Jump to content

Tonteldoos


Tusk O'2

Recommended Posts

With the one Tonteldoos cache GC1CK1J “Tonteldoos XVII / Savannah” being archived we need to discuss the way forward with a few options from my side:

1. We update the rest of the series to have only 17 Tonteldoos caches and not 18 as stated in the listings. (This needs a modification on the final cache calculations).

2. We get a new Tonteldoos cache that will replace the old archived cache. :rolleyes:

3. The old cache needs to be re-done to cater for the changes on site with the farm owner move.

 

Just my two cents….please comment and provide idees…

Link to comment

Ek stel voor mens skep 'n nuwe een.

 

...my td cache is op die oomblik disabled... daar is blykbaar 'n heining rondom gz gespan en mens kan nie daar inkom nie. ek het die heining gesien, maar nie gedink dis heeltemal ontoeganklik nie... so ek sal eers een naweek soontoe moet ry om te gaan kyk.

 

ag tog! :-)

Link to comment

Ek was nooit by Sanannah nie maar ken die eienaar van die plek waar die skat was, persoonlik. Nog steeds met die cheetahs doenig.

 

Ongelukkig het cincol toe nooit by my geld gekry vir 'n nuwe gps nie, so ek loop met die suiderkruis...

 

As ons die ou Savannah skuif gaan die "geskiedenis" verlore ....

Link to comment

Tusk - ja - die geskiedenis gan miskien verlore - maar daar in n alternatief:

1) Los nogsteed n link na savannah op die Groot skat en ander TD caches.

2) Stig n nuwe cache (maak nie saak waar nie - maar as daar iemand is wat wil inklim - gee hulle die taak). En dan is daar n nuwe stel geskiedenis wat ons kan bydra tot die series.

Link to comment

I was happy to grab another 2 TD caches in the past week. Unfortunately I got to a third (Balmoral) to be met with a sign saying TRESSPASERS WILL BE SHOT . Not something to risk at 6pm in the evening :(

 

Eow Carbon! Ja boet, you should always check for alternatives .... I know that sighn. It's at Balmorals "back door". You got the gate locked as well? Nobody uses that entrance anymore.

 

Just around the corner you would find the main entrance and that would lead you to serious history. Pity you missed it. Maybe next time around.

 

And oh ja, all the guys there are serious boertjies, what the Tonteldoos series is all about. Think they proved themselves during the Boerwar NOT to be triggerhappy? :(

Link to comment

I was happy to grab another 2 TD caches in the past week. Unfortunately I got to a third (Balmoral) to be met with a sign saying TRESSPASERS WILL BE SHOT . Not something to risk at 6pm in the evening :(

 

Eow Carbon! Ja boet, you should always check for alternatives .... I know that sighn. It's at Balmorals "back door". You got the gate locked as well? Nobody uses that entrance anymore.

 

Just around the corner you would find the main entrance and that would lead you to serious history. Pity you missed it. Maybe next time around.

 

And oh ja, all the guys there are serious boertjies, what the Tonteldoos series is all about. Think they proved themselves during the Boerwar NOT to be triggerhappy? :(

Dit was n bietjie laat om in te gaan. Wil graag die hele museum duerkyk

Link to comment

 

Uit die hemel uit hopelik ... <_<

 

Hallo cincol. Hoe kook die sandput? Sal jy die 2011 Tonteldoos kan bywoon doer by Tonteldoos?

 

Ja, lekker warm hier met kwaai bedomigheid ook!

 

Op hierdie stadium is my planne om enige tyd tussen Maart en Mei in SA te wees. Alles hang af van Arwen_SA se swangerskap en my werkspligtinge wanneer ek my verlof sal neem.

Edited by cincol
Link to comment

Die Gemmerkat maak dose bymekaar asof dit uit die mode gaan. En dit gaan nie want ek kry gereelde bieps van nog 'n Tondeldoos in die sak.

 

Maar my TD is ook nou gesneuwel ......

 

En ek kan niks daaraan doen nie behalwe:

 

Ek sien my "Ducktoll" rol ook die kuiers in. As julle dink dis reg, dan sit ek maar TD X se leidraad sommer in Ducktoll. Dis immers ook deel van die slagveld ....

Link to comment

Globe, dit sal baie gaaf wees! Op dieselfde plek en met dieselfde leidrade ja! Jan en Ina het my laat weet dat die skat geraid is maar dit is eenvoudig te ver vir my om in stand te hou. En cincol het nie tyd nie :-)

 

Kan ek dan aan al die ouens wat reeds Ducktoll gevind het die leidraad voorsien? Sal dit fair wees?

Sal seker nie pla nie ......

 

En ek weet nie hoe ek die verhaal van TDX by Ducktoll sal inwerk nie.

Link to comment

Gemmer probeer om nog steeds al die TDs bymekaar te maak... maar lyk my sy gaan heeeeltemal te laat al die leidrade aanmekaar las. :-(

Daar's nog een in die Oos-Kaap en die een in Rustenburg en Parys en Balmoral (daai drie kan ek darem oor 'n naweek kry) en die een in die Kaap...

 

My eie TD is ook 'n nagmerrie... ek het nou kontakbesonderhede gekry met wie ek moet praat oor toegang na die monument, maar ek kry die idee hulle wil niemand daar toelaat behalwe op feesdae nie. Ek sal maar 'n plan maak sodra ek die man in die hande kan kry en tyd kan maak om hom te ontmoet.

 

Hoop almal het 'n rustige week en soek ook nog skatte. hehe

Link to comment

Sorry I can not agree with the above. The final tonteldoos is exclusive. When it comes to adoption the cache owners of the series will decide as a group the outcome as they are all role players in the final one. At this stage adoption is not on the table and the process can only start with the cache owner. This should be followed by a volunteer/s for the maintenance of the cache and then the decision of the cache individual owners.

 

You have to find the clues or you need to bend some arms to get the clues. It represents something that needs effort. Madson will have to walk the path and do the talk and have to get to them all. It is too easy to take a shortcut to the final one this way with adoption. Please read my log on the listing. I am still prepared to attend to this cache if a cacher wants to do the final one. I will take care and act on behalf of the owner if maintenance is needed and if he requests my assistance. But again this for the cache owner to decide if he wants to go this route or another.

 

I am running a query on the tonteldoos series and if a cacher gets close to the final one then I will contact him via e-mail and an e-mail to the cache owner to spring into action what is needed to do as he pleases.

 

Gerhard

Link to comment

Die "skateienaar" van die Tonteldoos - Groot Skat is die Tonteldoosbergingskomitee wat destyds die plig gehad het om die finale ligging uit te soek ten einde die finale berging van die skat. Die 2 lede van genoemde komitee was cincol en Ollietand(e). Dit gesê sal ek die siening van die geëerde mede skattejagter, naamlik ene gerhardoosMPsa, beaam. Bygesê, en slegs as daar genoegsame ondersteuning en samestemming onder die mederheid Tonteldoosskateienaars is, sal ek 'n voorstel ondersteun dat as daar enige aanneming van die betrokke skat sou wees, moet die "aannemer" slegs uit die geledere kom van die tonteldoosskattejagters wat die Groot Skat al suksesvol opgespoor het. [Ek is oop vir debat op hierdie onderwerp.]

 

My 2 dirhams se bydrae.

Edited by cincol
Link to comment

Skielik het die raadsaal van die ou afrikane net 4 stemme in die groot saal. Dan is daar wragtig nog 'n ou wat engels ook wil praat. [:)]

 

Op 'n ernstige noot met die ego om my.

 

Ek dink die volgende moet op die tafel gaan op die agenda.

 

1.

EK dink sterk dat die cache van Ginger moet ook vervang word wat in die slag gebly het. RedGlobe het 'n paar caches wat baie goeie inligting gee en direk verband hou met die tema en waar hy baie werk ingesit het. Ek het dit geniet om sy ander boere caches te doen. As hy instem kan hy dit maklik omskep as 'n plaasvervanger tonteldoos en dan bly die series nog aan die gang. As hy nie instem nie dan moet ons ander kry wat kan deel hiermee. Die leidraad van Ginger moet dan oorgaan na hierdie een en die tema bly behoue. Net 'n voorstel.

 

2.

Ek is bereid om te help met die maintenance van die caches hier in die omgewing - finale een ingesluit. Ek kan geen geen rede sien vir aanneming nie. Ek ry enige tyd uit na die finale tonteldoos en ek doen wat gedoen moet word om te keer dat die finale een van die baan gaan. Selfde met olifant tande. Maar dit doen ek slegs as die eienaars my versoek. Dit is sy cache en hy doen wat hy dink wat goed is. Ek sal graag wil sien dat die oorspronklike eienaars nog deel het in hierdie reeks. Tye en omstandighede verander en as die skatkis oop is vir aanneming sal ons die weeskind aanvaar. Ek plaas my naam op die lys as dit so moet gebeur. Olifant tande jy moet praat - ek moet "cache maintenance" gaan doen op een van my caches daar by Constantia Cherry Farm en ek gaan so skuins verby jou ry so dit is op my pad.

 

3.

Ek dink dat daar moet een of ander aansporing wees vir die spanne wat die finale een gaan soek anders gaan die manne nie meer hierdie series doen nie. Ek dink aan iets soos 'n uitreik van 'n geocoin. As net 10 lede R20 bydrae dan het ons die geld vir een coin. Byvoorbeeld twee manne doen die series in 2011. Name in 'n hoed en ons trek. Almal het gelyke kans en daar is so 'n klein aansporing om tog die reeks te doen. Daar is mense soos Ginger wat nog steeds streef om beter te doen as haar TB en hulle doen moeite om hulle te kry as die kans daar is.

 

Maar net my beskeie mening - 1/18 van die totale mening.

Gerhard

Link to comment

Net n observasie - is Malseun (MadSon) - as eienaar van die grond - nie eintlik deel van die span - alhoewel hy later in die proses betroke geraak het?

 

En ek stem saam met Gerhard en Cincol oor lede van die TD span betrokke te hou - en soos hier in die Middeooste waar cacher die land verlaat - die gemeenskap wat nog hier bly, onderhou die caches in die streek.

 

Ek stem ook saam dat Ginger se Krugersdorp cache moet vervang word - miskien kan Gemmer die cache verder van die monument wegsteek - en nie waar dit oorspronklik was - alhoewel dit n baie goeie plek was.

 

My bydrae van 2 fils - en nou is daar nog n stem in die saal ;)

Link to comment

Mense daar is vier tontels wat aandag nodig het....en as ons nie vinnig kan saampraat nie kan die reeks skade kry. Uit onder vinding het ek geleer om die speletjie met die grond eienaars se betrokkenheid te speel (Als het begin in die Kruger tuin), en hier in Tshwane. Jy bereik soveel meer deur die grond eienaars deel te maak en voorkom jou cache probleme in die toekoms. Die mense wat julle daai tyd gesels het op Tonteldoos is weg en nuwe bestuurders, die grond eienaar kan ons baie meer van hulp wees en ook toegang tot die plaas verseker. Indien iemand anders daai tontel wil besoek, kan hy dalk nie goed op die plaas ontvang word en ons reeks se naam daarmee gaan.

 

Dit is tog belangrik dat die reeks die tyd deurstaan en so die geskiedenis uitbeeld, al is ons nie meer daar (hoekom eksklusief net ons span?)

Link to comment

More 'Span'

 

Ek het al baie werk ingesit om die grondeienaars in die hande te kry om uit te vind wat die stand van sake is ten opsigte van die toegang tot die monument. Ek was al van bakboord na stuurboord verwys om by die regte persoon uit te kom om mee te gesels.

Gee Gemmer darem nou net 'n kans om met die mense 'n afspraak te kry om met hulle te gesels en te sien of daar iets te doen is. Soos RedGlobe genoem het, as ek die grondeienaars kan kry om in te koop, kan ons dalk sonder om te veel te verander, hierdie skat by hierdie plek laat voortgaan. Indien ek nie regkom nie, sal ek die tonteldoos gaan 'red' en definitief 'n nuwe plan maak met 'n wegsteekplek. Daar is tye wat die feesterrein oop is en ek wel soontoe sal kan gaan om dit te kan doen.

Die proses neem net lank omdat nie ek of die betrokkenes altyd beskikbaar is om hieraan aandag te gee nie. Die komitee het nou weer leierskap verander en ek moes toe nou weer van voor af kontak maak.

RedGlobe hoef nie my doos te vervang nie, sjoe, julle stem my sommer uit, asof daar geen hoop vir my doos is nie! :)

Ek't gehoop om resolusie te hê voor die vakansietyd, maar die oom dominee was nie toe beskikbaar nie. :)

 

Ek dink dis baie goed so dat die span saam besluite neem oor dinge wat die reeks raak, maar ek dink nie dit hoef eksklusief te bly nie? As dit sake makliker kan maak om die grondeienaar te betrek met betreffende onderhoud van die groot skat, dan voel ek dit is goed so. Om sy inkoop te hê verseker dalk die finale skat se bestaan.

Dit sal hom natuurlik nou net die voorreg ontneem om die finale skat te vind. :)

 

Ek hou van die idee om mnse aan te spoor om die skatte te vind en die finale een te soek... Ek is bereid om by te dra vir pryse.

Link to comment

I am the owner of the property Riverman Cabins, where the Tondeldoos Groot Skat is hidden. It was hidden in 2009, with the consent of Jan and Ina du Plessis, who were the managers of the farm at that stage. They also knew where the cache was hidden. At that stage I was informed about the cache, but not of the final position.

 

Jan and Ina left the farm during July 2010.

 

I became a geocacher in August 2010.

 

During the last week of 2010 Leon St and I spend a couple of days at Riverman Cabin, using it as a base to do caching in Mpumalanga. As we knew that the Groot Skat was on the farm we did some research.

 

By solving the Suduko puzzle we determine the South co-ordinate. We plotted this on mapsource and identified the line as E-W through the poplars. We then draw in the various waypoints per direction, ignoring the distances, to determine the directions. This indicated that the final position was probably to the E. We then set off by foot, with Leon’s laptop in hand, searching for beacons.

 

We soon found two landmarks that looked similar to that on the listing, that of waypoint G and the Final.

 

We then searched the stretch from waypoint G to the final location thoroughly, but found nothing.

 

When I spoke to Pine he suggested that I take over the responsibility to maintain the cache, and he then send me a link to the forum. Here I saw that the cache was probably not there anymore. Why was it then not indicated as “temporarily not unavailable”?

 

Ek sal volgende keer Afrikaans skryf.

Edited by MadSons
Link to comment

Sodra al die besluitnemende rolspelers oortuig is dat ek wel die regte plek opgespoor het, en die cache eienaars so op hierdie forum aandui, sal ek my vorige "posting" edit en al die inligting wat ek deurgegee het, "delete" Sien ook my DNF op die listing asook die twee fotos wat ek daarop gesit het.

 

Groetnis

Link to comment

Hier is die werklike prent van die skatkis soektog - slegs die wat 5 leidrade en bo het is deur gegee. Danie is sterk op pad en Team Ginger doen goed. Ek dink dit gee al die inligting wat nodig is en dit gee die hele prent in woorde van cachers en caching met verhouding tot die finale een.

 

Al die skatte wys jou iets uniek voor die finale een. Jy leer iets van hulle almal. Dit is die fokus gewees van die begin af. Om 'n kortpad te gaan loop gaan jy iets mis en die finale een is dan net 'n nommer op stats met geen betekenis nie. Anders is al die ander skatte 'n zero op hierdie lys. Die voorwaarde van die finale een moet dus wees om al 18 te he of om dit te verhandel met die wat jy gevind het met leidrade van die ander cachers. Dit is logies as jy net twee caches gevind het dat jy dit baie moeilik gaan vind om almal te kry. Alle series werk so - ek kan die finale punt kry en hom gaan soek en dan net se dat ek hom gekry het uit ongeluk. Selfde hier. Met alle series moet jy die pad stap om die finale een te kry. Met die twins caches is 'n man se naam op die "wall of shame" geplaas toe hy per ongeluk die cache gekry het. As dit daar so werk dan werk dit hier ook so. Jy moet die 18 kry. Ek kan die finale punt vir almal gee wat ek ken maar dit is 'n lee blik en wys jou niks. Slegs my siening. Lees mooi die eerste twee paragrawe van die listing en jy sal sien wat ek bedoel. Gerhard

 

84002e37-00d9-42ca-bd98-d20ac99402a4.jpg

Edited by gerhardoosMPsa
Link to comment

Woaahh - ek sal maar stop lees aan Madsons se briefie... :)

..ek het nou 8 leidrade uit 18 volgens Gerhard se lys (dankie daarvoor!). <sug> Ai, so baie al gekry, maar tog nog so ver! ..eks nog nie eens halfpad!!

 

Hmmm, ek sien Gerhard se lysie wys nie Hanover nie... ek't hom ook gekry nou! so ek is darem halfpad.. ;-)

Link to comment

"Mal Seun" kan jy asb daai inligting verwyder hoe jy die finale plek bereken het, en ook die fotos op die cache listing? Ek bevestig jy was op die regte plek maar kom ons hou dit vir die toekomstige soekers op die mooi en regte manier. Dis tog lekkerder om die finale groot Tontel te vind met al die plekke te besoek deur die land en so ons mooi geskiedenis te ondek.

Link to comment

OK Oom RedGlobe, ek maak so. Ek het reeds die fotos op die listing verwyder, en ook my briefie hierbo ge-edit en alles wat die finale posisie van die Groot Skat kon weggee. Ek wou maar net bevestig dat die Groot Skat nou net 'n Groot Gat is.

 

Ek is maar 'n newby wat nog maar net 5 maande cache en nog maar net 600 caches gekry het (waarvan 2/3 indie laaste maand) so ek weet nog nie veel van die reëls en regulasies van hierdie stokperdjie/tydverdryf/sport nie. Ek het nog maar altyd verstaan die ondertekening van die stukkie log, (en moontlik 'n paar antwoorde en 'n foto op 'n earthcache) was die vereistes om 'n cache te kan log. Nooit geweet ek moet eers 'n klomp ander caches kry voordat ek kwalifiseer vir sekere hoogere caches nie.

 

Is daar nog ander sulke hoogere caches waarvan ek nie weet nie? :huh:

 

Ek wonder verder of mens darem nie self die ou cachie moes opspoor om hom te kon log nie. Ek lei uit die YouTube video af sekere ouens het sonder kompas opgedaag en maar gewag dat ander ouens die cache kry, voordat hy ook doodluiters die log onderteken het.

 

As dit egter die geval is, moet al die ouens wat in spanne saam reis en saam caches soek (soos ek en ou Leon St die afgelope week), dalk hulle logs delete indien hulle nie self nie cache gekry het nie. Ag nee wat, dit klink nou heeltemal te ingewikkeld en deurmekaar.

 

Ek het wel nie die land deurreis nie, maar wel baie grondwerk gedoen, en tegnologie en wetenskap toegepas. :rolleyes:

 

Vriendelike groete.

 

Ns. Ek dink dit sou sinvol wees om die kontakbesonderhede van die nuwe plaasbestuurder beskikbaar te stel. Netnou skiet hulle as iemand sommer uit die bloute opdaag, soos bv Rodnjoan wat Maandag oggend daar was.

 

Cachers is natuurlik ook welkom om Riverman Cabin oor te bly in die week of op 'n naweek om die soektog soveel makliker te maak.

Link to comment

Ns. Ek dink dit sou sinvol wees om die kontakbesonderhede van die nuwe plaasbestuurder beskikbaar te stel. Netnou skiet hulle as iemand sommer uit die bloute opdaag, soos bv Rodnjoan wat Maandag oggend daar was.

 

Cachers is natuurlik ook welkom om Riverman Cabin oor te bly in die week of op 'n naweek om die soektog soveel makliker te maak.

 

Dankie vir die gebaar Malseun. As ek die besondehede het van die plaas - telefoon nommers, name, ens sal ek dit op die webblad plaas.

Link to comment

Baie dankie "Mal Seun"....ek wag in spanning om ook jou naam te sien op die ander Tontel dose wat orals deur ons mooi land verspry is (doen n search op geocaching vir die woord Tonteldoos). Jy was onlangs in Natal en kon al daar twee gekry het, en nou oppad Laeveld toe het julle drie gemis.

Link to comment

Ek stem saam. Miskien moet ons die nommer van die mense by die finale skat bysit en miskien moet toestemming gevrae word voor mense opdaag. Hierdie cache gaan miskien een keer ‘n jaar gedoen word en dan het mense al vergeet dat daar iets op die plaas is. Plaas bestuurders verskuif ook van werk aan die ander kant.

 

Ongelukkig/Gelukkig is daar cachers wat teen 04h00 begin cache en om daar te gaan rondsluip is moeilikheid soek op sy beste. Nie net van die plaas bestuurders se oog punt nie maar ook vir die mense wat daar tuis gaan as besoekers. Ek kan jou belowe dat hulle beangs gaan word vir ‘n man wat daar rondsluip met ‘n ding in hulle hande wat hulle nie kan sien nie.

 

As jy my nie glo nie gaan sluip rond op Olifant tande se plaas tussen sy beeste so teen 3 en 4 in die more en kyk wat gebeur. Vat net genoeg mediese hulp saam, verbande en al die lekker goeie dinge soos baie bloed en trek hardloop skoene aan – jy gaan dit bitter nodig he.

 

Dit is 'n goeie punt hierdie en ek dink daar moet aandag gegee word aan.

 

Ginger daar kan fout wees op my stats. Danie kan jy kyk of hier nie iets boos gebeur het nie. Iewers kon ek iets verloor het. Sal vanaand seker maak dat alles reg is. Hanover is op die stats aan die regterkant. Daar het 323 cachers die tonteldose besoek, slegs 5 cachers het bokant 5 dose gekry. Groot Trek is bo aan met 79 cachers. Ek vrae verskoning aan Team Ginger - ek het 'n voorbeeld gesoek en toe koppel ek die naam Ginger met hulle cache aan die illustrasie. Jammer ek wou nie julle cache van die tafel afvee nie. Hy is belangrik. Ons almal weet hoe hulle oor hulle caches voel en die passie loop hoog. As dit so was nie dan sou ek nie daardie spesiale TB rondgery het nie.

 

Gerhard

Link to comment
Ek vrae verskoning aan Team Ginger

 

Daar's niks verskoning vra nodig nie Gerhard, hehe - ek het maar net soos dit 'n boeremeisie betaam, haar trots verdedig! :)

..maar eintlik moet ek skaam kry dat daai skat nou al so lang buite-aksie is... dalk het ek bietjie 'n skop in die regte rigting nodig gehad! :anitongue: (ek besef nou eers hoe lank dit actually al is... aijaijaijaijai - tyd vlieg!)

 

Hmm, ek het ons vakansie cache-finds laasweek eers gelog... miskien het dit nog net nie ge-update of iets nie, al het die ander TD wat ons ook gevind het reg gewys.

Ek was meer bly om te sien ek is verder met die soektog as wat dit eers gelyk het... nou skep ek moed. LOL

 

PS. Ons was daar verby Magersfontein en sjoe, ekt nogal gedink dit sou ook baie cool gewees het as daar ook 'n TD was. Daar waar die Boere die Engelse laat les opsê het. :)

Link to comment
Ek vrae verskoning aan Team Ginger

 

PS. Ons was daar verby Magersfontein en sjoe, ekt nogal gedink dit sou ook baie cool gewees het as daar ook 'n TD was. Daar waar die Boere die Engelse laat les opsê het. :)

 

Ja - ek het selfs dir naam Tonteldoos gebruik vir n Earthcache by Haarties - sonder dat dit deel var die amptelike reeks was nie.

 

Ek dink as ek weer n cache by soortgelyke plekke stel - sal hy n TD erens in die naam kry

Link to comment

Yep, my data was so bietjie terug op die brug. Ginger het beslis haar 9 leidrade op die naam so nou is dit die bult af. Moenie eers probeer om een af te trek nie. :)

 

Ons is seker die enigste cachers wat een ekstra tonteldoos gaan kry het van Botes. Ons was die eerste en die laaste wat hom gekry het. DiePienaars, cachefan en Dan404 het 'n DNF gelog. Ek het hier twee coins verloor en dit vir 'n cache in die middel van nerens en erens. Ek los maar hierdie data uit anders is dit nag.

 

Die volgende data is gekry met die makro geskywe deur OpusTerra.

 

Caches:

Groot trek - 81 het gevind en een DNF. (Ons sal nie praat oor die DNF nie)

Louwtjie leeus - 69 gevind.

Vredesboom - 68 laggies

Howick - 53 laggies

 

Cachers:

Danie Viljoen - 12 op sy kerfstok. (Ek het gehoor dat hy op pad Kaap toe is so ek hou hom dop met houtoog en 'n plank bril, ek ken sy planne en ek weet hy het 'n broek vol van hulle)

Cachers met 9 op hulle kerfstok - Carbon Hunter, DiePienaars, Leon St, Team Ginger, Wildovu.

Cachers met 8 op hulle kerfstok - Antron, Glider Slider, StirfS.

Besem en Wazat het 7 gekry.

Carbon Hunter het amper sy 10 gemaak maar "Ek skiet dan skiet ek weer" het hom die aftog laat blaas. :) Maar dit is 'n goeie poging veral as die man nie eers hier in RSA bly nie. Moet hom dit toe gee.

 

Die slag van Bloedrivier kry miskien die kroon vir die beste tonteldoos. Hier laat ek die aantal kere wat hy gevind is uit en ek neem die merke in ag. Hy is gemerk met 4 "favourites" en slegs 12 mense het hom gekry. So elke 3 de cacher merk hom as gewild. Hildebrand is die een wat die meeste DNF's kry in verhouding. Slegs 23 cachers het hom gekry met 5 DNF's. Hy kort nog merke en as ek weer het sal ek daar 'n merk gaan maak.

 

Ek het gaan kyk na die vorige stats en daar is beweging - stadig maar seker skuif die cachers nader aan die einde. Miskien kry ons tog nog 'n finale skatkis poging. iPajero het die volle reeks gedoen, as eienaars het ons darem een leidraad nog gehad maar hy het almal gekry.

 

Magersfontein is 'n goeie een en hy is ook so bietjie meer Noord se kant toe. Dit is een cache wat op my lys is wat ek graag wil doen.

 

Gerhard

Edited by gerhardoosMPsa
Link to comment

Onthou dat aangesien die leidrade baie moeite EN geld kos, enige persoon wie hul leidrade wil bevestig kan 'n e-pos aan my stuur met die skat name en leidrade en ek sal die bevestiging doen. Niemand wil al daardie moeite insit net om by die Groot Skat te kom en dan uit te vind een van die leidrade was of verkeerd of in die verkeerde volgorde gewees. So, dit gesê, sal ek seker een van die dae 'n e-pos vanaf Danie kan verwag! :P:unsure:

Link to comment

Ek is baie bly om te rapporteer dat Tonteldoos XII weer gevind kan word. :laughing:

 

Die komitee wat die feesterrein (die area waar die finale TD12 skat ook weggesteek is) in stand hou is baie positief teenoor die bestaan van die geocache op die terrein.

Die opsigter behoort enige tyd, in billike ure natuurlik, die hek te kan oopsluit om besoekers toe te laat - maar dit sal net deur die komiteelid wie se nommer op die listing verskyn, kan geskied.

 

Ek was so opgewonde om die oorspronklike skat met al sy info en logboek ens. veilig in sy wegsteekplek te kry gister! :) Behoue gebly te midde van al die opruiming, herstelwerk en veranderings wat by en om die monument gedoen is!

 

Nou ja toe, wie gaan eerste 'n find log na die skat vir so lank geen besoekers kon gehad het nie???? :lol:

Edited by Team Ginger
Link to comment

Beste cincol. Ten opsigte van die finale skat (of is dit nog net 'n gat? :huh: ) gee ek graag die volgende inligting deur: Bestuurderes is Mandy Venter, tel 084-250-9587. Opvangs is baie swak, los dus booskap of bel die kantoor in Pretoria. By die kantoor kan 'n besoeker vir Paula kontak. Haar nr is 012 664 1116 of 082-474-9304, e-mail is media@hat.co.za. (Haar handle is Pikkedis) Indien cachers verblyf soek vir die naweek kan hulle op Riverman Cabin oorbly. Daar is 3 gastehuise met slaapplek vir tot 15 mense. Geocachers kan vir die huidige 20% afslag op verblyf kry. Groetnis

 

Ns. Wanneer word die cache weer geplaas? Sal graag dit wil gaan log. :laughing:

Link to comment

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.
Note: Your post will require moderator approval before it will be visible.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Loading...
×
×
  • Create New...