Jump to content

Tonteldoos


Tusk O'2

Recommended Posts

Whoa!! Stop the bus - you guys need to talk to some of the MPU cachers who don't read the forums that often.... MPU is prime territory for "nog 'n Tonteldoos". Try contacting - Guineafowl, GerhardoosMPsa, TAMOtters, Bouts777, Master Blasters, and especially Guineafowl (did I say that already?) - I'm sure she will be into this series like a shot!!!

 

Ter wille van Fish Eagle en nog 'n paar ander ......... :)

 

With all due respect this whole idea was launched through the Forum by Tusk O'2. If anybody wishes to join in they are welcome. The actual number of caches in the series is not that important at this stage, except to say that ALL caches will need to adhere to a limited and minimum criteria [yet to be finalised but in the process of being established]. It has already been suggested that the FINAL cache in the series will be placed 1 year after the series is launched and will be in the Kruger National Park. It will also contain a substantial "prize" for the FTF and ALL caches in the series will have to be found in the preceeding year in order to collect all the clues for location of the final cache. We will probably employ the services of a puzzle experts such as CrystalFairy to assist with the final puzzle. This one will NOT be easy!! :)

 

My suggestion is that we make a cut-off date for series number allocation - say 15 April 2008 - so that everyone will then have sufficient time to pln their cache locations and to receive their "clue" to be included INSIDE the cache container. The "clues" will have to collected from each of the caches - in any order - for final solution of the final cache. :anibad:

 

So people, if anybody wants to be in on the action, contact Tusk O'2 to be part of the action!!

 

Happy caching

 

cincol and Tusk O'2

{Tydlike Tonteldoosskatreekskomiteelede}

Link to comment

Should any english speakers that struggle with Afrikaans as being a completely foreign language be interested in following the tinderbox series, there are some language translation tools on the web. All of which come up with some funny sentence structure!

 

Enjoy the thread, you native african speakers! :anibad:

Link to comment

As iemand wil weet waar is "Tonteldoos" - dis somewhere naby Stofberg (waar is Stofberg?? - somewhere naby Tonteldoos) -

 

Tonteldoos is so 20km van Dullstroom - tussen Dullstroom en Roossenekal. :D Lees berig hieronder.

 

"Tondeldoos is one of those towns you have to visit - just because of the name. Growing up in the shadow of the more famous Dullstroom, Tonteldoos has developed its own character and it even has its own pub.

 

Tondeldoos is also the host of the Tonteldoos Peach Festival - basically a good excuse to get there, and also to drink some of Mpumalanga's finest peach brandy at the Peach Brandy distillery. Travelling from Gauteng on the N4, take the Belfast turn-off and follow the signs to Dullstroom. Turn left into Maré Street, left again into Slachtersnek Road and right into Bosman Street – and carry on straight to Tonteldoos, which is about 20 km from Dullstroom."

 

Kom nou julle Mpumalangas - wie gaan 'n Tonteldoosskat in Tonteldoos sit? Fish Eagle? Dit WAS jou idee was dit nie? :D

Link to comment

Also a Trig beacon nearby Sutherland :

 

DRIEHOEKMETINGSTASIES / TRIGONOMETRICAL STATIONS

RSA 3220

State Copyright 1998 Staatsouteursreg

 

1998 12 22 WGS84 Spheroid/Sferoide Page/Bladsy no 2

------------------------------------------------------------------------------

Nr. Stasie Lo.84/21 Hoogte Opmerkings

No. Station Y Int.M. X Height Remarks

------------------------------------------------------------------------------

68 TONTELDOOS 23615,19 3608309,53 1623,2

Which converts to: 68 TONTELDOOS 32 35,94261' S 20 44,90620' E (roughly :D )

Link to comment

Jissie Jors! Is daar iemand daar naby wat sommer so lang die witpaal nog 'n TD kan gaan toepak onder klippe?

 

Ek het opgemerk dat hier nie foto's op hierdie forum geplaas kan word nie en my "inhoud" is reg (uitgesluyit die leidraad vir die GROOT TD.

 

Met permissie ... gaan kyk wat gaan in my TD wees.

 

http://www.silvershoes.co.za/Emerald/index...931.html#msg931

 

Kom lewer weereens kommentaar groot asseblief. Al daardie artikels is ouer as 100 jaar (behalwe natuurlik die plakker van die OVS vlag), stukkies Motivering?

Link to comment

Ollietande

 

Jislaaik ou!!!! B) Waar die duiwels gaan ons sulke goedes kry om in ons dose te sit?? :D Ons is nie almal so bevoorreg om stukke op ons plase op te tel nie! Miskien moet ons 'n museum êrens gaan roof [deur middel van "affirmative shopping" dalk] om oudhede te kry?

 

Nou moet ons kop krap dat die byle huil my maat! :D

Link to comment

Also a Trig beacon nearby Sutherland :

 

DRIEHOEKMETINGSTASIES / TRIGONOMETRICAL STATIONS

RSA 3220

State Copyright 1998 Staatsouteursreg

 

1998 12 22 WGS84 Spheroid/Sferoide Page/Bladsy no 2

------------------------------------------------------------------------------

Nr. Stasie Lo.84/21 Hoogte Opmerkings

No. Station Y Int.M. X Height Remarks

------------------------------------------------------------------------------

68 TONTELDOOS 23615,19 3608309,53 1623,2

Which converts to: 68 TONTELDOOS 32 35,94261' S 20 44,90620' E (roughly ;) )

 

Ek het die dorpie Tonteldoos op my Trac4Africa gekry. S 25 19.546, E 029 59.521

 

Glad nie geweet van die dorp se bestaan nie...

Link to comment

Ek het die dorpie Tonteldoos op my Trac4Africa gekry. S 25 19.546, E 029 59.521

 

Glad nie geweet van die dorp se bestaan nie...

 

Snaaks genoeg ek het nie geweet wat 'n tonteldoos was, toe doen ek 'n Google soek op die woord, toe kom ek af op die dorp. Toe dog ek die hele storie gaan oor die dorpie. Dis eers toe ek begin kyk na die hele thread op hierdie forum dat ek besef dit gaan oor iets anders. Dis toe ek nou begin vra oor wat 'n tronteldoos is.

 

Hulle het ook 'n jaarlikse met baie lekker perske brandewyn. Ek dink ek moet 'n bietjie gaan kyk....

Link to comment

To the tonteldoos committee:

I volunteer to place one in Tonteldoos if required. I hope this is not too quick, hopefully there is a location to stash one such as a mountain or two. Or a bridge such as the Noly one that wanted to kill me. I will visit the town during next month (April) to determine any hiding places. Sounds like a very interesting place.

 

Your guys should move fast, diesel is going up by more than a R1. One of these days I will have to dust off the old bicycle for caches. :unsure:

Link to comment

gerhardoosMPsa

 

Ermelo, een van die kerngebiede tydens die ABO. Daar is duisende plekke om Tonteldoos skatte te bêre in die omgewing. Sterkte met jou soektog na 'n geskikte plekkie. Ek sien uit om joune een dag te op te spoor. Terloops, Ermelo is die dorp van my voorvaders. 'n Paar strate in Ermelo dra [as hulle nie al verander is] van hul name. Die huidige ouetehuis, oorkant die ou "Holiday Inn", is waar die oorspronklike familiewoning was.

 

Geniet jou soektog.

 

cincol

Link to comment

Nou toe nou. Die man sit daar anderkant die water alleen en hier vertel hy my die geskiedenis van Ermelo. Lyk my Ermelo is tog nie so onbekend nie.

 

Die wereld is maar klein, ons draai almal in die rondte maar soms kom ons weer by die selfde plek uit. JY is meer as welkom om ons te besoek as jy eendag in hierdie omtrek is. Jy behoort goeie geskiedenis te weet van hierdie plek.

 

Ek glo nog steeds tonteldoos is 'n spil punt. N tonteldoos in die tonteldoos dorpie sal goed wees. Goed om van jou te gehoor het.

 

Gerhard

Link to comment

Hey almal en Gert daar in oos MP. Gerhard, maak plek, ek sal hang aan die begindatum (sien cincol het my seker magte beding).

 

Iewers gelees iemnd praat van 'n "spilpunt". Dis nou een van dai moerske besproeiings goeters maar die kern van die begrip is in die "middelpunt".

 

Cincol. ek wil voorstel dat ons die dorpie Tonteldoos die oorsprong van die spilpunt maak. Laat die "Skt van Goud" in Tonteldoos wees en as ons kan, dan maak ons die Groot Soek in dieselfde tyd as die brannewynfees.

 

Die ouens wat wil soek moet eers 'n sopie of vyf wegslaan VOOR hulle die leidraad kry?

 

Ons hoef regtig nie haastig te wees met die TD reeks nie, haastige hond verbrand sy mond.

 

So daar sal nou ook 'n TD XI wees. WONDERLIK!! Dankie Gert.

Link to comment

Cincol. ek wil voorstel dat ons die dorpie Tonteldoos die oorsprong van die spilpunt maak. Laat die "Skt van Goud" in Tonteldoos wees en as ons kan, dan maak ons die Groot Soek in dieselfde tyd as die brannewynfees.

 

Die ouens wat wil soek moet eers 'n sopie of vyf wegslaan VOOR hulle die leidraad kry?

 

 

Mense - hierdie ding begin no lekker na 'n punt toe - spilpunt of te nie. Brannefees en 5 sopies voordat ek moet gaan shoek ghaan smy SHGPSH shlaat slê! :D

 

Wat 'n uitstekende idee. Ja-nee, daar is nog BAIE tyd om dinge te reël en wie weet, maar dalk kan daardie brannewynfees en brannewynstokers dalk 'n ietsie kan bydra tot die finale soektog? :) Kom ons los dit maar oor tot die manne wie die finale bêreplek gaan uitsit en daardie laaste Groet Soek reël. 'n "Event Cache" saam met 'n brandewynfees kan dalk SA se eerste "Mega Event" word! :P Nou word daar iets gedoen om na uit te sien. Kom ons sien wat ontwikkel hieruit.

 

Volgende punt. Fish Eagle het laas genoem van baie ander mense in Mpumalanga wie sal wil deelneem in die Tonteldoosreeksskattejag. Tot dusver het nog niemand op die Forum gekom en gesê hulle wil deelneem van MP nie, behalwe vir gerhardoosMPsa. Dalk moet ons vir gerhardoosMPsa vra om die plaaslike bevolking van MP te nader, in samewerking met Fish Eagle, om daardie TD XI sommer op te stoot na TD XVIII toe of dalk hoër. MP het honderde pragtige plekker wat met die ABO en ander Afrikaanse geskiedenis betrokke was. Hoe klink dit vir 'n uitdaging aan die Ermeloiete? :) Ek is seker hulle sal byt soos 'n wafferse honger grootbekswartbas uit Chrissiesmeer! Of hoe? :P

 

Die kook is besig om lekker te klim nou hier - 39'C en stygend!

 

Lekker aand verder.

 

cincol

Edited by cincol
Link to comment

Brandewyn het nie brieke nie. Kon dit nog nooit regtig verstaan nie maar kyk hoe wikkel die manne nou met die beplanning. Miskien is die brieke al klaar los. As ek reg verstaan sal daar moet gewikkel word die fees is om die draai. Iewers in April - sal more meer inligting kry.

 

Daardie plek smeek vir 'n cache. Kyk na Tonteldoos. Ek sal 'n e-mail stuur vir die ander cachers. Hulle is darem baie stil. Wonder wat broei. Maar ek het hulle name. Hoop net nie ek word aangekla vir spam nie.

Link to comment

Hi Gerhard,

Ja, MP is maar bietjie stadig, maar agter-osse kom ook in die kraal. Dankie dat jy laat weet het van die GROOT event!!

Het die brandewyn fees waarvan gepraat word gaan google, kom niks info kry nie. Het afgekom op 'n Tonteldoos Country Festival wat lyk my elke jaar gehou word, maar dis reeds verby vir hierdie jaar. :) Het dit onder hierdie link gekry.

http://www.sa-venues.com/events/mpumalanga...tion.php?id=103.

Is nog maar nuut in die ding, maar is altyd gewillig om te help. Soos Cincol tereg se, hier's hope pragtige plekke in MP.

Link to comment

As ek reg verstaan sal daar moet gewikkel word die fees is om die draai. Iewers in April - sal more meer inligting kry.

 

Whoa - stop die lorrie! Die Tonteldoosskattejagreeks gaan sò werk - al die skatte gaan gebêre word deur die hele land. Elke skat sal 'n leidraad hê wat sal lei tot 'n finale leidraad. Die finale leidraad sal eers heelwat later bekend gemaak word. D.w.s. die finale skat se ligging eers later ook bekend gemaak gaan word. Om die finale skat te soek sal 'n skattejagter ELKE leidraad by AL die Tonteldoosskatte deur die land moet kry voordat hy dit sal kan kry. Hierdie een gaan nie maklik wees nie! :laughing: So, die beplanning van die Groet Soek het so te sê 'n jaar om te gebeur. Word rustig en sorg dat daar nòg BAIE Tonteldoosskatte gebêre word, veral in MP en Wes Kaap waar hulle maar yl is. :ph34r:

 

Groetnis.

Link to comment

Dankie cincol. Hierdie boertjie is besig om sonneblomme kop-af (kaf) te maak en 'n paar sente te verdien, so verstaan as ek so nou en dan skaars raak.

 

cc, ek dink oor die ding dat daar leidrade in al die TD's gaan wees en dat 'n Skatjagter ALMAL moet kry om die leidrade vir die GS te kry.

 

Iets wat my pla: As daardie makmoer wie my gps vir 'n selfoon aangesien het en die ding gesteel het intussen bevorder is na die pos van Minister of iets, en die aap kan nou ook TD's kom soek, sal hy nie dalk die leidrade saamvat om sodoende die ander ouens se kanse te benadeel nie?

 

Noudat die dorpie TD op die map gekom het kan ons tipies Boers optree en met 'n Guarilla (vlok! Hoe spel mens daai goed?) strategie kom en die hele plan verander.

 

Dit is prioriteit dat die aantal TD's die hoogte inskiet. As elke ou met 'n gps 'n TD kan wegpak en ons land met so honderd- of wat TD's, sal dit moeite werd raak.

 

Kom ek stel ook voor dat die TD's se onderwerp gewysig word om te lees (ABO/ABW).

 

M.a.w. dit gaan oor die Anglo Boereoorlog en AL die betrokkenes. Boere/Britte/Swart bevolking/Pandoere/Ozzies/Duitsers/...en al die ander deelnemers van die ABO.

 

Daardie knopie wat ek hier agter my huis uitgegrawe het kom uit New York, so daar was Yanks ook hier.

 

Sekondante?

Link to comment

Naskrif. As ons bietjie malgaan met die ding kan dit maklik ontpop na 'n Internasionale Tonteldoos (hey ou wazat, dit sal 'n groter doos as ET s'n vat om die hele wereld in te "wegsteek"!!)

 

Ek ken nie die dorp TD nie - miskien ry ek die naweek daarheen om te kyk. Agter wie kan ek aanry?

 

As die Groot Skat (of wat) nou teen 2010 kan opgaan en die hele wereld se skatjagters weet daarvan, dan kan 'n klomp kom skatsoek terwyl die ander voetbol kyk.... en anders-om.

 

Intussen bou ons TD's lat die sop spat, op elke gedenkwaardigheid en grafsteen van die Anglo Boer War en kie.

 

Ek soek regtig nou die hand van die sekondant.

 

Groetnis

Sakkie

Link to comment

Ollietande

 

Jy vra vir idees/sekondante/voorstelle/en wat meer. Wel hier is my 2 dirhams werd [omtrent 5c!] :)

 

Ons het omtrent 6 weke oor om die Tonteldose te "registreer" by jou om leidrade te kry en dan weg te steek. Ons het omtrent 12 bevestigte skatte tot dusver. Ons wil hê so veel as moontlike mense deelneem. Nou ja - jou idee van suiwer ABO/ABW klink heel goed. Elke provinsie was betrokke en daar is puik slagvelde/begrafplase/monumente/ens dwarsdeur ons land wat skatte kan huisves. Waar is die Kapenaars met hierdie initiatief van jou? Daar is 2 Oos-Kapenaars maar nog geen Wes-Kapenaars betrokke nie. Die Mpumalangas en Piesangboere is ook maar skraps.

 

Ek is nie te vinde met jou voorstel van die wêreldwye skattejag nie. Dit sal baie tydrowend wees om te administreur en sal redelik moeilik wees om te ko-ordineer. Tensy jy of iemand anders bereid is om skielik af te tree om hierdie voltyds te doen glo ek nie dit sal van die grond af nie. Ek stel voor dat ons by die leuse K.I.S.S. - "Keep It Short and Sweet" - en beperk dit tot die provinsies van SA en Suid Afrikaners.

 

Hierdie is alles oop tot bespreking, veral met die mense wie deel gaan wees van hierdie opwindende reeks. Kom mense - ons soek nog skattejagters om Tonteldose weg te steek in al die provinsies. Hetsy Engels, Afrikaans of watter ander tale - maak nie saak nie! :huh:

 

Laat die debat begin. ;)

Link to comment

Hallo mense

 

Ek sekondeer die KISS idee. Miskien moet die hele ding na een (maks 2) DT'se per provinsie beperk word. Ek weet nie eers teen watter eeu ek by almal sal kan uitkom nie, om die finale een te kry nie! ;-)

 

En die enigste boere konsentrasie kamp denkplaat hier in PE, het hulle toe-gebou!!!! Krap nou kop vir nuwe DT wegsteek plek vir TD I -PE.

 

Groetnis

ammaSoekSoek

Nogge Sakkie

Link to comment

Thanks to the Moderator for combining the 3 topics on this Series into 1 thread. Now it will be much easier to follow the discussions.

 

Dankie aan die Moderator vir die samevoeging van die 3 onderwerpe oor hierdie Reeks in een. Nou sal dit baie makilker wees om die besprekings te volg.

Link to comment

Dankie cincol en baie dankie Moderator! Dit maak my deurmekaar maar ek probeer!

 

Daar is nou 13 TD's en ek hoop vir 14. Was vandag by 'n plek wat my die koue rillings gegee het????

 

Die ou langs die plek (Robert) is ultracool. Sal iemand daar naby groot assblief 'n doos daar gaan plant, groot seblief!

 

S 26.28.071

E 028.04.181

 

Ek het foto's in 'n .doc file gelos vir my Boervrinne om na te kyk. As julle wil sien wat ek gesien het, gaan kyk by: http://www.boerevryheid.co.za/forums/showt...1028#post161028

 

Moenie skrik vir die Boere nie, hulle is almal goeie mense ....

Link to comment

Stilte vir die Afsetter?

 

Ek het begin werk aan TD IX en wil my idee deel sodat julle kan vertel of dit binne die reels van Geo val en of ek dit so kan doen.

 

Die finale deel kom nog maar sal soorgelyk as die deel hier onder wees.

 

***********************************************************

Tonteldoos IX

 

TD IX is 'n reeks binne 'n reeks. Leidrade om by die Skat te kom is ook versteek. Dit behoort vir 'n goeie skatjagter moontlik te wees om die Skat binne 1 dag te vind. Maak seker dat jy skryfgoed byderhand het.

 

%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%

 

Die Wegspringplek van TD IX is hier : S ******* E ********

 

Ontmoet die mense hier en skryf neer hoeveel kinders daar is.

 

Terwyl jy daar rondstaan en wag, let sommer op die Graad 1-tjies wat eintlik in die klas moes wees (dis nou die klompie van so 7 jaar oud).

 

Skryf neer hoeveel kindertjies in hierdie klas.

 

Vra rond vir Johanna Els ('n nooi Steyn) en hoor in watter jaar sy gebore is. Skryf dit neer.

 

Terwyl jy daar by Johanna C.E. Els staan, kyk oor haar skouer, daar sien jy hoe al die mense in rye staan.

 

Soveel kinders soos in die klas, soveel rye stap jy aan.

Soveel som van Els se jaar, soveel blokkies na regs verklaar.

 

Daar, net daar, kry jy die S ********* E ********* wat jou sal neem na die volgende leidraad.

 

%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%

 

Ontmoet vir Percy Draper.

 

Kyk na die ooste en dit wat jy sien uittroon bo die horison is waarheen jy moet gaan, om op die rugkant van die hartkant jou padaanwysings te sien.

 

%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%

Link to comment

Shoee Ollietande! :laughing: Hierdie een gaan kwaai kopkrap veroorsaak! Dit lyk uistekend. Dit sal dalk 'n 4* kan dra! :rolleyes: Onthou net dat die leidrade later in Ingels vertaal sal moet word. Alle gepubliseerde skatte kan in enige taal wees solank daar 'n Engelse vertaling by is. In ander woorde jy sal die leidrade op so 'n manier moet skryf dat die vertaling nie die leidraad afwater nie en andersom. Sterkte ou maat.

 

Myne gaan ook 'n "Puzzle Cache" wees. Ek werk nog aan die "puzzle"! :D

 

Lekker naweek.

 

cincol

Link to comment

PASOP VIR:

 

In hierdie area is die Swart Rinkhals baie tuis. 'n Pragtige pikswart slang wat gemaklik 'n meter of so lank kan word, verskriklik rats en spoeg 'n boog!

As hy aangeval word gaan staan hy so hoog met sy breë wit bors dat hy 'n bobbejaanmannetjie vierkantig in die oe kan kyk. (Oorlewering vertel dat as daai Rinkhals voor uit uitgegroeide bobbejaanmannetjie opstaan, ys daai aap se bloed net daar en dan. Hy gaan staan stokstil, jy kan hom optel en wegdra as jy wil.)

 

Soek inligting oor die gif-tipe (senuwee ek dink) en die habitat (In die oop veld, tussen gras, slaap graag in gat.) en die beskikbaarheid van teenmiddels (mens kry so "kit" by party apteke.

Nog iets wat wonderlikalgemeen hier voorkom is die klein swart skerpioentjie en so effe groter nefie van hom, so vaalbruin ene. (Ek weet niks van die goed nie, dis maar wat ek gesien het die afgelope half –eeu) Jy sal hulle nie sien nie behalwe as jy begin veldklippe oplig. MOENIE klippe omrol of oplig as hulle daar "gebore" is nie. M.a.w., As 'n mens 'n klip daar neergesit het, dan mag jy dit optel of omrol.

As daai Scorpio jou pik, drink pynpille. Dit brand soos 'n hele spannetjie perdebye, daai klein Reds wat so vinnig en so baie keer kan steek. Hulle woon baie graag binne ou murasies en buite toilette, teen die plafon. (Dis nou die Reds hoor.) Solank jy nie aan sy nes stamp nie is jy veilig maar broer! Voor jy weet wat maak jy jou broek nat! Dit brand! Gelukkig net vir 'n kort rukkie …. Hehe

 

Lekker lang (tot 15 cm) pendorings (van 'n soort soos Jesus se kroon) en vreeslik kakiebos en klitsgras. Trek liefs boots en 'n langbroek aan. 'n Kakiebroek werk die beste.

 

%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%

 

Ek sit maar my gedagtes hier neer want iemand sal my moet help om dit so bymekaar te sit dat dit sin maak. Wazat, sal jy groot asseblief weer help met die vertaling (later).

Link to comment

UPDATE

 

:o:D:D

 

Die Tonteldoosreeks tot nou

 

The Tonteldoos Series to date

 

Tonteldoos I - PE - Ama-Soek-Soek

Tonteldoos II - Oosrand - DamhuisClan

Tonteldoos III - Rustenburg - Strider_SA

Tonteldoos IV - Linden - Carbon Hunter

Tonteldoos V - Grahamstad - ravenmeistre

Tonteldoos VI - Durban - Ysbeer

Tonteldoos VII - Pretoria - LeonW

Tonteldoos VIII - Rust de Winter - RedGlobe

Tonteldoos IX - Rooiwal - Tusk O'2

Tonteldoos X - Newcastle - Wazat

Tonteldoos XI - Ermelo - gerhardoosMPsa

Tonteldoos XII - West Rand - Team Ginger

Tonteldoos XIII - Boekenhoutfontein - cincol

Tonteldoos XIV - ??? - ???

 

More will be welcomed - especially in the Cape and Mpumalanga. There will be no restrictions on the number in any region / province.

 

Nòg sal verwelkom word - veral in die Kaap en Mpumalanga. Daar sal geen beperkings wees op nommers in enige streek / provinsie nie.

 

The publication date will be Thursday 15 May 2008. This will give cache owners the long weekend at the beginning of May to do their final preparations and then a few days extra to get the cache finalised. All applications will still need to be reviewed by Fish Eagle prior to publication so 10 days after the long weekend should ease the pressure for all.

 

Publikasie datum sal Dondersag 15 Mei 2008 wees. Dit sal skateienaars kans gee om hulle navorsing en voorbereidings te doen en dan nog 'n paar dae gee om die skat te finaliseer. Alle aansoek sal nogsteeds deur Fish Eagle nagegaan word voor publikasie dus die 10 dae sal die druk verlig.

 

A reminder - Please send an e-mail to Tusk O'2 to confirm your cache with him and also that he has an address where he can forward the clue that will be included INSIDE your cache somewhere - hehe - I wonder how much effort will go into hiding the clue inside the cache container!! :o

 

Herinnering - Onthou om Tusk O'2 [ja, dis Ollietande] 'n e-pos te stuur om jou skat te bevestig en sodat hy jo uadres het waar hy jou leidraad heen kan stuur vir insluiting êrens in jou skatdoos - hehe - ek wonder hoeveel moeite gaan gedoen word om die leidraad weg te steek binne in die doos! :D

Edited by cincol
Link to comment

cincol, dink jy Wazat mag vir ET is sy doos wegsteek? Dis ook mos Boere en oorlog?

 

Ek wil graag weet hoe maklik TD IX (en die ander) moet wees? 4x4 voetuie of gewone motors? Hoe naby 'n pad? 100m? 5km?

 

Ek weet klaar TD IX gaan verseker nie 'n "stilhou en ry" skat wees nie.

 

Die goeters wat binne TD IX is mag omgeruil word, maar stel met 'n item wat jy binne 10m van die skat af vind. Enige iets, van 'n boomblaar tot 'n klippie. Miskien is jy gelukkig en tel 'n Krugerpond op. Wees nice en ruil dit vir 'n klip. Laat weet net die TD IX eienaar ...

Link to comment

cincol, dink jy Wazat mag vir ET is sy doos wegsteek? Dis ook mos Boere en oorlog?

 

mmmmm - kom ons kyk na hierdie een. Wazat is Ingels en ET 'n Boer. Anglo = Ingels. ABO = Rooi teen Khaki. Ek sien nie 'n probleem daarmee nie. :o Vraag - gaan hy daardie groot doos gebruik wat hy in een of ander begrafplaas opgetel het? :o

 

Wat die moeilikheidsgraad betref glo ek daar sal skatte in die reeks wees wat 1* is deur tot dalk 4* of 5* so maak soos jy lus het - niemand gaan kla nie. :D

Link to comment

Ek sukkel om n ABO plek te kry in die Rust de Winter gebied? Is daar iemand wat dalk vir my kan help want ek het te gou my mond oopgemaak oor daardie gebied? Anders moet ek dalk na Brits kyk want ek weet nog van n ding wat daar gebeur het maar soek nog die presiese plek. En dan is ek ook nog wel bewus van n plek in Pta maar LeonW se TD sal mos in Pta wees.

 

Enige raad sal waardeer word asb

Link to comment

Ek weet dat dit skyf dinge aan 'n bietjie verder, maar ons kyk na die 15de Mei om alles te begin. Wat van ons hou uit tot die 31ste Mei. Die is die dag toe die Anglo-Boer oorlog finaal ge-eindig is terug in 1902.

 

Ek het nou weer gaan kyk waar ek die Tonteldoos in my area wil sit en kom toe agter dit is deel van die eerste Anglo-Boer oorlog en nie die tweede een nie.

 

Ek het darem 'n ander plek of twee in gedagte.

Edited by Wazat
Link to comment

Wazup Wazat?

 

Ek wou eintlik reply op jou pos toe druk ek die skakel maar jou is jou storie nie hier nie en ek kan ook nie alles onthou nie. Die Inet is so stadig hier by my dat dit 'n halfdag vat net om terug te gaan na die vorige bladsy. Iemand suck weer al die bandwith.

 

Daardie 31 Mei is 'n groot dag vir die Afrikaners. Ek dink hulle roep dit Republiekdag, something that happened around the early 60's I think. Not related to the Boerehistory as such. Then again, there is sucha lot of "forgotten" Boers amongst the Afrikaner that it could tjust as well be a Boerie thing.

 

Persoonlik sal ek daarvan hou as ons kan terughou "hold hold hold" tot die 31ste, my oupa het op daai dag met sy perd en uniform deur die hoofstraat van Koppies gery, met die ou SA vlag, die oranje, blanje,blou. Die Bastervlag.

 

Vir ' Boereding sal die Vrystaatse en Transvaalse Vierkleure die regte vlae wees.

 

Anyway, Wazat, daardie eerste oorlog pas mooi in. As jy dalk een van daai budhabeeltjies het, en hy lyk soos Jan van Riebeeck, kan jy dit ook in die skat sit. As jy REGTIG ernstig wil wees sal Franse/

Hollandse (Protestantse) goetertjies ook werk. Bybelversies is natuurlik so eie aan Boerwees as kan kom. Daai kleintjies wat jy vir 'n vriend "slip" sonder dat die ander sien.

Ek het nog so klomp wat van my oorle oupa af kom, ek sal een in my skat sit maar dan gaan ek dit ook moeiliker maak om te vind.

 

Hoe lyk dit met vertaal Wazat? Vir die ingelse Boere? Nie die twakpraat nie maar soos cincol, die belangrikste dele wat gaan oor die TD reeks.

 

Sal jou 'n milkshake koop eendag. Cream Soda.

 

Lekker naweek vir julle, ek werk - moet 'n TD wegpak. Sal later kom rapporteer.

Link to comment

Nee ek weet van daai 31 Mei ook, maar die vreede ooreenkoms is op die 31ste Mei 1902 geteken om die einde van die twede Anglo-Boere oorlog to eindig.

 

Ja ek dink ook aan die eerste oorlog nou is eintlik die begin van die tweede een as 'n mens daaraan dink. Baie van die boere van die eerste oorlog is betroke in die tweede een.

 

Ek sal 'n bietjie moet rond kyk in Vrede se twede handse winkel weer. Daar is baie ou goed daar. Nie juis 100 jaar terug maar baie goed wat sal pas op 'n manier.

 

Ek sal dalk 'n tronteldoos vir elke oorlog dan doen... Sal moet net moet besluit op die tweede een se plek. Daar is so veel plekke hier....

Link to comment

Ek sukkel om n ABO plek te kry in die Rust de Winter gebied? Is daar iemand wat dalk vir my kan help want ek het te gou my mond oopgemaak oor daardie gebied? Anders moet ek dalk na Brits kyk want ek weet nog van n ding wat daar gebeur het maar soek nog die presiese plek. En dan is ek ook nog wel bewus van n plek in Pta maar LeonW se TD sal mos in Pta wees.

 

Enige raad sal waardeer word asb

 

RedGlobe, die TD-reeks het die Boere (oorlog/kultuur/identiteit/geskiedenis) as tema. Die klem op die Anglo Boereoorlog (Tweede Vryheidsoorlog) Boer vs Brit. Dit volstaan nie hierby nie - soos Wazat wil maak is ook reg, as jy ET in 'n doos kan pak en wegsteek is dit fine. Elk geval, om dit vir maklik te maak om 'n plek te kry.

 

Elke dorp in die Transvaal en Vrystaat het 'n Boerevereniging. Die maklikste is jy stap by 'n OTK,SENWES,AFGRI of enige ander landbouding in en vra vir die besonderhede van die Boerevereniging. Jy bel die ou en vertel hom van die Tonteldoos reeks (as jy hom kan wys op jou mobile nog beter) en siedaar, hy sal jou help (as dit 'n Boer is). Alle plase in die Transvaal en Vrystaat was Boeregrond ...tot 1902, toe die Zimding hier gebeur het.

 

'n Tonteldoos op 'n plaas MET die samewerking van die plaaseienaar sal wonderlik wees.

 

Hierdie was nou daai "enige raad"

Link to comment

 

Ontmoet die mense hier en skryf neer hoeveel kinders daar is.

 

Terwyl jy daar rondstaan en wag, let sommer op die Graad 1-tjies wat eintlik in die klas moes wees (dis nou die klompie van so 7 jaar oud).

 

Skryf neer hoeveel kindertjies in hierdie klas.

 

 

Ek hoop nou nie daar is 'n kindertjie siek wanneer ek daar kom om die doos te vind nie.. :)

Link to comment

 

Ontmoet die mense hier en skryf neer hoeveel kinders daar is.

 

Terwyl jy daar rondstaan en wag, let sommer op die Graad 1-tjies wat eintlik in die klas moes wees (dis nou die klompie van so 7 jaar oud).

 

Skryf neer hoeveel kindertjies in hierdie klas.

 

 

Ek hoop nou nie daar is 'n kindertjie siek wanneer ek daar kom om die doos te vind nie.. :lol:

 

%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%

 

Team Ginger, al die kinders sal daar wees, glo my.

 

Tuis na 'n baie lang en uitputtende dag! TD IX is op finals. Die Boere (sjoe het ek vasgehaag daar!) is in kennis gestel van die TD reeks en almal is opgewonde.

 

So nou gaan die TD IX verhaal vêrder:

 

Vanaf rugkant/hartkant …

 

"Tussen die tralies van onbekende siele, Britsverlate in 'n vreemde land, is daar 'n bord. "n Beskrywingsbord. Onder die bord staan daar waar jy moet heengaan.:

 

%%%%%%%%%%

 

As jy hier kom, draai links en gaan na **********************

" Waar die boomstam met die aarde kennis maak – dit is waar ek is, grassroots level"

 

%%%%%%%%%%%%%%%

 

Voor jy vertrek, kyk na die weste en sien deur die oe van 'n groot Generaal. Die aarde is plat hier. Neem twee Krugerponde vir tolgeld"

 

%%%%%%%%%%%%%%%%%%

 

Neem die kortste roete na Die Poort en betaal een Krugerpond vir tolgeld, visa en instruksies.

 

%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%

 

Neem foto's hier.

 

Betaal en Krugerpond hier vir instruksies.

 

%%%%%%%%%%%%%%%%

And that will be the beginning of the final stretch to TD IX. Along the way the following clues might appear:

 

"Here you will find The Key. Under the arrow in the gate. With this can you will be able to open the Second Gate.

Remember to return The Key to its resting place, or you might lose your way.

%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%

 

Look at the horizon – go to the sight that reads: " www.geocaching.com" Here you may rest in the shade. It is not a public place and you have gained access through the use of The Key.

While resting, look for a shack facing east. Where the backdoor would have been you will find the "Final Steps". Look under a thin layer of ground. Replace it intact.

 

%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%

 

You may now continue to collect your "skat". Make sure that you take a flag en show it. Show your flag (your colours) as you will now be entering "Boeregrond" and would not want to be seen as an "enemy" on foreign soil.

 

On this final part of your journey, you must pay tribute to those that have been here before you, me,us. Do it with respect. Make sure that you close each and every gate that you pass through. If you get lost, you know where The Key can be found – you may leave at any time.

 

%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%

 

Sit here for a while and try to see ….

 

This is the final leg to reach TD IX. Congrats on coming this far.

You may now document your clue to "Die Groot Skat".

Link to comment

freaken floppen kripvreet bliksemstraal! Dis harde werk die (maar lekker). So wie moet ons bedank? Nie Boland bank nie nee, GEOCACHE dot COM.

 

Hierdie Boer is nou moeg geploeg. Te moel met al die vaak Afrikaners en die springlewendige nie-Afrikaners, 'n TD is 'n TD "and we will not be moved".

 

Wel te ruste Boertjies!

Link to comment

Ollietande - dit klink vir my dat ek 'n week se verlof sal moet neem en daar êrens in die Vrystate se vlakte kamp sal moet opslaan om hierdie leidrade te ontrafel! Ek wou altyd 'n week in die Koppies omgewing deurgebring het in 'n tent op die oop vlaktes! :unsure:

 

As AL die Tonteldoosreeksskatte sulke leidrade gaan hê gaan dit bra moeilik wees om the finale rusplek op te spoor. Gelukkig sal myne nie so ingewikkeld wees nie, maar dis nie te sê dit gaan maklik gevind wees ook nie.

 

Mense, ek sien uit daarna om vir ten minste 'n paar van hierdie skatte te jag. :D As alles goed gaan is ek darem in Grahamstad en PE die week van 19 Mei so sal ten minste daardie 2 kan soek. Ek vlieg huistoe 8 Junie so het dalk 'n kans om een of twee in Gauteng ook te soek voerdat ek vertrek.

 

Lekker bêre almal - ek hoop van die ander skatte ook so uitdagend soos Tusk O'2 s'n gaan wees? :D<_<

Link to comment

cincol, soos ek dit geplaas het is die voorlopige plan. Ek wil darem nie dat dit voornemende skatjagters afskrik nie! Tussen die eerste leidraad en die TD IX is daar seker 40km se ry en met die soek saam kan dit 'n dag-ekspedisie wees.

 

Nie vir iemand wat die skat in 'n "verbyry" wil kry nie. Dit sal te "dedicated" wees.

 

Wat dink die ander, moet ons nie 'n tydlimiet op die skatte plaas nie, m.a.w. dat dit nie langer as 1 of 2 ure moet vat om die skat te vind nie?

Link to comment

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.
Note: Your post will require moderator approval before it will be visible.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Loading...
×
×
  • Create New...