Jump to content

Tonteldoos


Tusk O'2

Recommended Posts

Ja ek verstaan dat die hele skatsoek gedagte eintlik Merikaas is en al daardie mooi dinge. Ek verstaan ook dat die minste ouens Afrikaans kan lees en verstaan. My eie drie of vier kleinste skatjies is ook in Ingels geplaas en almal wat al besoek het los Ingelse boodskappies en dit is cool MAAR ...

 

Om so hier en daar 'n Boeretaal skat te begrawe sal mos nie te erg op die hele skattejagding inbreuk maak nie? Ek is hoeka lus is bêre 'n REGTE EGTE skat. Iets wat jou wrintie die moeite werd is om te kry. Soos miskien 'n patroondoppie uit die ABO of 'n kasteroliebottel uit dieselfde tyd. Het so paar sulke antiekies waarmee ek sal afstand doen as dit gaan na iemand wat waarde daaraan sal heg.

 

So hoeveel boersprekendes het 'n BLI? (Benaderde Liggings Instrument)

 

Groetnis

 

2xOlifanttand.

Edited by Tusk O'2
Link to comment

Wel ek hoop dat U hierdie klein doosies iewers in die nabyheid van die ou Natal grens sal los dat hierdie ingils man so een of twee skatte kan byvoeg op sy telling. Maar ai tog maak net seker dat dit nie in die bul se pen is.... Of dan moet ek maar my GPS (Globale Posisioneringstelsel) moet gaan soek, nadat bogenoemde bul my terug oor die grens gejaag het. Ai die dinge wat ons sal doen om 'n doos te soek.

Link to comment

Ollietande

 

Ek was onlangs in Italië en het rêrig gesukkel met duie skatte daar as gevolg daarvan dat hulle meeste in Italiaans geskryf is. Van hulle is wel vertaal, maar partykeer is die vertaling so sleg dat jy niks daarvan kan maak nie. Kyk gerus na skatte is Duitsland, Switserland en Skandinawië net om 'n paar lande te noem. Daar sal jy gelukkig wees as enigeiets vertaal is op die webbladinskrywings.

 

Sterkte en ek sal beslis jou "Boereskatte" soek as ek in jou omgewing dalk is.

 

Groete

 

cincol

Link to comment

Hi Tusk 0'2

 

Long Time No See.........

 

Steek hom weg, dan soek ek hom. As 'n oorsese soeker nie verstaan nie, en dit graag wil soek, moet hy/sy jou maar kontak.

 

Die enigste rede hoekom ek myne in Engels doen is maar omdat dit die naaste aan 'n universiële taal is en 'n mens begrip het vir die buitelanders wat hier kom rondsoek. Baie keer kan jy uit hul boodskappies aflei dat Engels vir hulle ook maar half vreemd is, maar hulle probeer darem.

 

Groetnis

:)

Link to comment

Hi Tusk 0'2

 

Long Time No See.........

 

Steek hom weg, dan soek ek hom. As 'n oorsese soeker nie verstaan nie, en dit graag wil soek, moet hy/sy jou maar kontak.

 

Die enigste rede hoekom ek myne in Engels doen is maar omdat dit die naaste aan 'n universiële taal is en 'n mens begrip het vir die buitelanders wat hier kom rondsoek. Baie keer kan jy uit hul boodskappies aflei dat Engels vir hulle ook maar half vreemd is, maar hulle probeer darem.

 

Groetnis

;)

 

Hey Metro!! ;)

 

Julle vat nog steeds van daai lekkerste beskuitjies saam op die skattejag?

 

Wazat, wat is 'n boer sonder sy mielie? ;) Miskien kan amma-Soek-Soek vir ons 'n "Tonteldoos I" daar in PE wegpak, dan maak ons 'n hele reeks "Tonteldose". Goeie plan amma.

 

Die Tonteldoos reeks. Hoe sal dit werk as daar net een skat is wat gevind kan word? Die eerste een wat die skat kry vat dit en dan is dit verby?

Link to comment

I can read & understand. Maar ek sukkel so bietjie om dit te skruif !! :)

 

Whostops, dit is verseker dat jy die een is wie komplimente moet kry hier! Dit is PUIK om sulke mooi goeters te lees. Baie dankie! Ek maak 'n aantekening om sodra ek in die Natalrigtig beweeg 'n skat te begrawe met die naam "Aanhouerwen" - ter ere aan Whostops .... so kyk uit.

 

Geen vonkpos Metro. ek weet nie of ek 'n adres hier mag plaas nie maar probeer: wizard@silvershoes.co.za

 

Sal nie kwaad wees as een van die admins dit verwyder nie!

 

cache-fan, you hang in there, I hear that IE 8 will be fitted with a fabulous translating tool. You gonna need that to get yer fingers on some goodies-to-come. As far as what have been said in this draad (thread) is concerned, you should take note that "Tonteldoos" could be translated into beiing the wellknown "bic lighter".

 

Tot wederom Boere!

Link to comment

Hierdie klink sommer BAKGAT! Dankie Anton.

 

Carbon, dit gaan net Tonteldose wees, nie rugby velde nie :anibad:

 

Sovêr is daar twee Tonteldose. Tondeldoos I - PE, Tonteldoos II - Oosrand. Die laaste Tontedoos sal ek iewers in die Vrystaat wegpak. Nou moet daar net nog 'n paar bykom.

 

Die plan lyk so:

 

Elke Tondeldoos sal net EEN item hou. Dit sal iets wees wat met "Boere" assosieer. Nie die boere op plase nie, maar die Boere van De Wet en De la Rey se dinge.

 

As almal wat Tonteldose wegpak mooi saamwerk kan ons dan al die skatte op een dag "launch". M.a.w., elkeen wat 'n Tonteldoos bêre hou al die inligting terug en dan launch ons almal gelyk op 1 Mei 2008.

 

So hoe klink dit? Nog in lyn vir Tonteldose?

Link to comment

Ollietande

 

Ek is met jou op hierdie een. :anibad: Ongelukkig sal ek eers 29 April weer in SA wees [Noordwes] en dit gaan moeilik wees om iets wegtesteek. My skoonseun is ook daar en sal defnitief een Tonteldoos namens my in die Rustenburg omgewing bêre. Sy naam is Strider_SA en jy kan hom gerus kontak. Ek sal ook. Carbon Hunter [ook familie] is bereid om een in die Linden omgewing te plaas - Linden het 'n sterk Afrikaner invloed.

 

Groetnis en sterkte met die projek.

 

cincol

Link to comment

Tonteldoos I - PE - ammaSoekSoek - (Ek sal oor 2 weke daarby uitkom, op werk weg van PE af op die oomblik..)

Tonteldoos II - Oosrand

Tonteldoos III - Rustenburg

Tonteldoos IV - Linden

 

Ek kan een in tussen PE en Ford Beaufort plaas hierdie naweek. Dit sal seker liewers aan die anderkant van Grahamstad oppad Ford Beaufort toe wees

 

Ook een by Cathcart. Maar sal moet sien oor die Cathcart een omdat dit redelik ver weg is van ons af.

Link to comment

Dankie ravenmeistre!

Tonteldoos I - PE

Tonteldoos II - Oosrand

Tonteldoos III - Rustenburg

Tonteldoos IV - Linden

Tonteldoos V - Grahamstad

 

 

cincol en Strider, dankie vir die e-pos.

 

Die gedagte dat die Tonteldoosskat se tema iets "Boers" sal wees. Dit maak regtig nie saak wat die skat is nie solank dit net die tema verteenwoordig. As die skat by 'n ou slagveld of plek van Boeregeskiedenis kan wees sal dit 'n BONUS wees.

 

Onthou net, die skat kan solank weggesteek word maar ons almal wag 'n Tonteldoos wegpak gaan saam-saam op die 1ste Mei 2008 die skat pos op Geocache. So "begrawe" die skat, maar hou eers die inligting terug. Pos net hier as die Tonteldoos veilig geplaas is.

 

Nog idees en voorstelle sal baie welkom wees - ons bou almal saam.

 

Groetnis

Olifanttand x 2 (Olietande ...hehe)

Link to comment

Dankie ravenmeistre!

Tonteldoos I - PE

Tonteldoos II - Oosrand

Tonteldoos III - Rustenburg

Tonteldoos IV - Linden

Tonteldoos V - Grahamstad

 

 

cincol en Strider, dankie vir die e-pos.

 

Die gedagte dat die Tonteldoosskat se tema iets "Boers" sal wees. Dit maak regtig nie saak wat die skat is nie solank dit net die tema verteenwoordig. As die skat by 'n ou slagveld of plek van Boeregeskiedenis kan wees sal dit 'n BONUS wees.

 

Onthou net, die skat kan solank weggesteek word maar ons almal wag 'n Tonteldoos wegpak gaan saam-saam op die 1ste Mei 2008 die skat pos op Geocache. So "begrawe" die skat, maar hou eers die inligting terug. Pos net hier as die Tonteldoos veilig geplaas is.

 

Nog idees en voorstelle sal baie welkom wees - ons bou almal saam.

 

Groetnis

Olifanttand x 2 (Olietande ...hehe)

 

Hallo Ivoor-mense. :D

 

Ek het 'n gedenksteen ontdek hier in Durban-suid waar die Jacobs konsentrasie kamp was tydens die Anglo-Boer oorlog. Het al lankal gedink om daar 'n skat weg te steek, maar net nog nie daarby uitgekom nie. Ek sal graag wil bydra tot die Tonteldoos skatte hier vanuit "Annemansetoti". :D

 

Groente vani C... Ysbeer

Link to comment

 

Hallo Ivoor-mense. :D

 

Ek het 'n gedenksteen ontdek hier in Durban-suid waar die Jacobs konsentrasie kamp was tydens die Anglo-Boer oorlog. Het al lankal gedink om daar 'n skat weg te steek, maar net nog nie daarby uitgekom nie. Ek sal graag wil bydra tot die Tonteldoos skatte hier vanuit "Annemansetoti". :D

 

Groente vani C... Ysbeer

 

Hehe. Wiesetoti?

 

Dit is bakgat Ysbeer - nie eers geweet van daardie KK nie!

 

Tonteldoos I - PE

Tonteldoos II - Oosrand

Tonteldoos III - Rustenburg

Tonteldoos IV - Linden

Tonteldoos V - Grahamstad

Tonteldoos VI - Durban

 

Die gedagte was eers om net een item as skat te los maar nou dink ek weer (dit gebeur so nou en dan dat ek dink ook), miskien moet die skat iets soos 'n "dedicated" skat wees. Die Skatjagter wie daarheen gaan moet iets oor die Boere saamneem om te plaas in ruil ... As dit byval vind by julle almal kan ons mos maklik in elke skat so paar foto's (poskaart) van bv die Genl's insit en dalk sulke poskaartgroote stukkies geskrewe geskiedenis? Selfs 'n A4 wat opgevou is sal werk. Die inligting is op Inet beskikbaar so as iemand spesifiek na 'n Tonteldoos gaan soek kan hy/sy net sowel voorbereid gaan.

 

Lawwe idee?

 

In my TD gaan verseker so ietsie ekstra wees maar wees verseker, ek beplan 'n skat wat nie sonder harde gesoek gekry sal word nie! Laat die Slag van Roodewal 'n leidraad wees :D

 

Ek het 'n mooi klompie foto's (jpg) wat ek kan e-pos as julle dink dit is 'n plan. Tog moet die FTF so ietsie ekstra kan kry of hoe?

 

Julle maak my vreeslik opgewonde!

 

ns, die Slag van Roodewal se miljoene ponde is nooit gevind nie! So, daar is iewers 'n REGTE EGTE skat begrawe - jammer ou CR de Wet het nie 'n gps gehad nie :D

Link to comment

Dankie Ollietande vir die terugblik op ons geskiedenis. Ek sal graag 'n "Tonteldoos VII" wegsteek in die Pretoria area, en ek is seker dat RedGlobe nie sal faal om ook een weg te steek nie. Kontak my gerus indien jy 'n spesiale versoek het.

 

Alhoewel geplaas in Engels is my "Gold Receipt - GC146B7" in lyn met jou eg Afrikaanse skat.

 

Groetnis

 

LeonW

Link to comment

Tonteldoos I - PE

Tonteldoos II - Oosrand

Tonteldoos III - Rustenburg

Tonteldoos IV - Linden

Tonteldoos V - Grahamstad

Tonteldoos VI - Durban

Tonteldoos VII - Pretoria

 

Dankie Leon! Die TT reeks word nou groot.

 

Ek het regtig vergeet om te vra: "Fish Eagle (Andy), sal jy groot asseblief jou opinie gee. Loop Tonteldoos die regte pad? Is daar dinge wat bygevoeg of weggeneem moet word?"

 

Leon, dit is natuurlik baie beter om die skatte in Engels te plaas - soveel meer jagters wat dit kan verstaan. Almal hier verstaan Engels goed maar nie almal verstaan Afrikaans nie. Goeie punt Leon. Ons kan gemaklik die tema dieselfde hou maar die beskrywing so maak dat ALMAL verstaan?

 

Laat weet as RedGlobe inval.

 

Groetnis

Sakkie

Link to comment

Ek was onlangs in Europa waar die skatte se beskrywings en leidrade in Frans of Duits of Italiaans is. Meeste is dan in Engels vertaal al is die vertaling maar swak! :huh: My voorstel sal wees dat die beskrywings en leidrade vir die Tonteldoosreeks in Afrikaans is met vertaling in Rooi taal. Op daardie manier is dit dieselfde as oorsee se skatte.

 

My 2 dirhams bydrae. :huh:

 

cincol

Link to comment

Olifant tande

 

Ek lees nog die heel tyd julle kommentaar hier, en ook LeonW wat my saam insleep. :huh::huh:

 

Ek sal kyk hoe vorder julle en as dit goed lyk inval en ook een noord van Pretoria wegsteek (miskien in die Rust de Winter gebied).

 

Gee my n paar voorbeelde van wat binne die “Tonteldoos” gaan wees?

Edited by RedGlobe
Link to comment

 

Ek het regtig vergeet om te vra: "Fish Eagle (Andy), sal jy groot asseblief jou opinie gee. Loop Tonteldoos die regte pad? Is daar dinge wat bygevoeg of weggeneem moet word?"

 

 

Ek sien geen probleem met wat julle beoog, so lank die skatte voldoen aan die GC "guidelines". Ek raai aan dat julle die webblaaie in beide Afrikaans en Engels doen, en ek sien ook geen probleem om hulle almal op 'n spesifieke dag to publiseer.

Link to comment

ʼn Tonteldoos was in die voorterkker tyd gebruik om hulle koker met tontel wat aan die brand gesteek word deur n vonk mer n vuurslag uit n vuurklip geslaan te sit.

 

In engels is dit n “tinderbox” (inflammable material in which the spark from flint and steel used to be caught in getting a light, this means the box where all this items was placed).

Link to comment

Reg waar kry ek so doos? Enige iemand? Ek is dringend op soek na 'n doos om my dinge in weg te steek....

 

Wazat - enige doos sal voldoen aan 'n tonteldoosskatdoos vir diè doeleindes. Soek net 'n geskikte skat om daarin te sit. Iets eg Afrikaans of Boers. Niks roois nie! :huh:

 

Sterkte. :huh:

 

cincol

Link to comment

Kan ek Eugene Terblanche in sit? Hee heee heee.... Ek gaan een van die dae deur Vrede. Daar is baie goed wat ek daar kan kry van 'n ou twede handse winkel. Sal 'n bietjie moet kyk....

 

Wazat, jy gaan 'n groot doos nodig kry vir die een! :laughing: (En dan sal daar verseker ook nie plek wees vir die tontel nie)

 

Tonteldoos I - PE

Tonteldoos II - Oosrand

Tonteldoos III - Rustenburg

Tonteldoos IV - Linden

Tonteldoos V - Grahamstad

Tonteldoos VI - Durban

Tonteldoos VII - Pretoria

Tonteldoos VIII - Rust de Winter

Tonteldoos IX - (Ons wag om te hoor Wazat)

 

RedGlobe, kom ons glo jy gaan dink dit lyk goed ... :)

 

Die voorbeelde van artikels binne die doos?

 

Met die wegspring was die gedagte dat daar net een artikel in die doos gaan wees en die FTF kry wat daar is. http://forums.Groundspeak.com/GC/index.php...t&p=3371211

 

Die plan het verander met 'n nuwe voorstel: http://forums.Groundspeak.com/GC/index.php...t&p=3376676

 

As die tema Boere/Afrikaner (geskiedenis) is en die kerntydperk is 1899 - 1902 dan kan Wazat 'n Union Jack vlaggie is sy doos sit. Ek sal 'n klein Vrystaatvlaggie insit en die blikpense kan 'n Vierkleur insit. 'n Krugerpond of twee sal natuurlik goed werk (dis mos waaroor die oorlog gegaan het) en ek gaan ook klein fototjies van die Generaals van die ABO insit (soos daai sokkerkaarte wat die ouens in Britanje bymekaarmaak). Medisynebotteltjies uit die ABO konsentrasiekampe is baie skaars maar dit sal 'n groot skat wees. Ek het so stukkie doringdraad van die Vredefortwegkamp se omgewing en ook heelwat stukkies blik en glas uit daardie tyd. Iewers hier is nog 'n gespe en 'n lepel en 'n bomskerf of twee ook.

 

Die skatjagters gaan dit die moeilikste vind om iets te kry om in die doos te plaas. Daarom dat ek dink dit sal maklik wees om "inligting" in die doos te plaas. Iets oor daardie tyd wat op 'n velletjie papier geprint of geskryf is en dan in die doos geplaas word.

 

Ek hoor graag of die ander Tonteldose saamstem met die gedagte en sommer nog 'n paar idees wil bylas.

Link to comment

Ollietande

 

As die oorspronklike "idee-eienaar" van die Tonteldoosskatreeks dink ek dit sal gepas wees om 'n ietsie te skryf oor die reeks wat op die webwerfbladsy van elke reeksnommer sal verskyn wat die doel en algemene beskrywing van die reeks uiteensit. Op hierdie manier sal elke skat dieselfde lyk. Elke skateienaar sal onderaan dan sy/haar eie storietjie bysit om dit uniek te maak. :)

 

bv: Tonteldoos III se inleiding sal presies dieselfde wees as Tonteldoos VII s'n. Onderaan sal ek dan die beskrywing van die gebied / skat self / geveg / kamp / graf, ens bylas. Sodoende sal skattejagters weet dat hierdie skat deel uitmaak van 'n wye reeks skatte deur die land en hopenlik sal aangemoedig wees om deur die land te reis om hulle almal te besoek. :)

 

Later van tyd kan daar dalk 'n "finale" skat wees wat leidrade van elke reeks nommer bevat. Hierdie skat hoef eers later bygevoeg te wees - miskien eers 1 Mei 2009. Dit sal iets gee om voor te werk deur die jaar. Ek persoonlik is bereid om iets by te dra vir die finale "prys" vir die een wie FTF op daardie skat. Miskien kan elke Tonteldoos skateienaar 'n klein bydrae maak? :laughing:

 

Ek sien uit na 'n debat oor hierdie voorstel.

 

Groetenis uit 'n lekker warm Middeooste op hierdie Paas Sondag. :)

 

cincol

Link to comment

Tonteldoos IX - (Ons wag om te hoor Wazat)

 

Will net gaan kyk na die plek om dit te sit.... Ek het so paar in gedagte. Ek het onlangs by Retiefklip 'n cache neergesit. Dit sou nou 'n goie plek gewees het. Maar ek will een nader aan die huis sit. En ek het so baie plekke om een neer te sit. Sal so deur 'n lys gaan en sien watter een dit sal wees. :laughing:

 

As ek die plek wat ek in gedagte gaan gebruik, kan ek Tonteldoos X wees.... Dit sal baie goed in pas met die thema van die plek wat ek kies. Will nie te veel weg gee op hierdie stadium. :)

Edited by Wazat
Link to comment

Ollietande

 

As die oorspronklike "idee-eienaar" van die Tonteldoosskatreeks dink ek dit sal gepas wees om 'n ietsie te skryf oor die reeks wat op die webwerfbladsy van elke reeksnommer sal verskyn wat die doel en algemene beskrywing van die reeks uiteensit. Op hierdie manier sal elke skat dieselfde lyk. Elke skateienaar sal onderaan dan sy/haar eie storietjie bysit om dit uniek te maak. :blink:

 

bv: Tonteldoos III se inleiding sal presies dieselfde wees as Tonteldoos VII s'n. Onderaan sal ek dan die beskrywing van die gebied / skat self / geveg / kamp / graf, ens bylas. Sodoende sal skattejagters weet dat hierdie skat deel uitmaak van 'n wye reeks skatte deur die land en hopenlik sal aangemoedig wees om deur die land te reis om hulle almal te besoek. :anibad:

 

Later van tyd kan daar dalk 'n "finale" skat wees wat leidrade van elke reeks nommer bevat. Hierdie skat hoef eers later bygevoeg te wees - miskien eers 1 Mei 2009. Dit sal iets gee om voor te werk deur die jaar. Ek persoonlik is bereid om iets by te dra vir die finale "prys" vir die een wie FTF op daardie skat. Miskien kan elke Tonteldoos skateienaar 'n klein bydrae maak? :unsure:

 

Ek sien uit na 'n debat oor hierdie voorstel.

 

Groetenis uit 'n lekker warm Middeooste op hierdie Paas Sondag. B)

 

cincol

 

...uit 'n lekker koel en bewolkte Vrystaat ...

 

cincol, puik idee! Nou nie 'n watwonderse skrywer nie maar ek gaan probeer. Sal 'n nuwe onderwerp begin met "Tonteldoos" en 'n storie daar plak. Julle kan dit belees en tog asseblief 'n opinie gee!

 

Wat die finale skat betref - sommer 'n bakgat plan - sal dit te veel gevra wees om 'n regte egte Krugerpond (al is dit 'n kwartpond) te probeer kry?. 'n Ideale plek vir so skat sal natuurlik die Krugerwildtuin wees ... wonder wie bly daar naby? :D

 

:huh: Hierdie hele Tonteldoos ding begin vir my klink na werk!!

Link to comment

Hierdie is 'n 1ste voorstel vir die verhaal van die Tonteldoos reeks. Dankie cincol. Wysigings, weglatings en byvoegings kan hier voorgestel word. Opinies is BROODNODIG!

 

*****************************************************************************************

 

Lank, lank gelede, in die wonderlikste deel van die aarde, waar mense geglo het die Wieg van die Mens is, was twee klein lande vredeliewende bure van mekaar. Al die mense wie daar gewoon het was vriendelik en vrolik van geaardheid. Hierdie twee landjies was in die middel van die Land van Melk en Heuning.

 

Tussen die twee lande was ‘n baie groot rivier en die water het vir so lank die mense kon onthou in ‘n sterk stroom tussen die twee lande deurgespoel. Die water het so vinnig geloop dat dit ‘n vaal kleur gehad het en toe noem die burgers van die lande dit die Vaalrivier.

 

Die eerste land se naam was die Oranje Vrystaat. Oranje omdat dit die mense van die land laat onthou het waar hulle vandaan kom en Vrystaat om dat al die mense in daardie land geglo het dat hulle vry was om gelukkig en in harmonie met mekaar te lewe.

 

Die tweede land was net langs die Oranje Vrystaat, maar aan die ander kant van die grote Vaalrivier. Hierdie land was genoem Transvaal, wat beteken het “Anderkant die Vaalrivier”.

 

Op ‘n dag stap een van die burgers van Transvaal deur die pragtige veld van sy land en terwyl hy so loop kom hy af op ‘n stukkie goud. Hy vertel sy vriende daarvan en nie te lank nie of ‘n hele klomp mense begin met grawe en skotteltjies in die veld rondloop en soek na nog goud.

 

So gebeur dit toe dat daar in die land Transvaal goud gevind word wat meer was as enige goud op die aarde (so het die mense gedink). Die storie van die baie goud het sommer vinnig by ‘n ou gruwelike Koningin van ‘n ander land vêr oor die see uitgekom en nie te lank nie of sy stuur van haar mense om te gaan uitvind oor die baie goud. Hulle het vinnig laat weet dat die stories waar was en toe besluit die gulsige Koningin dat sy die goud vir haarself wou hê.

 

So gebeur dit toe dat die Koningin ‘n verskriklike oorlog teen die inwoners van die landjies Transvaal en Oranje Vrystaat begin het om die goud by hulle te vat. Sy het niks ontsien nie. Die arme vrouens is vermoor en die kindertjies van hongerte en siekte laat doodgaan. Vir drie jaar het die Koningin oorlog teen die paar mense gemaak en eindelik kon die mense van die twee landjies niks meer doen om te keer dat almal uitgemoor sou word nie.

 

‘n Vrede is met die Koningin gesluit en daar is vir haar gesê dat sy dan maar die goud kon vat.

 

Wat die Koningin nie geweet het nie, is dat die president van Transvaal, 'n ou omie met die naam Paul Kruger, ‘n verskriklike klomp goud gaan wegsteek het vir die vrede. Meer goud as wat die Koningin ooit bymekaar sou kon maak. Oom Paul het vir niemand vertel waar hy die Skat van Goud weggesteek het nie.

 

In die Vrystaat het 'n baie dapper Generaal, Christiaan de Wet, by die Slag van Roodewal al die Koniging se goue ponde afgevat ek ook gaan begrawe. Die Skat van Ponde is tot vandag toe nie gevind nie.

 

Die Koningin het daarvan gehoor en van daardie dag af maak sy weer oorlog teen die mense van die Vrystaat en Transvaal. Die Koningin het ook ander vreeslike wrede mense bymekaargemaak om oorlog teen die Transvalers en Vrystaters te maak en tot vandag toe nog gee sy geld vir die Barbare om die burgers van Transvaal en Vrystaat aan te val en dood te maak.

 

En die Skat van Goud is nog steeds nie gevind nie.

 

****************************************************************************************

Regdeur die Land van Melk en Heuning is daar tonteldose begrawe. In elke Tonteldoos is daar ‘n leidraad wat sal lei na die Skat van Goud. In die een wie die skat vind se hande sal die goud lê, om aan die Gruwelike Koningin te gee om sodoende die Towerkrag te breek en en haar dors na goud te les sodat die Oorlog teen Transvaal en Vrystaat vir ewig gestaak word.

 

Op die paaie na die verskillende Tonteldose is baie gevaar! Van die Barbare wil NOOIT toelaat dat die Skat van Goud gevind word en vrede na die twee lande terugkeer nie. Skatjagters moet baie versigtig wees en ook dapper. Hulle moet baie slim ook wees om nie oorval te word en ook nie toelaat dat die Barbare uitvind waar die Tonteldose versteek is nie. In elke Tonteldoos is genoeg leidrade vir ‘n 100 Skatjagters en ook kein stukkies Motivering. Skatjagters mag net ‘n stukkie Motivering uit ‘n Tonteldoos verwyder as daar weer een teruggeplaas word.

Link to comment

Wat die finale skat betref - sommer 'n bakgat plan - sal dit te veel gevra wees om 'n regte egte Krugerpond (al is dit 'n kwartpond) te probeer kry?. 'n Ideale plek vir so skat sal natuurlik die Krugerwildtuin wees ... wonder wie bly daar naby? :anibad:

 

:unsure: Hierdie hele Tonteldoos ding begin vir my klink na werk!!

 

Ollietande

 

Fish Eagle bly daar naby - Nelspruit van wat ek kan aflei - en het ook 'n string skatte in die KNP. Ek is seker hy sal goeie raad kan gee.

 

cincol

Link to comment

Eish - oppas Breyten Breytenbach en PG du Plessis! Hier kom Ollietande wie die volgende Pulitzer-prys gaan losslaan! :unsure::huh::anibad:

 

Op 'n ernstige noot. Dalk is dit tyd dat ons 'n "komitee" stig wat die leidrade sal bepaal wat in elke Tonteldoosskat sal wees wat sal lei tot die finale skat. 'n Paar reëls sal vinnige vasgestel word soos Tonteldoosskateienaars NIE sal kwalifiseer vir die finale skat, ens. Ek stel ook voor dat iemand soos CrystalFairy genader word weens sy bekwaamheid met "puzzle cache" opstellings. Kyk gerus na "Aspiring Stonehenge" en ander sulke skatte van hom. Hulle is puik. :D

 

Wazat, ons rooitaalkundige, kan die beskrywing vir ons in suiwer Ingels vetaal? :blink:

 

Wat sê die res van julle?

 

cincol

Link to comment

SEKONDEER!!!

 

cincol, dit sal goed wees as die komitee bestaan uit mense wat al goed bedrewe is met hierdie besigheid en natuurlik sal dit baie makliker gaan as die komitee mekaar ken.

 

Hierdie forum is baie gerieflik vir die hele proses en nog 'n nuwe bespreking met die opskrif "Tonteldoos Komitee" sal mos goed werk vir nominasies?

 

Kan jy as sameroeper optree cincol?

Link to comment

Many years ago in the most beautiful country on Earth, where people believed the cradle of mankind to be, two small peace loving countries were neighbours. All the people living here were friendly and happy by nature, two countries living in the land of milk and honey.

 

Between these two nations a great river ran with a strong current flowing for as long as anyone could remember. The strong current resulted in the river having a murky colour and was named by the Boer word for this murky colour, that been "Vaal". The river was named Vaal River.

 

On the one side of the Vaal River was the land of Orange Free State, named after the origins of the people staying there, in reference to their home land of The Netherlands and the Prince of Orange. And Free state because they believed that they were living happy together in harmony.

 

Across the other side of the mighty Vaal River was the land of Transvaal, meaning the other side of the Vaal River.

 

One day one of the inhabitants of Transvaal was walking through the beautiful fields of his land when he came across a piece of gold. He mentioned this to a friend and before long there were many people in the fields with shovels and pans looking for more gold.

 

And so it came to that gold was to be found in the land of Transvaal and the people of the land believed that it was more than there was to be found anywhere else on Earth. The story of this great find in this small little country at the tip of the Dark Continent soon made its way to the Queen of the British Empire.... She immediately sent out people to find out if the rumours about the find were true. As soon as it was confirmed she decided that it would be in her best interests to send her armies out to take over the country so she could get all of the gold for herself.

 

It was the start of a great war against the inhabitants of these small lands of The Orange Free State and Transvaal. A war in which, the Queen hoped to take away the gold from these people. There was to be no mercy, even the women were killed and the children were to die from starvation or sickness. Three long years the war went on and the people of these two small lands were facing a hopeless future, there was nothing that they could do.

 

A peace accord is finally met and the queen is told that she can take the gold.

But what she did not know was that that an old man by the name of Paul Kruger, the president of Transvaal, hid away a large cache of gold. More gold than the queen ever could have had. Kruger never told anyone where the Golden Treasure was hidden.

 

In the Free State a very brave General De Wet also took a hoard of the queen’s gold at the battle of "Roodewal", which he too buried. To this day, the gold has not been found.

The Queen heard of this and started another war against these two lands. The services of other fierce barbarians have been acquired by this evil queen in her quest to find the missing treasure.

To this day nobody has been able to find the gold.

 

*************************************************************************************

 

Now, throughout the land of milk and honey, tinderboxes are hidden. In each a clue is given which will lead to the Golden Treasure. In the hands of the one who finds the final treasure, lies the gold that will be given to the Queen to break the blood thirst of the Queen. So that peace and harmony can be returned to the Lands of The Free State and Transvaal.

 

On the road to the many tinderboxes is rife with danger! Some of the barbarians never want the Golden Treasure to be found, as peace to be returned to the two lands. Treasure hunters must be careful and brave. They must not be caught or let the barbarians find out where these tinderboxes are. In each Tinderbox, there are enough clues for a 100 treasure hunters. Each tinderbox will also contain some small items to motivate the search. But if an item is removed, another must be placed back in the tinderbox.

 

The search for the Golden Treasure is on, will you find it? Can you restore the peace and harmony back into the land of milk and honey?

 

Hoop dit is reg......

Edited by Wazat
Link to comment

Ja-nee. Ons Rooitaalkundige het 'n puik vertaling in Ingels gedoen. Mooi so Wazat! :):anibad:

 

Ollietande - Om nou die res van die "voorwerk" te doen sal dit help as ons 'n lys het van al die reeksnommers tot dusver toegeken met gebiede EN aan wie hulle toegeken is. Daarmee kan ons begin met die beplanning van wat binnein gesit gaan word en ook waar die skatte gaan wees. Natuurlik nie die presiese ligging nie, maar min of meer die gebied. Byvoorbeeld naby die Slag van Roodewal of naby die Winburg Vrouemonument of by die Slag van Buffelspoort, ens. So kan ons help om die "tema" van die reeks in te wortel. LW - al hierdie "komunikasie" sal dan per e-pos gedoen word aangesien ons nie vooraf leidrade wil uitlap voor die skatte geplaas en gepubliseer word nie.

 

Sò mense, kan almal wie aangebied het om 'n Tonteldoosskat te bêre asseblief hulle e-pos adresse aan Tusk O'2 verskaf sodat ons die Tonteldoosreeks na die volgende stap toe kan neem.

 

Terloops, die "besprekings" rondom die reeks het skielik opgedroog die laaste paar dae. Ek hoop nie dit beteken die belangstelling het ook gekwyn nie? Lig julle menings oor moontlike dinge rondom die reeks want die tyd begin al min raak. Ons sal al ons skatte moet vroegtydig vir Fish Eagle indien derhalwe die feit dat ons alles voor die tyd uitgepluis moet hê.

 

Groetnis.

 

cincol [en Ollietande]

Link to comment

Hehe, ou Wazat, jy dwing respek af! Wel gedaan!

 

cincol, ek pleit skuldig aan bietjie lamboudia, te minste al die inhoud van my TD bymekaar - sal later 'n .jpg plaas om te wys.

 

Ter wille van tyd en goeie voorbereiding kan ons die TD reeks loods na afloop van die 1 Mei langnaweek. Dit gee die TD eienaars tyd om hul skatte mooi te gaan wegpak.

 

Die TD's tot dusver:

 

Tonteldoos I - PE - Ama-Soek-Soek

Tonteldoos II - Oosrand - DamhuisClan

Tonteldoos III - Rustenburg - Strider_SA

Tonteldoos IV - Linden - Carbon Hunter

Tonteldoos V - Grahamstad - ravenmeistre

Tonteldoos VI - Durban - Ysbeer

Tonteldoos VII - Pretoria - LeonW

Tonteldoos VIII - Rust de Winter - RedGlobe

Tonteldoos IX - Rooiwal - Tusk O'2

Tonteldoos X - ?? - Wazat

 

Sal ons nou volstaan by die TD reeks? 10 genoeg?

Link to comment

Sal ons nou volstaan by die TD reeks? 10 genoeg?

Whoa!! Stop the bus - you guys need to talk to some of the MPU cachers who don't read the forums that often.... MPU is prime territory for "nog 'n Tonteldoos". Try contacting - Guineafowl, GerhardoosMPsa, TAMOtters, Bouts777, Master Blasters, and especially Guineafowl (did I say that already?) - I'm sure she will be into this series like a shot!!! In fact, how about a "Tonteldoos" cache in "Tonteldoos", the town? Yes, there is one, somewhere in MPU, quite a long way from most of the places we know well. :anibad:

 

As iemand wil weet waar is "Tonteldoos" - dis somewhere naby Stofberg (waar is Stofberg?? - somewhere naby Tonteldoos) - OK, ek het baie keer daardeur gery, kannie onthou presies waar is dit nie, en dit wys nie op my Mapsource nie - maar Tonteldoos bestaan!! :)

Link to comment

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.
Note: Your post will require moderator approval before it will be visible.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

Loading...
×
×
  • Create New...