Jump to content

Tonteldoos


Tusk O'2

Recommended Posts

Nog vier dae oor, dan begin die 2008/9 Tonteldoosreeks en kan julle na hartelus begin soek ...

 

Cape Guy, jy is reg, ons wag net vir die insetsel in Engels. Ons vertaler se "bandwith" het 'n bietjie min geraak :-0

 

Danmhuis, stuur my net jou e-pos adres asseblief. So ook die ander TD-eienaars wat nognie leidrade ontvang het nie.

 

Groetnis

Link to comment

:D "Don't worry, be happy" :)

 

Julle hoef nie te jaag om julle skatte te bêre nie. Ons het oorspronklik gesê 31 Mai 2008 sal die afsnydatum wees vir berging en publisering. In ander woorde almal het 'n volle maand om hul skatte te bêre en sodoende is daar nie groot druk op Fish Eagle om alles op die selfde dag te publiseer nie. Dus, vat jou tyd om jou plek uit te soek en jou navorsing te doen geocacher_coza - daan is geen haas nie. :)

 

I wonder who will be the first to have their cache published? :) Any bets on this one? I am willing to stick my neck out and say it will be between Tusk O'2 and either Ama-Soek-Soek or ravenmeistre. Perhaps Tusk O'2 will win the race on this one. Who will be the FTF on ANY of the Tonteldoos Series caches? No prizes for guessing this one but I am winning a wager on RedGlobe, provided the first cache is in the Gauteng region!! :huh:

 

Die 1ste Mei is net om die draai en die idee van Ollietande van 'n paar maande terug gaan 'n realiteit word. Mooi so Ollietande! Ek wonder net wat die volgende idee gaan wees wat spruit uit hierdie reeks? Ek is seker iemand sal na voere kom met 'n ander blink idee vie 'n skattereeks. Dit is mos waaroor dit gaan - innovering en oorspronklikheid.

Link to comment

Hierdie ding wat die amerikaaners uitgedink het is nogal slim! :huh:

Ek praat nou van die internet blikbrein ding! :D

Ek is mos nou op soek na 'n lekker ou le plekkie vir my ou toteldosie toe moet ek mos uitvind deur die blikbrein ek is mos heeltemal op die verkeerde spoor.

Ek soek mos vir so bietjie inligting oor Viljoensdrift. Dog toe ek moet hier naby my soek in Vereeniging. My kop staan toe heltemal in die verkeerde rigting en dink. Ons nuew Vereenigingers ken mos net Viljoensdrift as die ou plekkie daarnaby die perde renbaan. Toe vertel die blikbrein my mos daar is twee Viljoensdrifte! 'n nuwe een en 'n ou een!

 

On the morning of May 24th, General French attempted to cross the Vaal River at a drift near Parys, the attempt failed and he decided to look for a more suitable place. At 4pm that day, the 1st cavalry brigade crossed the Vaal River north of Parys at the so called Old Viljoensdrift, at the junction of the Kromelmboogspruit and the Vaal River.

 

Die ingilse het by die ou een die Vaal rivier oorgesteek en nie by die nuwe een nie. Ek kry toe sommer die presiese koordinate vanwaar die "Old Viljoensdrift" is.

Ekke dink my tonteldosie sal maar daar erens 'n "begraaf" plekkie kry! ek sien daar is nou 'n mooi Cheetah plaas daar. ek sal maar die eienaars kontak en hoor hoe maak ons nou.

Link to comment

Tonteldoos leidrade uitgereik:

 

TD I

TDII

TD III

TD VI

TD VIII

TD IX

TD XII

TD XIII

TD XIV

TD XV

TD XVI

TD XVII

TD XVIII

 

Soos cincol tereg vertel, daar is tyd tot 31 Mei 2008 om jou Tonteldoos te gaan wegsit en te registreer.

 

Of TD IX die eerste een gaan wees? Daar is nog bietjie werk cincol :-))

Link to comment

Hallo daar Ivoor mense (of soos ons se hier by die kus - Haai daar! :huh: )

 

Net gewonder oor die naam van die TD caches? Wil julle dit in 'n seker formaat he? soos bv. Tonteldoos VI - Jacobs Konsentrasiekamp. of iets in daardie rigting?

 

Sit by die werk die naweek...

 

Tot later dan,

 

Groente vani C.

 

Willem

Link to comment

Haai daar Ysbeer!! :)

 

Ek dink dis 'n puik idee van jou. Elke een moet buitendien 'n naam hê en elke een moet kan indentifiseer wees met sy eie reeksnommer sodat die jagters weet watter nommers gejag moet word. Ek gaan myne sommer Tonteldoos XIII - Boekenhoutfontein noem. Daarmee sal elke jagter weet waarna toe hy/sy oppad is ook.

 

Yes, I think it is a great idea to give the cache a name after the series number. The "Bear from the Cold" has an excellent idea. :D I am looking froward to reading all the descriptions that will be going with each cache in teh series as well. I am sure that just by reading them one will get an excellent history lesson about places that perhaps we have never heard about. Rooiwal is one that I am looking forward to with anticipation, as well as the Eastern cape caches as that part of the country is not always connected to the ABW or the Afrikaner history due to its heritage with the 1820 Settlers and the Xhosa Wars. :)

 

Kannie meer wag om te lees wat almal gaan skryf nie. :huh:

Edited by cincol
Link to comment
Sit by die werk die naweek...

Werk ook die naweek. Sit in die middel van die see

Posisie S4 40.657 E080 9.873

Sien niks land nie :huh:

 

So het elkeen maar sy storie - sal nie omgee om nou diep ini groot C te wees nie! Daar sal die kliente my nie die heeltyd op die Selfoon kan pla nie... :D

Link to comment

Hi julle klomp

 

Ek moet sê, dit was 'n wille naweek. Ek het my Tonteldoos in Krugersdorp (dis nou die wesrand een) geplant Saterdag - baie opgewonde... so julle moet nie nommer XII uit die prentjie verloor vir daai publiseer-"kompetisie" nie :)

 

Ek was Sondag in 'n gewapende roof toe ek en ander skattejagters gaan skatte plant het (nie tonteldoos-verwant nie) - en my GPS en kamera en alles aan ons (handsak, selfone en juwele) was gevat - is nou effe geskud en sal dalk vir 'n ruk nie in die veld gaan rondloop nie - maar ek het 'n ander skattejag-vriend gevra om my te help om die koordinate met sy GPS te gaan heropneem waar Tondeldoos XII is, so ek is gereed vir publisering (met een minder multi-punt wat in die veld is).

 

Groete

Gemmerkatjie

Edited by Team Ginger
Link to comment
Ek was Sondag in 'n gewapende roof toe ek en ander skattejagters gaan skatte plant het (nie tonteldoos-verwant nie) - en my GPS en kamera en alles aan ons (handsak, selfone en juwele) was gevat

 

Jammer om te hoor! Gelukkig klink dit of niemand beseer was nie ... DIS ERG DAT ONS VRYHEID SO BEPERK WORD!!

Edited by Cape_Guy
Link to comment

Mense, mense - ons word so rustig wanneer ons in the buite lug is besig om ons heerlike sport te beoefen dat ons maklik van die alledaagse gevare van die lewe vergeet en minder op ons hoede is. Dit is tagies dat sulke dinge gebeur, maar dis een van die feite van die hedendaagse lewe in Suid Afrika. :) Ongelukkig! Team Ginger, kry vir jou 'n m@erse Rottweiller wat lief is vir skattejag en neem hom saam.

 

This is not good news at all. Isn't it terrible when we all react with "pleased to see you are OK" or equivalent remarks. It should NEVER have happen in the first place! :) Be that what it may, perhaps you should put out a general warning of the location so that people are aware of the dangers lurking in that particular area.

Link to comment

Going a bit off topic here ... Cincol I agree ... My GPS gives me a "HIGH CRIMINAL ACTIVITY" alert from the road safety database when I drive ...

 

Cache owners should place warnings where possible and these activities are known to occur from time to time ...

 

Maybe we should start a thread for "DANGER AREAS TO CACHE" ...

 

:):)

Edited by Cape_Guy
Link to comment

Die probleem Cape Guy - is dat baie caches in gewilde areas is, en jy kan deel wees van n rooftog buite jou huis, net so makilk soos in die veld of n naby parkie.

 

Dis n uiterse slegte deel van Suid Afika op die oomblik. Ek het dit nou onlangs in Kampala, Uganda opgeneem. Daar loop ek, en twee kollegas (n man en n vrou), vrylik in die Strate van Kampal rond, na tienuur in die aand. En ek praat nie in n winkelsenturm nie - die equvalent van Randburg, or Alberton rond. Geen gevaar, geen worries nie! Hoekom in SA - in die middle van die dag moet ons worry?

 

Self in n area wat net 2 jaar terug n oorlogsone was (Kitgum) in noordelike Uganda, het ons sonder elektriesiteit in die strate rondgeloop in die aand om te gaan eet - met geen gevoel van gevaar. So as die res van Afrika dit reg kan kry, ons moet die Nie aanvaar nie!

 

SA MOET verander!

Link to comment

Dankie Wazat, dankie cincol, dankie aan al 18 TD eienaars!!

 

Ons beweeg in die finale deel van wegspring.

 

Die inleiding vir die TD reeks is hier geplaas:

http://forums.Groundspeak.com/GC/index.php?showtopic=192399

 

Dit is bietjie lywig en ek hoop daar is genoeg plek op die bladsye vir die registrasie....

 

Na die Inleiding kan elke TD eienaar sy/har eie deeltjie bysit en ook die leidrade verskaf na die onderskeie TD's.

 

Amper skreeu ek nou "viva TD" toe bedink ek myself ... "Drie hoera's vir die TD reeks!!!"

Link to comment

Net n onnosel vraag aan die TD beheerliggaam………

 

Verwag julle ek moet die inleiding soos uiteengesit is, op my “listing” van my cache plaas of print en binne die cache plaas?

 

Indien ek die inleiding op my “listing” plaas gaan ek nog ook die geskiedenis van die “site” ook moet bysit om die cachers wat my TD besoek ook moet vertel van die geskiedenis wat daar plaasgevind het…dit gaan my “listing baaaaaie lank maak en glo my niemand gaan dan die geskiedenis lees wat ek hom wou vertel het oor wat op daardie plek gebeur het nie??????

Link to comment

RedGlobe ...

 

Ek gaan net die volgende op die "listing" publiseer met my "Puzzle" en geskiedenis onderaan. In die cache gaan ek spesifiek die generiese inleiding plaas in Engels en Afrikaans asook die geskiedenis m.b.t. die area ...

 

-------------------------------------------------------------

 

This is no 15 in the "Tonteldoos" series and contains one of the 18 clues to the final cache in the series to be placed in 2009.

 

There are 18 Tonteldoos Caches all over South Africa and in every one you will find a clue in the sense of the name of a well known Afrikaner/Boer. These clues are to be gathered and during the Easter weekend of 2009, in the small town Tonteldoos, Mpumalanga, South Africa, every person who writes in as participant, will receive a code deciphering the clues. The code will give the coordinates of the Great Cache, which will be hidden in the vicinity of Tonteldoos.

 

----------------------------------------------------

 

Werk aan jul dose ... tyd raak min!! hehe :lol:;)

Edited by Cape_Guy
Link to comment

Mooi so Ollietande! Ons het vandag "Tonteldoos III - Young Paul" aan die gang gekry. [GC1ANHR] :) So, dit eerste leidraad is al daar buite in die Noordwes! Tonteldoos XIII sal in die loop van die week lewe kry so 'n paar kilometers NW van hierdie skat.

 

Sterkte aan al die ander eienaars en geniet die berging van julle skatte. Ek sien uit daarna om daarvan te lees en die vordering van die ontdekkers te volg.

 

Lekker naweek almal.

 

cincol

Edited by cincol
Link to comment

Ouens, ek sukkel. Die ander tand van die olifant spook dat TD IX makliker moet wees en ek skop vas - dit MOET moeilik wees. So ja, TD IX is klaar. Al die leidrade, die koordinate, die roete...alles. Nog net gaan wegsit. Maar die twee tande stry nog ... oor die moeilikheidsgraad.

 

Iets anders. Ek het vir Andre van Tonteldoos laat weet dat die TD reeks nou afskop. Hier is my pos aan hom en sy antwoord. Ek kry die gevoel dat daardie paasnaweek van 2009 dalk in 'n lekker kuiernaweek van sktjagters kan ontaard?

 

Gee maar julle opinies. Wazat of cincol, ter wille van oorlewing, wil en van julle nie bietjie vertaal nie seblief?

 

 

Andre,

 

Die Tonteldoosreeks skop Donderdag af. Die finale "Groot Skat" gaan iewers in Tonteldoos se omgewing wees. Ekself en ons SA verteenwoordiger sal op 'n stadium daar kom kuier om die skat te begrawe.

 

Daar gaan 18 tonteldose regoor SA wees en in elkeen 'n leidraad waarvan die kode gedurende paasnaweek 2009 te Tonteldoos uitgegee sal word.

Hoeveel deelnemers daar gaan wees is moeilik om te bepaal maar soos die tyd aanstap sal ons gou-gou sien hoeveel spelers die TD's opsoek - dit behoort 'n goeie aanduiding te kan gee.

 

Ons sal natuurlik moet reel vir 'n plekkie daar by julle waar die skatjagters kan registreer en van die kode voorsien word. (2009)

 

Hier is die skakel van die algemene beskrywing wat by elke TD aangeheg word: http://forums.Groundspeak.com/GC/index.php?showtopic=192399

 

Soos die tyd naderkom sal ons verseker meer gesels.

 

Groetnis

Sakkie

 

 

Hallo Sakkie

 

Hoop dit gaan goed. Dankie vir jou epos.

 

Die komitee van die Tonteldoos Kontreifees het afgelope Saterdag met geesdrif kennis geneem van jul skattejag en die plan om die fees by die finale rondte te betrek.

 

Die vraag na akkommodasie oor paas- en feesnaweek is gewoonlik belaai en kan ʼn probleem wees. Sodra ons benaderde getalle van jou af kry kan ons ssm bespreek, al is dit in omliggende dorpe, indien jul deelnemers wel wil oorslaap (?).

 

Sien daarna uit om verder saam te werk

 

Groete

André Meyer

 

Cell: 082 565 3402

Fax: 086 519 2468

Email: mwdumey@mweb.co.za

Link to comment

Roughly translated:

 

Andre,

 

The Tonteldoos series will be starting Thursday. The final "Treasure" shall be hidden somewhere in the Tonteldoos area. The SA Reviewer for Geocaching and myself will at some stage travel through to hide the treasure.

 

A total of 18 Tonteldose will be hidden across South Africa, each holding a clue. The clue to solving these will be handed out during the Easter weekend 2009 in Tonteldoos. It is uncertain how many participants there will be but as the time goes on we will soon see how many players there will be that will be looking for the final treasure.

 

Naturally we will need to make provision for the hunters to register and get these codes at the Tonteldoos festival in 2009.

 

The information on the Tonteldoos hunt can be found at the following web address: http://forums.Groundspeak.com/GC/index.php?showtopic=192399

 

As we get closer to the time we can discuss this more in depth.

 

Thank you,

Sakkie

 

 

Halle Sakkie

 

Hope all is well. Thank you for the email.

 

Die komitee van die Tonteldoos Kontreifees het afgelope Saterdag met geesdrif kennis geneem van jul skattejag en die plan om die fees by die finale rondte te betrek.

 

The committee of the Tonteldoos Country Fair were informed of the plans to incorporate the hunt into the fair and welcome it with open arms.

 

Accommodation over the Easter and Fair weekend is usually fully booked and may be a problem. But as we get closer to the time we can possibly discuss availability for the hunters to stay over, even if it has to be in the surrounding area.

 

Looking forward to working together on this.

 

Regards

André Meyer

 

Cell: 082 565 3402

Fax: 086 519 2468

Email: mwdumey@mweb.co.za

Link to comment

Ek lees vanoggend:

 

500yr old treasure ship found:http://www.news24.com/News24/Africa/News/0,,2-11-1447_2315370,00.html

 

Ancient city found under suburb:http://www.news24.com/News24/Technology/News/0,,2-13-1443_2092066,00.html

 

Viking treasures found on farm: http://www.news24.com/News24/World/News/0,...2150269,00.html

 

Boy, grandpa find treasure:http://www.news24.com/News24/Technology/News/0,,2-13-1443_2313539,00.html

 

Is daar 'n kans een van ons skatjagters hier kry Oom Paul se ponde? Of dalk De Wet se miljoene? :)

Link to comment

Heeee haaaa!

 

Mr Fish Eagle! You are one cool dude! I salute you!

 

Baie opgewonde kan ek verklaar dat TD IX op die "map" is. HEELWAT makliker as waarmee daar begin is maar glo my, die FTF sal moet uithaal en wys vir sy prys. Vreeslik jammer vir die ouens wat bietjie te ver is om gou te kom inloer ...

 

GC1BV97

Link to comment

:blink: Dit is baie goed, nee verkeerde woord - dit is uitstekend. Ek het nou net die tonteldoos Vredesboom en Guerilla tactics gelees. Julle het goed gedoen - dit lees lekker en 'n mens voel sommer lus om te ry om die cache te gaan soek. :(

 

Dit is nou lesse wat ek nie van geweet het nie. Ons gaan nou kenners word na hierdie series. Hier kom 'n ding. Miskien kan hierdie nog 'n Mega event word - met 'n fees. Gerhard

Link to comment

Skaars was my woorde koud ....

 

Baie geluk Antron en keithlan! TD IX het 'n FTF!

 

As dinge goedgaan en die spannetjie Geocachers raak warm, sal ek so met die tyd saam 'n ietsie ekstra in TD IX gaan wegsit, so kyk uit vir Blymakers langs die kronkelpad.

 

Ek sit nou hier en verwonder myself, wie was die blyste? Die FTF of ek? Is ek hier om te neem of om te gee?

 

Dit is 'n voorreg om deel te wees van die Wegsteekgroep. Dankie.

 

Baie maklik bou ek nog 'n paar skatte - ek dink ek hou meer daarvan om te gee.

 

Antron, as jy weer kom, kom met jou "metal detector". Hier is regte egte skatte ook (ongelukkig sonder koordinate).

Link to comment

Geluk almal. Ja-nee, dit was net so lekker gewees om die FTF te wees op Tonteldoos VIII Vrydag laas. :o

 

My Tonteldoos XIII was vandag weggesteek op Boekenhoutfontein, maar ongelukkig is daar 'n klein probleempie wat eers uitgestryk moet word voordat ek alles aanstuur na Fish Eagle toe. ;) Hopenlik is alles teen Vrydag reg sodat daar die naweek gejag kan word want TD VIII, TD III en TD XIII is onderskeidelik so 60km en dan 30km uitmekaar uit. 'n Lekker uitstappie Rustenburg se kant toe met omtrent NOG minstens 15 skatte in die nabye omgewing!!

 

Sterkte en lekker soek.

Link to comment

Red Globe - moenie worrie - be happie!!!! Tonteldoos XIII is gepubliseer, maar kan nie die lig van dag sien nie!! :D Hy is DIEP gebere en snoes waar hy le en wag om die FTF te groet.

 

Lekker soek manne - julle sal moet 'n bietjie werk vir hierdie een.

 

cincol

Link to comment

Moenie bekommer nie Ollietanne!!! :) Nommer XII is laaaaankal geplant.... maar met 'n paar faktore wat die proses bietjie laat draal het, het ek nog nie tot publikasie gevorder nie ;-) Nouja, ek het nou weer 'n GPS en als is nou baie naby aan gereed - SO HOU DIE WEBBLAD DOP!!!

 

...en ek wil nou nie hê al die Gautengers moet in een dag al die bereikbare tonteldose gaan vind nie. hehe

 

Groete

Gemmerkatjie

Link to comment
:) Ek het 'n probleem gehad om 'n plek te kry in die Laeveld wat te doen het met die ABO maar het na 'n laaaaaang soektog wel 'n plek gekry. Ek het net 'n probleem met die inhoud want ek het net mooi niks wat oud is nie, behalwe my vrou. hehehehe (koes). Ek wil darem nie gewone ou goetertjies insit nie. My TD sal wel voor die einde vd maand op die lys wees. En dit sal die mees oostelike TD wees. :)
Link to comment

Moenie worry nie!! Tonteldoos XV is oppad! Gesukkel met wegsteekplek en het 2 moontlike plekke in die ongewing. Darling omgewing is plat vaal, sand en kluite!!

 

Behoort oor die naweek geplaas kan word as ek al die lamineerwerk klaar kan kry!!

 

Groetnis! :)

Edited by Cape_Guy
Link to comment
Psssssst! Die res van die dose roer nie? Miskien raak dit tyd om te tontel onder hulle?

 

Ek het my tonteldoos klaar, met sy skatte binne in en al, maar moet nog 'n plek vind hier op die oos rand. Ek sal probeer om dit klaar te he voor die einde van die maand. Sal laat weet hoe dit gaan.

Link to comment

Ek moet jou geluk wens Gemmerkatjie – dit lyk na n briljante Tonteldoos, net jammer ek is aan die ander kant van JHB en dus geen poging van my kant om hom te jaag vir n FTF – wonder wie is al daar besig om hom uit te lig???? My geld is op Nish4

 

hehe

 

Ag, neem 'n verlengde middagete... ek gee toestemming.

Link to comment

Team Ginger, jou TD lyk PUIK!!! Baie mooi!

 

Baie dankie!! Dit het 'n rukkie gevat... maar ek is so opgewonde hieroor! Ek weet nie of ek of die soekers meer genot hieruit gaan put nie!

 

Die FTF-soeker het my nou net gekontak om te hoor of die doos dalk ge-muggle kan wees want hy kry dit nie... so dit was amper 'n DNF... ek stuur hom toe terug lol - hy het dit misgekyk die eerste keer.

 

RedGlobe, jy wen die geld. :)

Edited by Team Ginger
Link to comment

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.
Note: Your post will require moderator approval before it will be visible.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Loading...
×
×
  • Create New...