Jump to content

Tonteldoos


Tusk O'2

Recommended Posts

Cape Guy - hier is 'n uitdaging vir jou - die EERSTE Kapenaar om te sê hulle gaan 'n Tonteldoosskat weg steek? :mad: Hoe nou? Daar is so veel pragtige plekke daar rond waar julle kan weg steek. Jy hoef nie so vêr as Matjiesfontein toe te ry nie. Ek weet van pragtige blokhuise naby Worseley en Ceres. Daar is die pragtige militêre geboue in Kaapstad - shoee - so baie plekke! :blink:

 

Thanks for the link on the ABW - I am sure that many will find it helpful. Any additional information is great as it gives cachers more ideas. Every time I read something it triggers another idea for my cache. I have been looking for "local" history linked to the area that I want to place my cache and the Internet has been a great help. I have even used Google Earth to help me select a suitable location before I get to SA. Once there I will visit it in person and then decide finally where it will be hidden. :unsure:

 

Ollietande - Ek wag vir deelname van die skateienaars wat die tyd betref. Hulle moet hulle insette gee. Dit help nie om voor te skryf nie - dis mos 'n demokrasie, of hoe?? :( Ek is in SA van 30 April tot 8 Junie so hoe gouer hoe beter vir my want ek sal nie gou weer kans kry om Tonteldose te soek nie. Ek hoop om ten minste 4 te kry MITS hulle op 15 Mei gepubliseer word. Andersins sal ek hulle eers volgende jaar kan soek nà die Groot Soek. Ons gaan Oktober bietjie op die Middelandse See vaar instede van weer SA toe so sal eers Mei 2009 weer kan skattejag in SA. :)

Edited by cincol
Link to comment

Hey Kapou (Kaapse Ou/Cape Guy), moersedankie vir daai skakel! Nognie gaan kyk nie maar ek is seker dit sal help. Nogmaals dankie.

 

Hoe ver is die Taalmonument van jou af? Dis mos die Fondasie van die Boeretaal se monument daardie? Ek hoor dit is die enigste monument ter wereld wat vir 'n Taal opgerig is??

 

cincol, of course democracy man. But if the "votes" don't come, the "voorbokke" must show the way.

 

Kan ons tot ons 'n teenvoorstel kry by Wzat s'n hou? Ek gee sommer een:

 

Sodra 'n TD-eienaar gereed is om die TD weg te sit, moet hy met my skakel vir die Leidraad wat binne die TD moet wees, die leidraad na die Groot Skat.

 

Dan kan die TD geregistreer word, goedgekeur word en siedaar, die eerste TD is op as cincol in sy wonderlike SA land.

 

Die afsnydatum vir die toeken van TD's is op Woensdag 30 April en die afsnydatum van Registrasie is op 31 Mei.

 

Ons sal dan nie almal gelyk opsit nie, so ek hoor graag nog voorstelle.

 

cincol, gaan jy 'n skat op die skip wegpak? hehe

Link to comment

Hi almal ... Ek glo daar is nogal baie plekke om TD's te plant hier in die Kaap. Dit sal egter tyd en navorsing kos om 'n behoorlike plek te kry. Die bekende plekke soos die Taalmonument, Boerblokke, ou forte, ens. is reeds gevat ...

 

Ek het 'n bietjie op die internet rondgesnuffel en op die volgende (Hildebrand Monument - Darling) afgekom ... Dit is omtrent 48km van my af ...

 

"The Memorial to Field Cornet C.P. Hildebrand of the Boer Forces' Martiz Commando - Darling was the most southerly village to which a Boer commando penetrated during the Anglo-Boer war (1899 - 1902)."

 

Hey ... ek is 'n nuweling in die spel en nog nie so ervare nie en het nog net 4 "caches" (gebrek aan 'n behoorlike Afrikaanse benaming aan my kant) geplaas! Ek het beplan om die naweek ten minste 20 "caches" te lig ... Ek sal gaan kyk hoe die area lyk en of daar behoorlike wegsteekplek is. Die afsnydatums is 'n bietjie kort vir my en gaan dit moontlik nie kan haal nie! Ek wil my nie op hierdie stadium "commit" nie maar sal laat weet as die plek goed is. Ek het 'n e-pos aan die museum op Darling gestuur om te hoor waar die monument is ...

 

Die Boere oorlog is na aan my en sal die 10 "caches" vir Saterdag opoffer ... Haha ...

 

:):):)

Edited by Cape_Guy
Link to comment

Ek stel voor dat die TD reeks veeleisend genoeg is om ALMAL te moet vind ten einde die finale TD te vind.. daarom gaan ek nie my TD te ingewikkeld maak nie, sodat mens nie die hele dag sal hoef te spandeer op plekke in die land nie.

Ek sal graag wanneer ek bv. die Oos-Kaap besoek, ander caches ook wil kan vind tydens my besoek en nie kan begroot vir een hele dag vir een TD nie.

 

Miskien as dit te ingewikkeld raak, sal mense nie gemotiveerd bly om die hele reeks te voltooi nie?

Maar net my opinie. :P

Link to comment

Ginger, dit klink my jy stel voor dat die TD's so geplaas word dat dit 'n vinnige vind-tempo reflekteer. 'n "KPS" (Kyk-die-Plek-vind -die-Skat) ding? SO, maklik om te kry op 'n plek wat minder as 'n dag sal neem om te soek?

 

Jong, ek weet nie so mooi nie. By my TD sal die leidrade maklik gevind kan word. So maklik dat ek dit met 'n ketting in die grond gaan vasslaan! Wat wel tyd gaan neem is om (ek beplan 5 verskillende punte) al die leidrade op te spoor. Net 'n "dedicated" skatjagter sal dit wil doen, nie 'n "pirate" wat net dieSkat van Goud wil vind nie.

 

Aan die andr kant, as ons wil dat die Skat van Goud volgende jaar by Tonteldoos Brannewynfees gevind MOET word (ek sal dit so verkies), dan moet een ou verseker in 'n jaar se tyd AL die TD's te kan vind. Dis jammer oor iemand soos cincol wat min tyd het ..... Nog 'n alternatief is om die tso maklik te maak dat die een wat 10 dae vakansie het dit op een slag kan doen.

 

Wat dink julle ouens? Onthou, ek is NUUT hier, die manne wat ken moet nou begin praat!!!

 

Ons bou 'n gewilde reeks genaamd Tonteldoos, Die Tema is Boere (Anglo Boereoorlog) en verwante besienswaardigdhede. Dit kan insluit enige-iets/alles wat met die ABO verwant is, ook Swart Konsentrasiekampe soos by Meyerton en Britse grafte soos by Slag van Roodewal. Emily Hobhouse sal 'n groot aantrekking wees. Ook Genl C.R. de Wet en die befaamde Leeu van wes-Transvaal, Genl de la Rey.

 

Die Skat van Goud sal waarskynlik met oom Paul Kruger te doen he.

 

Kies iets wat naby jou gebeur het om as tema vir jou TD te dien. As dit in jou persoonlike opinie relevant mag wees om 'n TD langs FW de Klerk se huis te plaas mag jy dit ook doen - beskryf net die relefansie in jou Tondeldoos Registrasie.

 

Dit is my opinie dat daar Tonteldose ook by ST Helena en ander plekke van Ballingskap moet wees, omdat dit absoluut relefant is. Deel van die Boeregeskiedenis. Dit daar gelaat, ek het reds 'n Internasionale TD voorgestel maar aanvaar dat dit "te" groot is.

 

Dankie vir al die e-posse. Ek antwoord eerder hier sodat dit ander se vrae ook beantwoord.

 

So wat dink julle?

 

'n LV of TT :"Loop-en-Val" of 'n "Trap-en Tref"?

'n LS of GV: "LankSoek" of 'n "GouVind".

Link to comment

Stuur asb. vir my die vereistes vir 'n TD plasing t.o.v.:

 

1.) Inhoud

2.) Moeilikheidsgraad (terrein & Plasing)

3.) Tipe (Mikro en/of gewoon en/of grote)

4.) Spesifieke formaat t.o.v. benaming

5.) Afsny datums / keertye

6.) Enige ander inligting wat ek behoort te weet of kriteria waaraan 'n TD moet voldoen

7.) Spesifieke logo's / simbole en/of grafika wat gebruik moet word op die houer, en/of inligting stukke ...

8.) ens. ...

 

1. Net wat jy wil, liefs handgemaakte goetertjies of stukkies glasskerwe, ou

botteltjies, stukkies geroesde blik,ou knope...ag enigeiets wat die lyding

van veral die kinders en die vroue van die ABO kan weerspieel.

2. Maak dit maklik vir iemand met 'n gps.

3.Net soos jou hart begeer - ons wil die Soekers by die Tema betrek.

4. Jy moet op die forum vir jou 'n nommer kry bv TD XI. Dit is dit. So sal

jou skat ook Registreer word met jou as eienaaar. Dit bly jou

verantwoordelikheid.

5. Die afsnydatums is nog onder bespreking by die Forum, maak voorstelle as

jy wil.

6. Die kriteria is op die Forum.

7. Geen riglyn of vereiste, gebruik eie oordeel.

8. Lees die Forum :-))

Stuur asb. vir my die vereistes vir 'n TD plasing t.o.v.:

 

1.) Inhoud

2.) Moeilikheidsgraad (terrein & Plasing)

3.) Tipe (Mikro en/of gewoon en/of grote)

4.) Spesifieke formaat t.o.v. benaming

5.) Afsny datums / keertye

6.) Enige ander inligting wat ek behoort te weet of kriteria waaraan 'n TD moet voldoen

7.) Spesifieke logo's / simbole en/of grafika wat gebruik moet word op die houer, en/of inligting stukke ...

8.) ens. ...

Link to comment

Terrein en Moeilikheidsgraad nie hoër as 2.5

Raaisel TD: Koordinate moet uitgewerk kan word naby eintlike TD of vooraf..

Multi TD: Dit moenie langer as 2 ure neem om die finale punt te bereik nie... tensy die TD nou op iets soos 'n staproete geplaas word of by 'n plek waar 'n toer onderneem moet word... mens wil nou nie 2 ure by 'n begrafplaas of monument vertoef nie.

'n Staproete is iets anders - want dit kan die middelpunt van vakansiebeplanning word.

 

Dis die riglyne wat ek vir my TD gaan gebruik... ek dink reeds ek gaan nooit genoeg verlof hê om by al die TDse uit te kom in een jaar nie. :D

 

Moet asb. nie 'n TD oorsee plaas nie (dis seker bereikbaar in Lesotho of Swaziland), want dit gaan IMO baie TD soekers uitskakel uit die soektog.

Ek kan definitief nie so 'n ekskursie bekostig nie (veral nie as mens reeds die hele SA moet toer nie). :laughing:

 

Groete

Gemmerkatjie

Link to comment

Die een Olie(fant)tand is gek oor katte ....

 

1.Wat is 2.5?

 

2. Stem. As daar 'n raaisel is MOET dit voor die tyd uitgewerk kan word.

 

3. Sekondeer.

 

4. Die TD oorsee ... ons kan, solank dit nie 'n vereiste is vir die Skat van Goud nie. (Nie nou al nie - miskien die Skat van Goud II)

 

To talk about things makes those things happen. Tusk O'2 - 2008.

Edited by Tusk O'2
Link to comment

Dagsê alle Tonteldoosskateienaars en andere

 

My bydrae oor bogenoemde voorstelle.

 

1. Ek persoonlik dink elke een kan hulle eie moeilikheidsgraad bepaal, en die van terrein. Om realisties te wees ek glo nie daar was AWO en/of Afrikaanse nedersettings/slagvelde/moumente/ens wat diep onder die see is of bo op Cathedral Peak is wat gespesialiseerde uitrusting gaan verg nie. Dus twyfel ek of daar 'n terreingraad van hoër as 3.5 sal wees nie. Moelikheidsgraad word bepaal van hoe moeilik dit is om die leidraad te ontraffel. Eie diskresie hier. Die finale Groet Soek behoort ten minste 'n 4 te wees! :P

 

2. IMHO the clue to a puzzle cache should be easiy enough to solve "on site" through mathematical calculations with a normal calculater and/or logical observation and deduction skills. Any clue that can be researched before hand on Google or whatever is not in the spirit of outdoor adventure as far as I am concerned. :( However, if it blows your hair back then do it! :)

 

3. Sekondeer ook.

 

4. What a pity! :grin: I was in Sri Lanka recently and would have loved to have put a cache near a POW Camp! he he :lol::anibad::ph34r: Incidently, Sri Lanka has very few caches indeed - and they are all concentrated around one area.

 

Wat tyd betref om die reeks te soek in 1 jaar? Ek dink dit sal redelik maklik gebeur. Dit is nie onrealisties om te sê die skatte in Gauteng en Noordwes oor 2 of 3 naweke gedoen kan word nie. Die Oos Kaap skatte oor die selfde tydperk of gouer as iemand met verlof is daar - soos nie Oos Kapenaars nie. KZN dieselfde en dit hang af waar die Wes Kaap en Mpumalanga skatte gaan wees. 12 maande - heel belik dink ek. :ph34r:

 

Ollietande - wie gaan die eerste persoon wees om 'n skat op St Helena te bêre en hoe lank dink jy sal dit neem vir die FTF? Ek praat nie eers van 'n TD-skat nie! Terloops, 'n pêl van my werk daar by die plaaslike hospitaal - die enigste hospitaal. Hulle kry so 1 keer per maand 'n skip uit die Kaap uit met posstukke, kos, uitrusting, kuier mense, ens. Wil ek daar bly? Nee dankie. Wil ek daar kuier? Baie beslis.

 

Have a great day everyone and happy caching.

:D:PB)

Link to comment

Thanks cincol!

 

UPDATE

 

 

Die Tonteldoosreeks tot nou

 

The Tonteldoos Series to date

 

Tonteldoos I - PE - Ama-Soek-Soek

Tonteldoos II - Oosrand - DamhuisClan

Tonteldoos III - Rustenburg - Strider_SA

Tonteldoos IV - Linden - Carbon Hunter

Tonteldoos V - Grahamstad - ravenmeistre

Tonteldoos VI - Durban - Ysbeer

Tonteldoos VII - Pretoria - LeonW

Tonteldoos VIII - Rust de Winter - RedGlobe

Tonteldoos IX - Rooiwal - Tusk O'2

Tonteldoos X - Newcastle - Wazat

Tonteldoos XI - Ermelo - gerhardoosMPsa

Tonteldoos XII - West Rand - Team Ginger

Tonteldoos XIII - Boekenhoutfontein - cincol

Tonteldoos XIV – Laeveld – Bouts777

Tonteldoos XV – Kaap – Cape Guy

 

More will be welcomed - especially in the Cape and Mpumalanga. There will be no restrictions on the number in any region / province.

 

Nòg sal verwelkom word - veral in die Kaap en Mpumalanga. Daar sal geen beperkings wees op nommers in enige streek / provinsie nie.

Link to comment

'n Paar interessante ABO feite waarop ek afgekom het ...

 

  • Mohandras K. Gandhi (1869-1948) also known as Mahatma (Great Soul), serves with the British medical corps as a stretcher-bearer.
  • Sir Robert Baden-Powell (1857-1941), founder of the Boy Scouts, makes his mark at the successful defense of Mafeking.
  • Sir Arthur Conan Doyle (1859-1930), British physician, novelist, and detective-story writer, creator of Sherlock Holmes, runs a field hospital, and on his return to England writes 'The Great Boer War' (1900) and 'The War in South Africa: Its Causes and Conduct' (1902), justifying England's participation. For these works he is knighted in 1902.
  • The young Winston Chuchill (1874-1965) is all over this war. He is captured, escapes, and makes a triumphal reentry into Natal. He is present at several major battles, is one of the first to enter Ladysmith when the seige is lifted, and is also one of the first to enter the enemy's capitol, Pretoria, at its capture. He writes two books on the war ('London to Ladysmith: Via Pretoria' and 'Ian Hamilton's March') and his exploits get him elected to Parliment.
  • Rudyard Kipling (1865-1936), poet and writer, works on an army newspaper.
  • Mary Kingsley (1862-1900), the African explorer, works in Cape Town as a nurse caring for Boer prisoners of war. She contracts typhoid fever and dies at the age of 38.
  • A great number of British officers who serve in South Africa later turn up as Field Marshalls.
  • The native African population, who suffer greatly in this war, are barely acknowledged in the histories.
  • Due to British incompetence and neglect, 25,000 Boer civilians (mainly women and children) and 14,000 natives die in the infamous concentration camps.

Groetnis!

 

:anitongue::anitongue:

Edited by Cape_Guy
Link to comment

Pragtige nuwe verwikkeling!

 

Ek was vanoggend in gesprek met die voorsitter van die Tonteldoos fees (Andre) en het vir hom verduidelik van die TD reeks. Hy is baie positief hieroor en het ek hom en sy kommitee genooi om hier te kom kyk. Daar sal verseker 'n plek wees vir die Skat van Goud in Tonteldoos!

 

Ons het nog so 3 weke oor voor die eerste TD's geplaas gaan word. Onthou om my te e-pos vir die leidrade!

 

'n Bietjie agtergrond oor waar die Skat van Goud weggesteek gaan word:

 

Tonteldoos………a place where peace and tranquility prevail!

 

The morning of the 15 October 1883 dawned crisp and clear, with a trace of the winter chill still apparent in the mists drifting through the gully cut by the Modder Spruit as it wound its way lazily down to what would later be named the Steelpoort River.

 

Field Cornet C N Boschoff jumped off his horse and strode decisively through the groups of burghers. He carried with him the air of a man entrusted with a mission and those around him responded to his arrival with muted, but respectful greetings in recognition of his proven leadership. He reached a small outcrop of rock and with surprising ability for a man of his girth, sprang boldly up, looked right and left of the gathering and coughed loudly, as was his manner, to bring proceedings to order.

 

The burghers quickly responded, this is what they had been waiting for. They surrounded the outcrop, and looked up at him expectantly. "The beacons are in position," he announced, "each of you are entitled to leave this place on foot, at the firing of my gun, to peg the eight morgen allocated."

 

The shot was dull and flat in the morning mist.

 

The Volksstem of the 16 November 1883 takes up the story:" Yesterday morning the ground was declared open. At the signal there was a general rush and a most amusing scene ensued, everyone running as for dear life and in a few moments not a soul was to be seen in a camp of about 150 vehicles. Towards evening the tired and weary burghers returned, some having run 12 miles, the majority being satisfied and only a few disappointed."

 

Thus was Tonteldoos (as we now know it) born, a North Eastern frontier buffer zone populated by poor but resourceful burghers.

 

Today we have a peaceful valley, idyllic and tranquil with our own special flora and fauna, dotted with farms, hectares of peach trees and smallholdings, offering a true country experience. Some interesting venues have sprung up, a pub, a cheese farm, a country kitchen and a host of welcoming accommodation venues - more about all of those later - but the greatest attribute remains its people, still resourceful but especially friendly and some real characters abound!

 

Acknowledgement to Hentie Joubert (resident, advocate, author, horticulturist and historian) - The Tonteldoos Register.

 

http://www.tonteldoosvalley.co.za/history.htm

Link to comment

Hi Olifant Tande en Cincol

 

Ek het n plek in Brits gekry vir my TD en ook met die grond eienaar gesels en als is reg vir die TD, nou net die inhoud van die TD self in die hande kry (moet nog ou winkels gaan soek). My enigste brobleem is dit gaan oor die vrede oorlog tussen die volk en die staat in 1864 waar President Paul Kruger (toe Kommandant Generaal) die vrede bewerkstellig het na die Krokodilrivierslag.

 

Se my sal die geleentheids plek voldoen aan die TD reeks?

Link to comment

Hi ...

 

 

Tonteldoos XV in die Kaap is aan!! Ek het vanoggend die eienaar van die plaas ontmoet en na die monument gaan kyk ... behoorlike wegsteekplek kan 'n probleem wees ... Die vlakte is maar kaal en landerye vir omtrent 1km in omtrek, maar ek sal 'n plan maak. Ek sal net 'n klein houer moet gebruik wat heelwat kleiner is as wat ek beplan het ...

 

 

Groetnis! ;)

Link to comment

... en net toe ek dink die Saterdagaand is verby ...

 

Gaan die "nuwe boodskap" Geo-alarm af en die outjie met die mik bring 'n boodskap!

 

RG, ek dink daai plek is 100% TD! Bakgat! Dit gaan lekker wees om daardie een te kry.

 

Kapou, kan jy dink ek ry van die States af Kaap toe vir 'n doos? Sal seker moet. Great stuff. Die Goeie Hoop is op die map!

 

Self het ek vandag TD IX gaan ry (julle weet mos noual dat ek 'n moerske laaaaang ding beplan (het)), besluit ek maak dit korter vir ouens soos cincol. Sal nou net so 2 ure vat om by die plek te kom waar TD IX "begrawe" is. hehe - julle sal moet pik-en-graaf! Dit is nou 2 ure vanaf die 1ste leidraad hoor.

 

Andre van Tonteldoos het so sagte woordtjie gespreek oor die moontlikheid van (behalwe ons TD eienaars) 'n bietjie borg vir Die Groot Skat. Andre, as julle hier land moet ons daaroor gesels. Onthou dat al hierdie TD's ook in Ingels (danksy Wazat) beskikbaar gaan wees, so Tonteldoos sal moet regmaak vir die Groundspeak Geacache Worldwide Skatjagters!!! (GGWS) hehe.

 

O ja, die ander Ollietand dink ons moet 'n ietsie oor die plek van die TD bysit in die skatboks? Wat dink julle?

 

En oor die inhoud, ek gaan verseker iets spesiaals insit vir die FTF. Dan het ek ook so 200 VRYSTAAT vlaggies (plakkers) bestel en daardie dag by Tonteldoos, as ons almal bymekaarkom vir die Groot Soek, beter elke Soeker 'n Vrystaatvierkleur te kan wys anders .... 'n dubbel perskemampoer!

 

Waarom raak ek so opgewonde hieroor?

Link to comment

Red Globe, Cape Guy, Ollietande et al

 

Mooi so mense. Alles klink lekker tot sover en gaan nog eter word dit lyk my! ;) Jammer om te sê maar ek twyfel of ek by jou TD IX sal uitkom nog hierdie jaar. Ek sal wel kyk of Strider_SA dit nie dalk namens my sal doen nie. In teendeel, ek WEET hy sal dit een of ander tyd gaan soek!

 

I agree that the Cape TD will place an "extra" bit of excitement into the series. Without the find the cacher who wants to win will have a difficult time getting the final clue, unless ............. daar 'n gekonkel gebeur waar 2 skattejagters ooreenkoms maak om leidraded te deel en sodoende die finale skat vind. Have a look at GCRBP2 to see what I mean about distance co-operation between cachers. Anything is possible and prizes can be shared. :lol::lol:

 

Net 'n klein nota uit die reëls - Caches that are buried. If a shovel, trowel or other “pointy” object is used to dig, whether in order to hide or to find the cache, then it is not appropriate. Enige verwysing na komersiële dinge soos advertensies, ens moet maar eers verby Fish Eagle gestuur word net om absoluut seker te maak dat ons nie die reëls oorskry en sit met 'n situasie soos wat CrystalFairy nou die dag gehad het nie. :D

 

Lekker naweek verder and happy caching.

Link to comment

Wow! Ek was lank laas op die forums gewees! Ek het hierdie thread begin lees, maar ek is nie so twee-taalig as party ander mense, daarom is drie bladsye n' klein bietjie lank om deur te lees.....

 

Ek hou graag van die idee! Soek julle nog n TD? Miskien in die Karoo?

 

Kan iemand vir my n' kort opsomming van die vorige 122 'posts' gee?

Link to comment

For the benefit of Larks et al

 

Essentially the Tonteldoos Series [Tinderbox Series] is a series of caches to be placed around South Africa that will have an Anglo Boer War / Afrikaner theme. Anything connected to either will be acceptable. Each cache will contain a "clue" that will need to be collected when visiting that cache. Inside your cache container you will place information / objects / trinkets that relate to your particular cache. You will be provided with a "preamble" in English and Afrikaans to include in the cache description. All caches will be named similarly - eg: Tonteldoos I, II, III, IV, V, VI, etc. Once all caches have been visited and the clues collected, final cache will be waiting somewhere near a village called Tonteldoos in Mpumalanga. This cache will be placed in approximately 12 months time in order to give cachers a chance to find all the clues around the country. The final cache will contain a substantial prize for the FTF. :laughing:

 

In a nutshell that is what it is all about. The caches will start being placed during May with the final cut-off date being 31 May 2008. If you are keen to place a cache in the series you still have enough time to do so. All you need to do is e-mail Tusk O'2 with you name, e-mail address and where you are going to place your cache - area not exact spot. Prior to placing he will then provide you with the "clue" that will need to be included inside your cache container.

 

Please ask if more information is required. :laughing:

 

cincol & Tusk O'2

Edited by cincol
Link to comment

Die Leidrade van:

 

TD I

TD VI

TD VIII

TD IX

TD XIV

TD XV is gedoen en die skatte is op pad.

 

Ek wag nog vir die ander e-pos adresse. Ginger, jy het via Geo gekontak en ek kan nie daardie "no-reply" gebruik nie.

 

Stuur e-pos aan wizard@silvershoes.co.za

 

6 van die 15 is reg, ons wag vir die ander 9.

 

cincol, kan jy met FishEagle gesels oor die moontlikheid dat al die TD's op een dag publiseer word? Of voel julle ons moet hulle publiseer soos wat hulle versteek word?

 

Lekker Skatsoeknaweek vir almal!!

Link to comment

Welkom aan boort Die Pienaars. Ek het julle pos gekry maar dit is ook via Geo gestuur en het dus nie julle e-pos adres by nie.....

 

UPDATE

 

 

Die Tonteldoosreeks tot nou

 

The Tonteldoos Series to date

 

Tonteldoos I - PE - Ama-Soek-Soek

Tonteldoos II - Oosrand - DamhuisClan

Tonteldoos III - Rustenburg - Strider_SA

Tonteldoos IV - Linden - Carbon Hunter

Tonteldoos V - Grahamstad - ravenmeistre

Tonteldoos VI - Durban - Ysbeer

Tonteldoos VII - Pretoria - LeonW

Tonteldoos VIII - Rust de Winter - RedGlobe

Tonteldoos IX - Rooiwal - Tusk O'2

Tonteldoos X - Newcastle - Wazat

Tonteldoos XI - Ermelo - gerhardoosMPsa

Tonteldoos XII - West Rand - Team Ginger

Tonteldoos XIII - Boekenhoutfontein - cincol

Tonteldoos XIV – Laeveld – Bouts777

Tonteldoos XV – Kaap – Cape Guy

Tonteldoos XVI - Howic - DiePienaars

Link to comment

Ollietande

Ek is eers terug in Suid Afrika om en by die 10 Mei. Dan moet ek eerste so bietjie onderhoud doen op al my ander "caches" want die outjies begin so bietjie kla. Hierdie werk van my maak my klaar. Kry niks kans om te skattejag nie!

Ek kan 'n tonteldoos cache wegsteek in die vaaldriehoek area as daar nog plek is vir een

Dis lekker om so bietjie afrikaans te sien en te lees!

Link to comment

Geocoza, die Vaaldriehoek is groot! Kyk by Viljoensdrift .. en baie welkom! Jy is TD XVII

 

UPDATE

 

 

Die Tonteldoosreeks tot nou

 

The Tonteldoos Series to date

 

Tonteldoos I - PE - Ama-Soek-Soek

Tonteldoos II - Oosrand - DamhuisClan

Tonteldoos III - Rustenburg - Strider_SA

Tonteldoos IV - Linden - Carbon Hunter

Tonteldoos V - Grahamstad - ravenmeistre

Tonteldoos VI - Durban - Ysbeer

Tonteldoos VII - Pretoria - LeonW

Tonteldoos VIII - Rust de Winter - RedGlobe

Tonteldoos IX - Rooiwal - Tusk O'2

Tonteldoos X - Newcastle - Wazat

Tonteldoos XI - Ermelo - gerhardoosMPsa

Tonteldoos XII - West Rand - Team Ginger

Tonteldoos XIII - Boekenhoutfontein - cincol

Tonteldoos XIV – Laeveld – Bouts777

Tonteldoos XV – Kaap – Cape Guy

Tonteldoos XVI - Howic - DiePienaars

Tonteldoos XVII - Vaaldriehoek - geocacher coza

 

cincol het my herinner, sodra jou skat reg is, die leidraad in is en alles in plek is, PUBLISEER!

 

Vanaf 1 Mei 2008 tot 31 Mei 2008. Die toekennings van TD's sal nog geskied tot op 30 April. Daarna sal nuwe TD's moet wag tot na die paasnaweek in 2009 (wanneer die GROOT SOEK na die Skat van Goud te Tonteldoos. Mpumalanga gaan plaasvind.)

 

TD eienaars moet ook onthou dat die publikasie op Geocaching 'n verduideliking van die reeks (en natuurlik die storie van die TD's) moet bevat. Dit kan gevind word .... hmmmmm .... waar wazat? of cincol? HELP! hehe ... Iewers hier bo in die Tonteldoosbespreking.

 

Die beskrywing van waar (die historiese plek) jou TD weggepak is moet ook deel van jou publikasie wees.

 

cincol of wazat, kan julle vir ons die Afrikaans en Engels van die Tondeldoos storie hier kom plaas? Groot asseblief!

Link to comment

Ollietande

Yep, die vaal is GROOT

En ek het al drie lekker caches wat goed bevat van die Ango/Boere oorlog!

Peace Treaty of Vereeniging

en

Garden of Remembrance

en

Blockhouse

Ek het gedink om te soek vir die kerkhof waar die boere grafte is in Meyerton. Daar is glo 'n boere grafte daar. Nodig om so bietjie meer "research" te doen.

Dan is daar ook die graf en storie van Generaal Danie Theron wat begrawe is in Eikenhof-- weet nie of dit deel is van die Vaal Driehoek nie. Sal probeer uitvind.

Gelukkig is daar baie Ango/Boere historiese sites in en om die vereeniging area!

Ek dink aan die Perdeberg Cottage, Spioenkop koppie in die Walkerville area.........mmmm sal moet mooi dink vir 'n Lekkkkkkkkker cache.......

Edited by geocacher_coza
Link to comment

Hey ... Almal is stil ... Werk julle aan jul tonteldose? .. hehe

 

My tonteldoos is amper klaar en gaan die volgende inhoud he ..

 

1) Geocaching insetsel (Bly in die TD)

 

2) Tonteldoos reeks beskrywing (Bly in die TD)

 

3) Plakkers van die vlae van Transvaal Republiek, Oranje Vrystaat Republiek & Union Jack

 

4) Kopie van oorspronklike Vredesverdrag van Vereniging (Bly in die TD)

 

5) Swartpotjie kers

 

6) Twee stukke doring (hakkies) draad - Simboliseer die konsentrasie kampe

 

7) Twee karoo doringboom takkies

 

8) Ystervark penne (Hilderbrand se lyk was in 'n ystervark gat weggesteek)

 

9) Iets vir die FTF

 

10) 100 gelamineerde leidrade in Afrikaans & Engels

 

11) Dalk nog 1 of 2 items

 

Ek soek nou nog net 'n groot genoeg houer ... EN ... Werk aan die wegsteekplek! Die vlakte daar is plat en kaal met net kluite in die omgewing ...

 

Groetnis uit die Kaap! :(:ph34r:

Edited by Cape_Guy
Link to comment

Cape Guy, jou TD lyk kookwater! Dankie vir die voorbeeld!

 

Daar is nou reeds 10 TD leidrade uitgestuur, ek wag nog vir die epos adresse van die ander 7.

 

Damhuisclan

CarbonHunter

ravenmeistre

LeonW

Wazat

gerhardOosMP

geocacher coza

 

Die Tonteldoos "storie" is nog in proses om vertaal te word en sal sodra dit klaar is aangestuur word. Die storie moet deel uitmaak van die registrasie op geocaching. Ons het tyd tot 31 Mei 2008 om al die TD's te registreer.

 

Onthou ook om NIE die leidraad te verklap in die registrasie nie.

Link to comment

Wat van ek skenk 'n Travelbug vir die Tonteldoos cache.

Ons kan dan die Travelbugs noem na die oorspronklike Tonteldoos hy in is. Dan kan die taak van die Travelbug wees om al die ander Tonteldose te besoek

Die wat belangstel kan my kontak met hulle adres. Ek kan dan die TB's uitstuur as ek terug is in Suid Afrika so om en by die 10 Mei.

Johannesburg ouens sin kan ek aflaai.

Link to comment

Ons sê almal VAT VYF aan geocacher_coza vir sy gebaar! Mooi so! B)

 

A fantastic suggestion by geocacher_coza. I hope that there are a few "takers" that will support his initiative. :P

 

Hierdie Tonteldoodskatreeks het wragtig opgestyg in die paar weke vandat Ollietande na vore gekom het met sy oorspronklike idee. Alhoewel dit nogal heelwat verander het van die oorspronklike, die reeks is nou in volle vaart. Baie dankie aan al die mede skattejagters wat dit moontlik gemaak het. vat so manne! :ph34r:

 

Wazat - hope that you received the final description in your e-mail and that the translation is progressing well? For those of you who don't know, Wazat is the "official translator" for the series! B)B)B):(

Link to comment

Vir julle KZN manne hier is 'n storie oor konsentrasiekampe in Natal

The Merebank Concentration Camp for whites was established some 13 km south

of Durban. (See throughout the photo that has been included of a portion of the

camp.) The first inhabitants arrived on 13 September 1901, and the last 96 left on

10 December 1902. Merebank and the three other camps near Durban, namely

those at Jacobs, Wentworth and Pinetown, were erected to relieve the pressure on

the overcrowded camps in the Transvaal Colony and Orange River Colony (ORC),

Dit kom van die webwerf Merebank konsentrasiekamp

Ek is op soek na inligting oor die konsentrasiekamp wat in Vereeniging was.

 

die Kaap was ook betrokke.

As ek mooi kan onthou was die Mount Nelson hotel in die Kaap deel van die Britse mag se hoofkwartier

Edited by geocacher_coza
Link to comment

Ek onthou toe ek een keer by Maccauvlei was dat daar 'n klein begrafplaas is met ABO grafte. Daar was blykbaar ook 'n Konsentrasie Kamp daar naby tydens die ABO. Ek is seker as jy 'n bietjie navraag daar doen, by die Opleidingsentrum, sal iemand weet van die plek se geskiedenis. :ph34r:

 

Sterkte met jou soektog. Terloops, ek dink daar was ook 'n groot kamp by Meyerton gewees.

Edited by cincol
Link to comment

Ek onthou toe ek een keer by Maccauvlei was dat daar 'n klein begrafplaas is met ABO grafte. Daar was blykbaar ook 'n Konsentrasie Kamp daar naby tydens die ABO. Ek is seker as jy 'n bietjie navraag daar doen, by die Opleidingsentrum, sal iemand weet van die plek se geskiedenis. :ph34r:

 

Sterkte met jou soektog. Terloops, ek dink daar was ook 'n groot kamp by Meyerton gewees.

Ek het klaar 'n cache by die Maccauvlei grafte Garden of Remembrance

Ek het ook gehoor in Meyerton was grafte. Ek het so idee waar dit is. Sal gaan soek.

Ollietande het ook lekker laidraad gegee. Ek sien die eerste "crossing" van Ingilse in die ou Transvaal was by Viljoensdrift. Sal daar ook gaan kyk.

Dan het die kakkies ook 'n groot kamp gemaak by Kliprivier. Hier is 'n inskrywing wat ek gekry het---

 

On 22 February 1900 the first active service company of the 1st Volunteer Battalion The King’s Own Yorkshire Light Infantry - three officers and 110 men - proceeded to Pontefract railway station on the first leg of their journey to South Africa. Arriving at Southampton Docks at noon the next day, the Volunteers filed aboard Castle liner “Avondale Castle” and at 2.30pm put to sea. After a voyage of three weeks, the party sailed into Cape Town at 2.00pm on St Patrick’s Day - 17 March. WHERE DID THEY STAY WHEN THEY GOT THERE?

Klip River

Located alongside the Central Railway, 21 miles south of Elandsfontein, overlooking a river of the same name in southern Transvaal.

Link to comment

Vir julle KZN manne hier is 'n storie oor konsentrasiekampe in Natal

The Merebank Concentration Camp for whites was established some 13 km south

of Durban. (See throughout the photo that has been included of a portion of the

camp.) The first inhabitants arrived on 13 September 1901, and the last 96 left on

10 December 1902. Merebank and the three other camps near Durban, namely

those at Jacobs, Wentworth and Pinetown, were erected to relieve the pressure on

the overcrowded camps in the Transvaal Colony and Orange River Colony (ORC),

Dit kom van die webwerf Merebank konsentrasiekamp

Ek is op soek na inligting oor die konsentrasiekamp wat in Vereeniging was.

 

die Kaap was ook betrokke.

As ek mooi kan onthou was die Mount Nelson hotel in die Kaap deel van die Britse mag se hoofkwartier

 

Dagse Geocacher_caza.

 

My TD cache (TD VI) gaan by die Jacobs konsentrasiekamp se gedenksteen begin. Ek't gaan soek na die ander plekke (Merebank & Wentworth) maar kon tot nou toe nie die plekke vind nie. Daai hele area is nou 'n industriele area.

 

Dankie vir die info.

 

Tot later, Groente vani C...

Link to comment

Welcome aboard Lucky Ed!

 

UPDATE

 

 

Die Tonteldoosreeks tot nou

 

The Tonteldoos Series to date

 

Tonteldoos I - PE - Ama-Soek-Soek

Tonteldoos II - Oosrand - DamhuisClan

Tonteldoos III - Rustenburg - Strider_SA

Tonteldoos IV - Linden - Carbon Hunter

Tonteldoos V - Grahamstad - ravenmeistre

Tonteldoos VI - Durban - Ysbeer

Tonteldoos VII - Pretoria - LeonW

Tonteldoos VIII - Rust de Winter - RedGlobe

Tonteldoos IX - Rooiwal - Tusk O'2

Tonteldoos X - Newcastle - Wazat

Tonteldoos XI - Ermelo - gerhardoosMPsa

Tonteldoos XII - West Rand - Team Ginger

Tonteldoos XIII - Boekenhoutfontein - cincol

Tonteldoos XIV – Laeveld – Bouts777

Tonteldoos XV – Kaap – Cape Guy

Tonteldoos XVI - Howic - DiePienaars

Tonteldoos XVII - Vaaldriehoek - geocacher coza

Tonteldoos XVIII - Hanover - Lucky Ed

 

This is becoming a MAJOR skattejag!!! Sjoe! Can you imagine....18 skatte to find one? Major stuff! And all this in (only) one year? Ek sal moet my gat in rat kry.

Link to comment

Another high-five for geacacher_coza!

 

"Wat van ek skenk 'n Travelbug vir die Tonteldoos cache.

Ons kan dan die Travelbugs noem na die oorspronklike Tonteldoos hy in is. Dan kan die taak van die Travelbug wees om al die ander Tonteldose te besoek

Die wat belangstel kan my kontak met hulle adres. Ek kan dan die TB's uitstuur as ek terug is in Suid Afrika so om en by die 10 Mei.

Johannesburg ouens sin kan ek aflaai."

 

Dankie Coza, even if it is put in your TD after the 10th, it is a grand idea and it would be cool if we had 18 bugs running around.

Link to comment

Ek is maar still heir rond, maar bekyk wel alles elke nou en dan. My tonteldoos is klaar gemaak, en doen nog so bietjie "research" om dit op die regte plek te bere. Ek dink dalk daaraan om kontak op te neem met 'n paar geskiedenis kenners op die oos rand. Sukkel ook om ABO ietems te vind. Sal verder nog moet dont kyk.

 

Waneer of waar kry ek my puzzel stukkie wat ek in my cahce moet sit om die finale een te vind?

Link to comment

Ek het 'n skaakstel wat my oupa groeitjie gekerf het op St Helena eiland. Ek sal dit darem nie opbreek on in die Tonteldoos te sit nie. Ek sal net 'n gelamineerde foto daarvan insit. Dan het ek ook 'n koper beslaande paar skoentjies wat my oupa sin was toe hy gebore was in die oorlog tyd. Ook darem nie vir die tonteldoos nie. Sal maar nog goed moet soek om in te sit!

Miskien die Kruger goud wat ek die anderdag ondek het terugsit in 'n tonteldoos :D:P:D

Edited by geocacher_coza
Link to comment

Waneer of waar kry ek my puzzel stukkie wat ek in my cahce moet sit om die finale een te vind?

 

Aan DamhuisClan en andere

 

Sodra jy reg is om jou skat te bêre moet jy vir Tusk O'2 PM en hy sal jou leidraad vir jou stuur wat in die skat gesit moet word. Die leidraad sal 'n woord of woorde wees wat uiteindelik gebruik sal word om die Groot Skat se lê plek uittewys. :P Skattejagters sal AL 18 stelle woorde moet kry om die finale leidraad te ontrafel! :D

 

Beide my skoonseun en ek plaas ons skattte oor die komende langnaweek en hoop dat Fish Eagle hulle spoedig sal publiseer.

 

Please note that if you have not received your clue for inclusion in your cache you need to PM Tusk O'2 in order to have it e-mailed to you.

Link to comment

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.
Note: Your post will require moderator approval before it will be visible.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Loading...
×
×
  • Create New...