1/0)

Noddy (1/0)

Kwenda Tafuta (1/0)

Zantus (1/0)

ravenmeistre (1/0)

Trackinfind (0/1)

Global average difficulty for those 13 caches is 2.04 and average terrain is 1.58

26 geocachers listed.

Report generated Tue Jun 03 23:43:23 2008 using OpusWare GPXCREF V1.20 by OpusTerra.

Edited by gerhardoosMPsa

Share this post


Link to post

My cache is ready for Sunday. Hope someone will enjoy the story.

For interest sake – stats about the tonteldoos series. Redglobe is at present #1 with 4 names already in the bag. At present 26 cachers are searching for the caches. Two cachers experienced a DNF. Gerhard

 

Format is excluding cache owner and is as (Find/Not Find)

RedGlobe (3/0)

Arwen_SA (3/0)

cincol (2/0)

Nish4 (2/0)

Strider_SA (2/0)

keithlan (2/1)

cslyoda (2/0)

DiePienaars (2/0)

Antron (2/0)

Brahman (2/0)

Donderbos (1/0)

GreenJaM (1/0)

kettie (1/0)

Team Ginger (1/0)

Een Bez (1/0)

gerhardoosMPsa (1/0)

mdsmith (1/0)

RobSA (1/0)

hughrc (1/0)

Blackjack Bailey (1/0)

dionleroux (1/0)

Noddy (1/0)

Kwenda Tafuta (1/0)

Zantus (1/0)

ravenmeistre (1/0)

Trackinfind (0/1)

Global average difficulty for those 13 caches is 2.04 and average terrain is 1.58

26 geocachers listed.

Report generated Tue Jun 03 23:43:23 2008 using OpusWare GPXCREF V1.20 by OpusTerra.

 

Dankie Gerhard. Lyk goed.

Share this post


Link to post

I see 14 of the 18 listed allready. So only 4 outstanding. . .

Before I dare start traveling, I will wait for the last 4 <_<

 

Who will be the first to have all 18 found . . . B)

Share this post


Link to post

If you do a search on the keyword Tonteldoos, the query will return 14 caches. If you look at these listings you will note that only 13 are forming part of the series. You still need to wait for 5 more and not 4.

Gerhard

Share this post


Link to post

If you do a search on the keyword Tonteldoos, the query will return 14 caches. If you look at these listings you will note that only 13 are forming part of the series. You still need to wait for 5 more and not 4.

Gerhard

 

Daar het net 14 TD-eienaars hul besonderhede aan my ge-epos, so dit wil vir my wees dat daar net 15 TD's gaan wees. Dit sal teen die einde van Junie vasgemaak word. Die TD's wat op 30 Junie nognie weggesit is nie, sal die Nr status verloor. Dit kan dan selgs as gewone Tonteldoos weggesteek word, maar sal nie deel uitmaak van die Groot Skat reeks wat gedurende die paasnaweek 2009 in die Tonteldoos distrik afspeel nie.

 

Wat dink julle ander Eienaars? Ons is nou 'n lekker groot span, help asseblief bestuur.

 

Team Ginger, ek het mos gesien hoe goed jy kan plan! Help jong.

 

Dankie vir die gewone TD daar naby Tonteldoos. Was dit dalk 'n Dessert Deuller wat dit gaan wegsit het?

Share this post


Link to post

Guys, I think the people who committed to the allocated TD's should place and list their TD before or on a specific extended listed date which should be the absolute final date!

 

Jammer ... vergeet ons praat hier Afrikaans vir 'n slag! Die rede vir my stelling is dat die nie-plasing gevolge het vir die res wat geplaas het en vir potensiele soekers:

  1. Dit is verwarrend as ons verwys na 18 en daar is net 14/15
  2. Die TD eienaars moet hul aanlyn publikasies aanpas
  3. Die TD eienaars moet hul insetsels/beskrywings in die geplaasde TD aanpas

Groetnis! :blink::P:D

Edited by Cape_Guy

Share this post


Link to post

Ek het my tonteldoos geplaas maar dit was groot moeilikheid gewees. Ons het 'n groot doos voorberei met ons dinge. Dit sou op privaat grond gewees het en ons het toestemming gehad van die eienaar.

 

Vroeg van more toe maak ons 'n draai by hom. Hy het aansoek gedoen om 'n stuk van die grond te ontwikkel. Hulle het hom Vrydag laat weet dat daar geen aktiwiteit mag wees nie en sy planne is tot niet. Nou is hy bang dat dit geocaching ook insluit en hy het geweier om die skatkis te plaas. Die woord aktiwiteit maak hom bang en hy wil nie moeilikheid maak nie.

 

Ons moes toe 'n plek soek. Dit was 'n gemors. Ons het selfs die oorde genader. ons het selfs die stasie probeer. Maar daar wil jy nie wees nie. Gaan kyk maar self hoekom. Ons het elke uitgang probeer maar niks was veilig nie.

 

Ek moes toe die skatkis begrawe op 'n ander plek met niks van my goedjies nie. Ons moes van helse groot tot klein gaan.

 

Jammer vir die een maar ek het lang ure gesoek na 'n plek. Die eienaar het aangebied om dit op sy grond te plaas waar sy besigheid is maar dit wil ek nie doen nie. Ek het toe 'n plek gekry wat saam gaan met die Boere Oorlog tydperk maar ek is nie mal oor my eie cache nie. Miskien moet ek kyk of daar nie 'n ander plek is nie.

 

Ek sit nou met boere dinge wat ek nie kan plaas nie - iewers moet daar 'n plek wees wat 'n groot een kan vat.

 

Gerhard

Share this post


Link to post

Gerhard ... Jammer om te hoor ... Probeer 'n "Mystery or puzzle cache" dan het jy tot 2 myl (omtrent 3km?) om jou cache van die plek te plaas ...

 

Dis wat ek gedoen het aangesien daar niks wegsteekplek is waar die monument is nie ...

 

Hoop jy kom reg! :blink:

Edited by Cape_Guy

Share this post


Link to post

Ek het verwag om ons "reviewer" te vang slaap. :blink: Maar hy is te skerp om gevang te word.

 

My tonteldoos is op die web. Jammer vir die lang storie, dit lyk nie so nie maar hy is baie korter gemaak. Die enigste nadeel is dat jy dit moet lees om die doos te kry.

 

Wazat, jy gaan nou slae kry met olifant tande, jy is nou alleen en hullle wag vir jou. Daar naby jou in Newcastle is 'n goeie plek, maar moenie vrae waar dit is nie. Toe ek jou caches gesoek het het ek dit gesien. Daar is grafte langs die pad van die Britte. Iewers langs 'n grond pad. Hulle het daar op die kop slae gekry. Ek kan onthou dat ek Amajuba gesien het vanaf die kop. Iewers het ek fotos - miskien as jy die fotos sien sal jy weet waaroor ek roggel. Moet ek vir jou aanstuur? Ek sal help soek na afrikaanse veldslae of iets van die Afrikaner daar naby jou. As ek iets kry sal ek aanstuur.

 

gerhard

Share this post


Link to post

Wazat, jy gaan nou slae kry met olifant tande, jy is nou alleen en hullle wag vir jou. Daar naby jou in Newcastle is 'n goeie plek, maar moenie vrae waar dit is nie. Toe ek jou caches gesoek het het ek dit gesien. Daar is grafte langs die pad van die Britte. Iewers langs 'n grond pad. Hulle het daar op die kop slae gekry. Ek kan onthou dat ek Amajuba gesien het vanaf die kop. Iewers het ek fotos - miskien as jy die fotos sien sal jy weet waaroor ek roggel. Moet ek vir jou aanstuur? Ek sal help soek na afrikaanse veldslae of iets van die Afrikaner daar naby jou. As ek iets kry sal ek aanstuur.

 

gerhard

Dankie Gerhard, Ek ken die plek maar dit is nie die een wat ek in gedagte gehad het vir die tonteldoo. Ek het eintlik iewers wat lyk my gaan pas by die einde van die storie of is dit die begin.... Ek is deurmekaar.Ek gaan deur 'n moelike deel in my lewe op die oomblik en vind tyd vir die skat baie skaars. Ek het die cache wat op daai selfde grond pad is nou gister besoek om 'n TB te los. Dit is my eerste cache besoek in 'n paar weeke. Ek het onlangs my plek verkoop en het na 'n nuwe plek net buite Newcastle in getrek en my lewe is heeltemal deurmekaar op die oomblik. So al het ek nie van die reeks vergeet hy is net op "hold" op die oomblik. Gaan seker na die lang naaweek op hom werk en begin die idiale plek kry om hom weg te steek. Die ander plek kan ook dalk 'n nuwe gewone cache kry, hy is op my lys van wegsteek plekke. Dankie....

Share this post


Link to post

Dankie Wazat,

Nee wat die manne sal mos verstaan. Daar is nog darem amper 'n jaar oor vir die soek. Ek is bly jy het hom al in die oog. Saam met jou sal dit darem 15 uitmaak.

 

Ons gaan so 2 weke van nou af so 'n draai maak daar in die Kaap. Ons wil nog kyk of ons nie daar so 'n wilde draai kan maak by jou caches nie. Daar is juis een wat al moeg gewag is. Ons hou hom dop vir 'n tyd al en hy is min of meer in ons rigting.

 

Sterkte en ek hoop al die dinge kom reg. Daar is net goeie hoop as dinge dol gaan, dan is dit naby aan die goeie dinge weer.

 

Ons moet een of ander tyd 'n paar gaan uithaal daar in die berge. Daar is nou meer as te vore.

 

gerhard

Share this post


Link to post

Wel my TD het my 'n maand gevat ... Die navorsing, eienaar ontmoet, waypoints, ens, ens ... so ja die goed kan tyd vat as jy dit behoorlik wil doen ...

 

Gerhard die Kapenaars lyk vir my maar stadig op die Tonteldose ... Myne le nou al 'n week sonder 'n FTF! Dis net 42km van Melkbos af en ek skat 70km uit die stad ... sooo ... nog 2 weke en dalk is jy gelukkig met 'n FTF op Darling!

 

Goeie week vir almal! :wub:

Edited by Cape_Guy

Share this post


Link to post

 

Dankie vir die gewone TD daar naby Tonteldoos. Was dit dalk 'n Dessert Deuller wat dit gaan wegsit het?

 

Ja-nee, jy het reg geraai Ollitande. Alhoewel dit 'n "span poging" was deur lede van Desret Duellers, dit was Strider_SA wie die skat geplaas het. Hy ry gereeld Burgersfort toe en het besluit daar is geen skatte op daardie pad nie en die ligging gepas was.

 

Groetnis uit Qatar

Share this post


Link to post

Oeps! Sien ek nou eers ek maak ons die "poerieng" span. Skies ouens! Dis eintlik die Woestyn Tweegevegmakers? Sien darem ou cincol is veilig terug tussen die duine. Sterkte en lekker werk, jou Dakar-vlaggie is binne-in TD IX.

 

Wat van 'n klein TD event by Cathedral Peak? Dan vat ons 'n pik en graaf saam om vir Wazat te help begrawe en kyk sneeu in dieselfde tyd. Ek sal graag my GP by Mike's Pass wil ophelp.

 

Groetnis

To2

 

ns, wie ken daardie gedig: " ... hoe koud is die windjie en skraal, en bleek in die doflig en kaal ..."

Share this post


Link to post

Ja,

Daardie een in die Kaap hou ons dop met 'n houtoog en 'n plank bril. Ons is op pad en die kapenaars moet wikkel om daardie een te kry. Dit gaan nie goed lyk as ons daar eerste aankom van die anderkant van die land nie. Miskien sal hulle nou skrik as hulle sien dat MP bo op hulle is. Gelukkig is ons nie kakies nie want dan was hulle in die gemors.

 

Oor twee weke is ons daar. Ek hoop julle skatkiste is in orde daar in die Kaap - ek gaan julle almal bel as ek sukkel en as hulle nie daar is nie. Gaan die manne op hulle tone hou vir twee weke lank. Na die 2 weke sal al die instandhouding op hulle skatkiste op datum wees. Ons beplan om optimisties te wees - ons gaan so 'n 100 van hulle jaag in die 14 dae.

 

Ek stem vir Cathedral Peak - daar is 'n paar skatkiste was nou begin roes daar teen die berge. Miskien kan dit sommer 'n fiksheidstoets en taaiheid toets teen koue ook wees. Niks lekker om hard te soek en dan 'n vleisie skrik te maak met 'n bier in die hand nie. Ons moet hierdie finale leidraad bespreek en wat die finale skat gaan doen en wees.

 

Ek en die vrou het lank gedink oor hierdie skatkiste. Ek voel dat daar mense gaan wees wat van ver gaan kom. Die vraag was "Wat gebeur as die skatkis geplunder is en hy is nie daar nie". Moet hulle nou weer die plek kom besoek en wat as hulle van die Kaap afgekom het - moet hulle nou weer 1500 km kom om dit te kry? Ons het maar besluit om 'n ontsnap roete in ons een in te bou. As ons skatkis weg is en 'n persoon kom daar aan dan kan hy ons 'n e pos stuur met die geskrewe op die monument of 'n foto van homself by die monument as bewys en ons sal hom die leidraad gee. Is daar enige besware teen hierdie optrede?

 

Baie dankie.

Gerhard

Share this post


Link to post

Wat dink julle ander Eienaars? Ons is nou 'n lekker groot span, help asseblief bestuur.

 

Team Ginger, ek het mos gesien hoe goed jy kan plan! Help jong.

 

Hehehehe - dankie Ollietanne, maar ons was ook 'n begeesterde span van 4 wat daai event saam gedoen het.

 

Ek het nogal oor die naweek gedink ons moet dit oorweeg om 'n event te publiseer wat moet plaasvind daar op Tonteldoos tydens die brandewynfees. Dit kan net lekker raak.. dan kan ons lekker kuier en stories deel oor die skattejagtery vir die 18 tonteldose.

 

Wat dink die ander ouens? Ons kan dan op so 'n manier 'n paar meer ouens kry om die 18 te begin soek, dat hulle nou nie agter sal bly wanneer ons die groot finale een soek in daai selle tyd nie.

 

Ek sal met liefde saamgaan om 'n plekkie te soek vir daai finale doos..... laat maar weet wanneer :wub:

 

:wub:

Edited by Team Ginger

Share this post


Link to post

Gerhard,

 

As jy die pad van Melkbos na Darling neem (R307 tussen N7 en R27) kan jy 6 caches optel ...

 

1.) 'n Multi oppad na Atlantis

2.) Twee by Mamre

3.) 1 by Evita se perron

4.) TD 15

5.) Wind Farm II

 

GCVNRA - TF4 Oranjefontein, tussen Mamre en Darling, blyk weg te wees ...

 

Dan le daar nog omtrent 9 in die Yzerfontein omgewing ... As jy vroeg begin kan jy almal op een dag doen. Ek het met die Yzerfontein Caches 07H00 die oggend begin en was 11H00 met al 9 klaar!!

 

Groetnis! :wub:

Edited by Cape_Guy

Share this post


Link to post

Ons het die TB wat ons van Geocacher_co_za gekry het ‘n “Groot Trek” TB gemaak. (TB18X1C) Dit is ‘n lepel met ‘n ossewa op met Groot Trek boaan geskryf.

Ons hoop hy kan al die Tonteldose besoek. Indien julle hom tekom help hom aan aangesien dit goed sal lyk as Tonteldoos eienaars hom beweeg.

Share this post


Link to post

Some tonteldoos stats. (14 in total are planted)

 

Two cachers are in progress with their caches.

Two cachers and locations are unknown.

 

Containers.

Micro – 1

Small – 4

Large – 1

Regular – 8

 

Cache Types

Multi – 5

Traditional – 6

Puzzle - 3

 

Locations:

Eastern Cape – 1

Free State – 2

Gauteng – 3

Kwazulu Natal – 2

Mpumalanga – 2

North West – 3

Western Cape – 1

In the pipeline are another one somewhere in Gauteng and one in Kwazulu Natal

 

Success rate

A total of 58 finds were recorded (including owner).

Two DNF’s were recorded.

One tonteldoos is temporarily unavailable.

 

Cache finds:

Tonteldoos 8 Vredesboom generated 14 finds.

Tonteldoos 3 – Young Paul generated 9 finds.

Tonteldoos 4 – Louwtjie Leeus generated 6 finds.

 

Cache Clues:

RedGlobe have 6 clues (43% of the available clues)

TeamGinger, Cincol, DiePienaars, Nish4, Strider_Sa, have 3 clues. (21% of the available clues)

42 Cachers have 1 or more clues.

 

There are two cachers that still owe us tonteldose. Could the two cachers please confirm with me their names and the probable locations of the hides via e-mail to the other members of this series as well? Two cachers did contact me and I know their possible locations, but two is still unconfirmed. If they do not come forward then Tusk will have to do correction on them or two new cachers must replace them.

 

I noticed that only two are available down south – one is Western Cape and one in Eastern Cape. We are busy with our planning for our trip south and we have only two tonteldoos caches on the 8000 km trip. I will cry if I travelled 8000 km just to see another cache or 2 planted in the Cape Province area on arrival back home. We will start moving down to Gariep on the 22 June.

 

I will have limited access to the Internet during this period and I would appreciate a phone call from the other tonteldoos owners if a cache is planted somewhere in the Cape. Or else I will miss them. I did circulate my cell phone number to the members and I would appreciate a call. Is there anyone that will volunteer for “an eye on the new tonteldoos listings”?

 

Yes, by word of warning – many cache owners are going to be worried. I will move TB’s and coins around all over but I will only log them in 3 weeks from now. They are not stolen or lost – I just could not log them. If I remove a TB or coin I will record it in the logbook. For example we are planning to move the one from Cape_Guy to AmmaSoekSoek in Port Elizabeth. Do not panic if it is not there. :laughing:

 

If there are any cachers down in Cape Town that is interested in helping us when we get stuck I will appreciate it if they could drop me an e-mail. I would have loved to do the ones that were never found in the mountains but backup and knowledge of the area is limited. Maybe some cachers can meet me somewhere and we can find them as a group. Drop me an e-mail if someone wants to climb mountains.

 

Gerhard

Edited by gerhardoosMPsa

Share this post


Link to post

I don't want to break anyones hearts but there is a nice little one comming soon. And I think a lot of people will swear at me for this one... I have a lot of planning to do on it so it will only get published later in the week. It will be a little bit of a multistage cache and will require some level of fitness. My kids helped me place it and they managed fine to get to the spot. So get ready for Tonteldoos X.....

Share this post


Link to post

Do I detect something SNEAKY happening in them thar Northern Natal[sorry - KZN] hills perhaps? :D What do you think Wazat has in mind with that cache? I don't believe a word he says about his kids. Beware of what lurks inthe hills!! :blink:

Share this post


Link to post

How is everyone enjoying the Tonteldoos (TD) series?

 

I've enjoyed the one I've done and enjoy reading the logs.

 

A wonderful idea for SA.

Share this post


Link to post

We welcome Tonteldoos II that was listed today and the series is now nearly complete :rolleyes: .

 

The Tonteldoos series have seen some very good replies on the listings and is highly rated – well done SA.

:sunsure::rolleyes:

Share this post


Link to post

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.
Note: Your post will require moderator approval before it will be visible.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Loading...
Sign in to follow this  
Followers 11

×
×
  • Create New...